The Honoured Dead Memorial.
Kimberley
Noord-Kaap
ABO
Opgerig ter ere van die soldate wat Kimberley verdedig het tydens die Beleg van Kimberley ABO
KIMBERLEY
Kimberley het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van die ryk diamantvelde in 1871.
Die naam was eers Vooruitzicht (die naam van die plaas waarop die delwerye ontstaan het) en Colesberg Kopje.
5 Julie 1873 verander die tentedorp De Beer’s New Rush se naam na Kimberley, vernoem na die Graaf van Kimberley, die Britse Minister van Kolonies.
5 Julie 1873 verkry Kimberley dorpstatus, 1877 munisipale status en 1912 stadstatus.
ABO 1899 – 1902
14 Oktober 1899 beset die Boeremagte Kimberley.
Hulle vereis onvoorwaardelike oorgawe van die Britte in Kimberley.
Die Britte beskerm hulle diamantmyne en weier oorgawe en die Boere omsingel die dorp.
Teen einde Oktober is die dorp heeltemal ingesluit, die spoorverbinding en telegraafverbinding na die suide heeltemal afgesny. Aan die noordekant het die Burgers die waterpompstasie beset, die waterpyplyn beskadig en watertoevoer na die dorp afgesny
Ongeveer 4 800 Vrystaters en 2 200 Transvalers neem stelling in rondom die dorp, bou skanse en wag vir verdere bevele om tot aanval oor te gaan.
Die Britse mag beskik oor 2 500 soldate en 12 kanonne. Die inwonertal van Kimberley 50 000 mense.
Die dorp was swak voorbereid, maar bied suksesvol teenstand teen oorname.
24 Oktober 1899 vind die eerste skermutseling plaas toe die Britte probeer deurbreek na die Waterpompstasie, maar word gou teruggedwing.
Die Burgers aanvanklik baie waaksaam en bou skanse en forte. Hulle bombardeer sporadies die dorp, met min skade.
Britte probeer hier en daar uitbreek, met geen sukses.
Swartes begin uit die dorp vlug, maar word telkens gevang en teruggestuur. Sommiges word ontmasker as spioene, ander as boodskappers vir ander Britse Magte. Daar word berig dat daar hongersnood in Kimberley is, die Britte eet al perde en water in die hitte is ñ groot nood.
Steeds weier die Britte om oor te gee.
Die Beleg sleep voort en die Burgers raak verveeld en waaksaamheid verslap. Sommige word na ander fronte verskuif
25 November 1899 verras die Britte die Burgers met ñ aanval. Hulle word onverhoeds oorrompel, maar na ñ verwoede geveg word die Britte weereens teruggedwing. Groot verliese aan die Boerekant.
27 November 1899 wend die Britte weereens ñ poging aan toe 1 800 voetsoldate die skanse in die suide bestorm. Die Britte word weereens teruggedwing. Groot verliese aan Britse kant. Die bloedige Slag van Carter’s Ridge.
Januaurie 1900 duur die Beleg van Kimberley voort met slegs 1 500 Burgers rondom die dorp.
Die Beleg van Kimberley duur vir 4 maande ,15 Oktober 1899 tot 15 Februarie 1900.
15 Februarie 1900 daag hulp op toe groot versterkings vir die Britte opdaag. Die Boere moet noodgedwonge terugval Bloemfontein toe voor hulle heeltemal omsingel word en tot oorgawe gedwing kan word. 15 Februarie ry 800 Britse ruiters Kimberley binne en ontset die dorp.
HONOURED DEAD MEMORIAL KIMBERLEY
Onthul 28 November 1904.
Ter hedenking aan die 27 soldate wat gesterf het in die pogings om Kimberley te verdedig.
Die monument was die idee en inisiatief van Cecil John Rhodes wat ook in Kimberley vasgekeer was tydens die Beleg.
Die monument is ontwerp deur Herbert Baker. Rhodes het Baker na Griekeland gestuur om antieke monumente te bestudeer. Hy baseer die ontwerp van die Honoured Dead Memorial op die Nereid Monument, ñ grafkelder in Xanthos Turkye. Die Nereid Monument is tussen 1840 en 1852 in Xanthos ontdek. Dit is verwoes, gerekonstrueer in Brittanje.
1986 word in die Government Gazette geskryf dat Cecil John Rhodes vir Sir Herbert Baker opdrag gegee het om so ñ monument te ontwerp. ( Baker & Masey Architects – Herbert Baker & Francis Edward Masey).
Herbert Baker is bygestaan deur die digter en skrywer Rudyard Kipling en sy pa, John Lockwood Kupling, argitektoniese kunstenaar en kunsonderwyser.
Bronstablette is opgerig ter ere van die Long Cecil Kanon, Die Honoured Dead ( Aan Memorial Road se kant) en aan dle oostekant George Labran, ontwerper van die kanon.
Die inskripsie aan die westekant geskryf deur Rudyard Kipling:
This for a charge to our children in sign of the price we paid
The price we paid for the freedom that comes unsoiled to your hand.
Read revere and uncover for here are the victors laid
They that died for the city being sons of the land.
In Kimberley is hierdie sandsteen monument op die hoogste punt in Kimberley opgerig, bo-op ñ hoë voetstuk, by die ontmoetingspunt van 5 paaie. Die hoogte byna 16 meter (52 voet) en weeg 2000 ton. Onder is ñ graf vir 27 dapper Britse soldate wat in die Beleg gesterf het.
Die sandsteen is afkomstig vanaf die Pasipas Sandstone Quarry naby die spoorlyn noord van Bulawayo, destydse Rhodesië. Die sandsteen is per spoor vervoer en orals gebruik in Bulawayo en Livingstone.
Daar is bewerings dat die sandsteen vanaf die Matopo Heuwels in Zimbabwe kom, maar díe spesifieke sandsteen word nie daar aangetref nie.
By die voet van die monument is die Long Cecil Kanon wat deel vorm van die monument.
Hierdie Long Cecil Kanon is tydens die Beleg van Kimberley in die De Beer’s werkswinkel deur George Frederick Labran (sterfdatum 9 Februarie 1900) ontwerp en gemaak om hulle te verdedig teen aanvallende Boere .
Die kanon is gerig op die Vrystaat en omring deur kanondoppe van die Boere se eie Long Tom Kanon.
Monument van die Honoured Dead Ontvang Erfenisstatus in 1986.
2010 het vandale toegeslaan en dele van die kanon en bronsstukke afgebreek.
Bronne en foto’s stuur: Internet en Facebook
Samesteller Kobie Ströh.