Eerste stoomlokomotief in Transvaal 1889 / Johannesburg / Rand Tram / Emil Kessler / Outeniqua Spoorwegmuseum / George

Die eerste stoomlokomotief in Transvaal

1889

Outeniqua Spoorwegmuseum / Vervoermuseum

George

Johannesburg se eerste stoomlokomotief.

Die ZAR of ou Tranvaal se sosiale en ekonomiese situasie het letterlik oornag verander.

1886 was ZAR op die randjie van bankrotskap, 1887 ñ provinsie om mee rekening te hou, in gelykstaande posisie as Kaapkololonie

Die ontdekking van goud het ñ handomkeer veroorsaak.

Met die ontdekking van goud was die infrastruktuur en vervoerstelsel in die ZAR totaal gebrekkig.

Die stadige transportwaens kon glad nie die groeiende myne en mynbevolking en die vraag na swaar masjinerië hanteer nie.

Vinnige en doeltreffende vervoer het noodsaaklik geword

President Paul Kruger, wat as kind en jong man die Groot Trek meegemaak het, het op 51- jarige ouderdom in 1877 die eerste maal in sy lewe ñ trein bestyg toe hy in Worcester opgeklim het om verder na Kaapstad te reis. Dit was ook die eerste keer wat hy die see gesien het.

Pres Paul Kruger se groot visie in die lewe was om die ZAR onafhanklik te hou en daarvoor het hulle haweverbinding nodig gehad. Hy beywer hom vir ñ spoorlyn na Delagoabaai (Maputo). Hierdie lyn word in 1894 voltooi.

Brittanje raak na die ontdekking van die Randse goudvelde angstig om Johannesburg per spoor met Kaapstad en Johannesburg te verbind en groot koppestamp volg tussen die ZAR en die Britse kolonies.

Die noodsaaklikheid vir vinniger en beter vervoer op die goudvelde raak duidelik.

1888 besluit die ZAR Volksraad om spoorlyn op goudvelde te vestig.

Julie 1888 word die kontrak met die NZASH gesluit en Maart 1890 word die Boksburg /Johannesburg lyn geopen. Die Randtram. Aanvanklik net ligte spoorlyn vir werkers en steenkool vervoer.

Later volg die lyn weswaarts na Krugersdorp en ooswaarts na Springs.

1892 word die spoorlyne versterk om swaar myntoerusting en masjinerie te vervoer.

Teen 1900 was die Rand Tram die besigste spoorlyn in die Transvaal met die Johannesburg / Elandsfontein die besigste deel.

1892 word die suidelike lyn Johannesburg / Vereeniging steenkoolvelde via Elandsfontein voltooi.

Die uitlanders kon hierdie eerste, eenvoudige, maar hoogs suksesvolle treinstelsel, Rand Tram lank voor Delagoalyn benut.

Spoorlyne het die hele interne vervoer in Transvaal verander.

DIE RAND TRAM

Die eerste 5 stoomlokomotiewe wat aangekoop is was genommer no 1 tot 5.

Hulle is aangekoop en gebou in Duitsland en is per skip na Durban se hawe geneem.

Daarna is die lokomotiewe stuk vir stuk per ossewa na Germiston (Elandsfontein) vervoer waar dit in die oop veld by Elandsfontein afgelaai is.

By Elandsfontein is hierdie stoomlokomotiewe dan aanmekaar gesit.

DIE RAND TRAM NO 1

DIE EMIL KESSLER

No 1 was die eerste lokomotief in die Transvaal van Braamfontein na Boksburg 17 Maart 1890.

Emil Kessler, gebore 1813 in Baden-Baden Duitsland, het die Maschinenfabrik Esslingen Duitsland begin. Hierdie fabriek het lokomotiewe, spoorwaens, toerusting vir spoorweë ens vervaardig.

Transvaal het lokomotiewe by hierdie fabriek bestel.

Die Emil Kessler stoomlokomotief, die Rand Tram is in 1903 na meer as 181 000 km se werk op die Braamfontein / Boksburg lyn onttrek.

6 April 1936 is no 1 as Nasionale Monument verklaar. (Government Gazette no 59)

Daarna het no 1 in Pretoria gestaan vir ñ tyd en in 1972 is no 1 na die museum op Johannesburg stasie toe verskuif, die Emil Kessler se eerste werksplek.

1990 is no 1 Emil Kessler stoomlokomotief gerestoureer en verskuif na die Outeniqua Spoorwegmuseum.

Hier word Johannesburg se eerste stoomlokomotief netjies onderdak bewaar.

Bronne: Internet. Heritage Portal. George vervoermuseum. sahistory.org.za

Foto’s: Gys Ströh Snr ( Gysbertus Johannes Ströh ) Desember 2023.

Samesteller: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae