Die Groot Aarbei / Redberry Aarbeiplaas / George

Die Groot Aarbei

Redberry Aarbeiplaas

Redberry Farm

George

REDBERRY AARBEIPLAAS

Die Redberry Aarbeiplaas is bekend vir sy heerlike groot bloedrooi soet aarbeie, varsgepluk met eie hande.

Hier is ñ leergeleentheid soos min, ñ ervaring met vermaak en ontspanning vir die hele gesin.

Die eienaar en hoofboer van die Redberry Farm is Mark Miller, oorspronklik van Kokstad.

Mark volg in die voetspore van sy pa en oupa wat ook toegewyde boere was.

Mark Miller vestig hom in George in die jaar 2000.

DIE GROOT AARBEI

Dan is daar ook…

DIE REUSE AARBEI

Nie ñ monument nie, maar verseker ñ besonderse landmerk.

Voltooi in April 2022

Hoogte: 14,46 m

Deursnee: 8, 5 m

By die bouproses was 40 persone betrokke.o.a. ñ argitek, ontwerper, ingenieur, staalwerk-spanne, veselglas- en vloerdeskundiges.

Die bouproses het 4000 ure opgeslurp.

Hierdie reuse aarbei is 682 keer groter as ñ normale gemiddelde aarbei.

Vir die konstruksie met sy uitkykpunt bo-op is 30 ton staal gebruik, gelykstaande aan 1,7 miljoen aarbeie, 4350 boute en skroewe en 3899 vierkante meter veselglas om die aarbei en blare te vorm.

960 liter verf later, daar is die reuse aarbei wat van ver af gesien kan word en uitroep: Heerlike soet aarbeie!

Gesond en propvol vitamines!

Ook bekend vir die grootste permanente doolhof in die Suidelike Halfrond. Een van die moeilikste doolhowe om te voltooi met 9 aarbeistasies en ñ 25 m ondergrondse tonnel. ñ Doolhof met baie doodloopgange en raaisels met ñ opvoedkundige les of 2. Min mense kan hierdie uitdaging 100% slaag. Die doolhof is in 2008 aangeplant en in 2012 amptelik geopen.

Bronne: Redberry Farm

Foto’s Gys Ströh Snr ( Gysbertus Johannes Ströh ) Desember 2023

Samesteller Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae