Die eerste Vroueoptog in SA / 4 Augustus 1915 ABO / REBELLIE / WWI

4 Augustus 1915

Die eerste Vroueoptog in SA

Hierdie protesoptog is gelei deur Drienie Joubert, vrou van Kommandant-Generaal Piet Joubert.

Die vrouens het geprotesteer teen die strawwe van die 1914 Rebellieleiers.

1914 het ñ groot deel van die burgers in opstand gekom teen die regering.

Die regering het besluit om tydens die Eerste Wêreldoorlog Brittanje te help en te ondersteun, om teen Duitsland te veg en om Duits-Suidwes binne te val.

Net 12 jaar na die Anglo-Boereoorlog was die wonde nog te rou.

Die herinneringe aan Brittanje se wreedheid met die Verskroeide Aarde Beleid, die Konsentrasiekampe en die Ballingskap was nog te helder.

Die goedgesindheid van Duitsland teenoor die Boere tydens die ABO ook nog helder in die gedagtes.

Die Regering antwoord op die Rebellie deur Krygswet af te kondig en die Rebellie met geweld te onderdruk.

Groot boetes en tronkstraf word opgelê en Jopie Fourie word tereggestel.

Die vroue besluit om teen hierdie strawwe te protesteer.

Hulle plaas ñ brief in die koerant om vrouens op te roep om bymekaar te kom en saam te staan.

5 Augustus 1915 kom tussen 3000 en 5000 vrouens op Kerkplein in Pretoria bymekaar.

In stilte stap hulle in rye van 7 elk na die Uniegebou.

Daar oorhandig hulle ñ versoekskrif aan die regering waarin hulle versoek dat Genl de Wet vrygelaat moet word en dat die Rebelle amnestie moes verkry.

Die versoek is nie toegestaan nie, maar alhoewel die doel van die optog nie suksesvol was nie, het hierdie ñ sterker volksgevoel laat ontstaan.

Tydens ñ fondsinsameling om die boetes te betaal is soveel geld ingesamel dat met die oorblywende geld die Helpmekaarfonds gestig is. Hiermee kon hulle behoeftige studente help om te studeer.

Maak 'n opvolg-bydrae