Bethulie Museum / Pellissierhuis / Sendingstasie

Bethulie

Museum

Pellissierhuis

Sendingstasie

BETHULIE

Die eerste inwoners van die area was die Boesmans.

1838 stig die Londense Sendinggenootskap ñ sendingstasie hier wat Boesmanskool genoem was.

1833 het Pellissier van die Paryse Evangeliese Sendinggennotskap hom hier gevestig. Saam met hom ook groot groepe inheemse mense. Sedert 1834 het Basotho’s en vrygestelde slawe op die sendingstasie Bethulie kom woon.

Die naam Bethulie beteken letterlik “Plek van aanbidding. Huis van God”.

Die sendingstasie was die bakermat van die dorp.

Die sendingstasie se hoofgebou, Pellissierhuis, die voormalige tuiste van die Franse sendeling eerw. Jean Pellissier, dateer van 1835 en word as die oudste gebou noord van die Oranjerivier beskou.

1859 is ñ stigtingsmaatskappy gestig waarna die dorp ontwikkel het.

DIE PELLISSIER MUSEUM

JEAN PIERRE PELLISSIER

Die Pellissier Museum (gebou in 1843) was oorspronklik die tuiste van eerwaarde J. P Pellisier, ‘n Franse sendeling.

Toe die sendinggronde in 1862 verkoop is, het Pellissier die pastorie, die huidige museum self gekoop. Na sy dood in 1867 het sy vrou hier gewoon tot met haar dood in 1887. Daarna het die huis verskeie kere van eienaar verwissel en heelwat veranderinge is aangebring.

Op die erf is verskeie grafte o.a. díe van Eerwaarde Pellissier 28.9.1808 – 11.6.1867 en sy pa Jean 22.8.1779 – 2.8.1867.

Sy vrou Martha Pellissier, gebore Murray 23.2.1814 – 17.10.1887.

Vyf van hulle kinders wat jonk gesterf het (Witseerkeel. Ingewandskoors) en 2 kleinkinders wat op 8 maande en 2 jaar sterf.

PELLISSIER MUSEUM

Die gedagte van ñ museum vir Bethulie het tydens die Van Riebeeck- fees by die skoolhoof se vrou ontstaan en sy en ñ groepie vrouens het dadelik begin om waardevolle ou items te versamel. Hulle het besluit om enigiets “van naald tot ploeg te bewaar.”

Die versameling het hul in ñ kamer by die NG Kerk gehuisves, later die ou biblioteeksaal gehuur vir daardie doel.

Bethulie was op daardie stadium een van baie min dorpe in die Vrystaat wat ñ museum gehad het.

In 1956 koop die Pellissier-familie die Pellissierhuis terug en skenk dit as gebou vir n museum.

Die museum ontwikkel tot ñ spogmuseum.

Na jare se sukses verander omstandighede in die land egter en die instandhouding van die geboue en terrein asook die beveiliging van kosbare voorwerpe word ñ geweldige uitdaging vir die gemeenskap.

Die museum is ten spyte van al die struikelblokke steeds ñ spogmuseum wat die geskiedenis van gebeure in en om Berhulie uitbeeld. Dit voel asof mens teruggekeer het in die ou tyd en verwag enige tyd om die ou inwoners te sien inloer.

Oorspronklike meubels, klere, gebruiksartikels, werktuie en baie ou foto’s word hier bewaar in die oudste setlaarsgebou/sendinghuis wat nog in die Vrystaat bestaan.

GRAFSKRIF

Op Eerwaarde Pellissier se graf is die volgende treffende woorde: (Uit Frans vertaal)

“Liewe vriende, van wie die trane hierdie monument benat,

Moenie julle oë op hierdie somber graf vestig nie.

Maar dink aan my siel in die verblyf van die heerlikheid,

Salig en beskerm teen alle gekerm.

O, hoe mooi en benydenis-waardig is my lot.

Ek gaan deur die dood na die plek van die lewe,

En het deur te sterf, net die sterflikheid verloor;

Volg my in die vlug van hoop en van geesdrif.

Die dood skei ons slegs vir ñ beperkte tyd,

God sal ons verenig in die ewige heerlikheid.” Pellissier. 1956- 492

Bronne: Bethulie… Onvoltooid Trudie Venter.

Foto’s: Gysbertus Johannes Ströh (Gys snr 2019)

Facebook. Trudie Venter.

Maak 'n opvolg-bydrae