Baron Pieter van Rheede van Oudtshoorn / Die gepekelde Baron

8 Julie 1714 – 23 Januarie

Baron Pieter van Rheede van Oudtshoorn gebore.

Die Goewerneur wat nooit Goewerneur was nie

Die Gepekelde Baron

eGGSA plasing:

Die Goewerneur wat nooit Goewerneur was nie / The Pickle Baron

Baron Pieter van Reede (of van Rheede) van Oudtshoorn (8 July 1714 – 23 Januarie 1773)

(Bydrae deur Kobie Ströh)

Baron Pieter van Reede (of van Rheede) van Oudtshoorn is op 8 Julie 1714 in Utrecht Nederland as seun van ‘n Edelman gebore.

Pieter van Rheede van Oudtshoorn ontvang ‘n baie goeie opleiding.

Getroud met Hertogenbosch (Nederland) 18 Jan 1741 Sophia Boesses (Gebore Bergen op Zoom 2 Feb 1720, Gesterf: Kaapstad).

Hy tree in 1741 in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie en vertrek met die skip Duifje na die Kaap uit Amsterdam.

1741 aankoms in die Kaap waar hy as opperkoopman en fiskaal optree.

In 1743 gee Goewerneur Hendrik Swellengrebel die grond waarop Mount Nelson Hotel nou staan aan Baron Pieter Van Rheede van Oudtshoorn , bekend gestaan as Oudtshoorn Gardens (Tuine/Landgoed). Dit was ‘n groot oop stuk grond in die Tafelbergvallei met mooi tuine, fonteine en wildsbokke. Dit is geleë tussen Hofstraat en Kloofstraat, vandag die Tuine uitbreiding. Na Baron van Rheede se dood is die grond onderverdeel in 3 dele nl La Belle Alliance, Trafalgar en Mount Nelson waarop die Mount Nelson Hotel huidig is.

Baron Pieter was fiskaal van September 1741 tot September 1762 en Sekunde (Onder-Goewerneur) van Desember 1760 tot April 1766, tot Ryk Tulbach vir Swellengrebel opgevolg het.

In 1766 was hy die enigste erfgenaam van sy oom, die Engelse edelman William Ferdinand Cary, lord Hunston, en keer terug Nederland toe, sy kinders bly agter in die Kaap. Baron Pieter koop die Drakenstein Kasteel.

Baron Pieter word her-aangestel in die pos as Sekunde aan die Kaap maar verneem voor sy vertrek van die dood van Ryk Tulbach. (1722)

Word in 1772 aangestel as Goewerneur van Kaap die Goeie Hoop as opvolger van Ryk Tulbach wat oorlede is en hy aanvaar dadelik die aanstelling en vertrek met die skip Asia na Kaap die Goeie Hoop.

Op sy reis terug na Suid-Afrika word hy siek en in Januarie 1773 is hy op see oorlede.

Normaalweg word iemand wat ter see sterf in die see gegooi, maar Baron Pieter van Rheede is in ‘n loodkis gesit. Die loodkis is vol brandewyn gegooi , vandaar die term “The pickle Baron”.

Vier maande later met die aankoms van die skip in Kaap die Goeie Hoop is Baron Pieter seremoniëel in Kaapstad begrawe 17 April 1773.

Nadat die Groote Kerk vergroot is in 1841 is sy grafsteen ingemessel in die oostelike muur van die Groote Kerk, Kaapstad.

Grafsteen inskripsie Groote Kerk :

De Hoog Edele Welgebore Gestrenge Heer De Heer Pieter Baron van Reede van Oudtshoorn tot Nederhorst Heer van Oudtshoorn Gnephoek Ridder Búúrt en Drakenburg Gouverneur en Directeur van Cabo de Goede Hoop Obiit op de reize herwaarts Aan boord van het Schip Asia Den XXIII Januarij MDCCLXXIII En is den XVII April Daeraen volgende Alhier begraven.

• ‘n Afdruk wat sy begrafnis prosessie uitbeeld word bewaar in die Stolk Museum Rotterdam.

• Baron Joachim van Plettenberg wat waarnemende Goewerneur was sedert Ryk Tulbach se dood het Baron Pieter opgevolg, 18 Mei 1774

• Oudtshoorn is vernoem na Baron Pieter van Rheede van Oudtshoorn.

• Baron Pieter is ook die stamvader van die Van R(h)eede Van Oudtshoorn-familie in Suid-Afrika

• In 1782 was Baron Pieter se 61-jarige weduwee die onderwerp van skindertonge aan die Kaap toe sy onsuksesvol probeer het om haar erfporsie te onttrek en groot skandes veroorsaak het toe sy weggeloop het met ‘n 20jarige soldaat. Sy is in Kaapstad oorlede 1791.

FAMILY ORIGINS

• “The van Rheedes are one of the old families of Europe, descending from Bitter Van Reede, mentioned between 1344 and 1372, who himself was probably descendent of Wernerus de Rethe, knight, mentioned between 1223 and 1236. Godard VAN Reede (10th generation) accompanied William III of Orange to England and became Earl of Athlone on 14th March 1691 (branch extinct 7 Jan 1897). Another branch, Van Reede de Parkeren en Aa, became extinct in 1879. The Van R(h)eede van Oudsthoorns are, therefore, the only surviving branch of the family, both in the Netherlands and in South Africa. Van Ooudsthoorn was added to the original surname of Van Reede because for a period they were squires of that village in Holland.

• After the Napoleonic wars and the establishment of a monarchy in the Netherlands, the old nobility of the family, and the title of Baron, was confirmed by Royal Decrees of 2nd April and 14th June 1822.”

___________________________________________________________

• Belmond Mount Nelson Hotel

In 1805 sterf “Lord Horatio Nelson” in die “Battle of Trafalgar” . Hy is ook in ‘n kis vol brandewyn geplaas op die skip op pad huistoe.. (Pickled in Brandy).

In 1806 word die eiendom geadverteer as Mount Nelson, die naam afgelei van Kaapstad se Tafelberg en Lord Nelson. In 1899 open die Mount Nelson Hotel sy deure.. die eerste hotel in S.A. wat warm en koue water in sy krane gehad het.

Die voorstad se naam Tuine en die straat reg langs die hotel Rheedestraat.

• Interessant ook dat tydens die 1918 Groot Griep is Mount Nelson beskryf is as ‘n “plague-free zone”.

Bron: Internet / Wikipedia

ttps://www.6000.co.za/tag/baron-pieter-van-rheede-van-oudtshoorn/

101 uses for brandy Posted on October 19, 2018 No. 57:

https://en.wikipedia.org/wiki/Belmond_Mount_Nelson_Hotel

Maak 'n opvolg-bydrae