Durban
ABO
Die Merebank konsentrasiekamp in Durban was eintlik gevestig om die druk op die Transvaal- Konsentrasiekampe te verlig en ñ poging om die sterftesyfer in die kampe te verlaag.
Die eerste vrouens het 13 September 1901 vanaf Pretoria aangekom. Die reis na die konsentrasiekampe was skrikwekkend. Vrouens is met oop trokle in haglike omstandighede na die kampe toe gedwing.
Daar was sowat 9000 inwoners in Merebank, verdeel tussen 3 kampe: Windermere, Hazelmere en Grasmere.
OMSTANDIGHEDE WAS NIE BAIE GUNSTIG NIE.
LIGGING EN BEHUISING
Merebank konsentrasiekamp was geleë aan die Natalse kus. Die subtropiese klimaat was totaal verskillend van die Hoëveldse klimaat.
Die vogtige, uiters hoë temperature, sterk winde en somerreëns het toestande ongemaklik vir die vrouens en kinders gemaak. Die seebries het ñ welkome verligting gebring in die uiterste hitte.
Die kamp was gevestig op ñ laagliggende moeras-agtige area wat veroorsaak het dat tente, vloere en beddegoed altyd klam was.
Lagie sand het oor alles gelê.
Muskiete, vlieë en luise het floreer in hierdie nat omstandighede.
Aanvanklik was die vrouens en kinders in Bell-tente en markiestente gehuisves, maar dit was ook nie genoegsaam nie.
Hout en sinkstrukture, kamers in rye van 6, het tente vervang, maar dit was onuithoudbaar warm met min privaatheid en lekkende dakke en mure.
Die dameskomitee wat die kamp besoek het, het aanbeveel dat kamp ter wille van gesondheid verskuif moes word. Ongelukkig is hierdie voorstel verwerp ter wille van voordele vir die owerhede soos die nabyheid van Durban se waterwerke, naby die spoorlyn en die gelyk grond wat oprigting van strukture vergemaklik het.
BESTUUR
Die superintendent by Merebank was Hugh Moberley Bousfield, ñ Nataller, kaptein van die Imperial Light Infantery.
Alhoewel sy kennis van Afrikaans baie beperk was, was hy ñ bevoegde persoon om so ñ groot kamp suksesvol te bestuur.
Hy was redelik hulpvaardig en akkomoderend teenoor die vrouens en kinders in die kamp.
VOEDSEL
Die kos was heelwat beter as in ander kampe. Die rantsoene was groter en hulle het gereeld rys, uie en aartappels ontvang.
Vars produkte was hier meer beskikbaar.
Indiërsmouse het piesangs en pynappels goedkoop verskaf.
Vars melk vir die kinders was bitter skaars en vleis was gevriesde vleis.
Kos was op oop vure voorberei tot Februarie 1902 wat oonde opgerig is wat kosvoorbereiding vergemaklik het.
PERMITTE OM KAMP TE VERLAAT.
Dikwels is besoeke aan die strand vir piekniek, swem en visvang toegelaat.
Selfs besoeke aan die Umbilo Krygsgevangenekamp is toegelaat, veral om manne te gaan besoek wat as krygsgevangenes oorgeplaas is na oorseese kampe.
Konserte en sportbyeenkomste is ook toegelaat.
ONDERWYS
Onderwys was ñ prioriteit, deels om kinders besig te hou, maar ook ñ geleentheid om Britse waardes en gebruike by kinders in tr skerp.
Die Boere was verbied om eie skole te vestig.
Bekwame onderwysers is van oorsee af gelok met aantreklike salarisse, maar in kamp was hulle behuising in vervalle markiestente in selfs slegter omstandighede as díe van die vrouens rn kinders.
Hoewel basiese toerusting soos banke, boeke, griffel en lei en swartborde tekort was, is kinders tog voorberei vir die Nasionale Eksamens.
Aandklasse is vir volwassenes aangebied ( Met Britse Propaganda) en ook praktiese vakke soos voedselvoorbereiding, kuns, naaldwerk en kleutersorg.
GESONDHEID
Die lewe in Merebank was ongemaklik en moeilik, maar tog veel beter as in die ander kampe.
Ongelukkig het hulle nie die maselepidemie vrygespring nie. Versuim om nuwe siek aankomelinge af te sonder het die siekte wel laat posvat met die piek Oktober 1902. Die sterftesyfer was nie so hoog nie, aangesien baie mense reeds ñ immunitiet. teen masels ontwikkel het. Asemhalingsprobleme, diaree rm ontwaterinh was ñ groot uitdaging.
VREDE VAN VEREENIGING
Die aankondiging van die sluiting van vrede 31 Mei 1902 is met genengde gevoelens begroet. Enersyds vreugde om huis toe te gaan maar hartseer en woede oor leiers wapen neergelê het.
Junie 1902 het Generaal Schalk Burger die onstandighede kom verduidelik, maar aanvaarding vanaf vroue se kant was moeilik.
Merebank Konsentrasiekamp het stadig ontruim want dit was ñ aanmeldingspunt vir terugkerende krylygsgevanges wat eers die Eed van Getrouheid moes aflê.
Wilhelmina Hertzog, vrou van Generaal JBM Hertzog was die eerste om die kamp te verlaat, 4 Junie 1902.
Kinders was voorsien van skoolverlatersertifikate en almal moes eers medies ondersoek word.
Die laaste groep het 10 Desember 1902 die kamp verlaat en die kamp is Januarie 1903 finaal gesluit.
MONUMENT
In die laat sestigerjare is die konsentrasiekamp -graffies platgestoot en ñ pragtige gedenktuin opgerig met simboliese sement-tentjies, uitsonderlike mosaïekwerk en ñ monument om die burgers, vrouens en kinders van die ABO te herdenk.
Vir jare lank is dit deur Die Voortrekkers onderhou en ook privaatpersone soos Johan en Alet Botha.
Ongelukkig nou in ñ baie swak toestand. Vuil, oorgroei, onveilig en ñ skuiling vir straatslapers.
Ons kan net hoop dat daar deur inwoners ingegryp gaan word voor vandale die plek heeltemal verwoes.
Die teenstelling van ñ netjies versorgde Moslembegraafplaas en direk daarnaas ñ bebosde vuil Konsentrasiekamp Gedenktuin is skreiend en ñ klap in elke Afrikanerhart of Boerehart.
Bronne: Elria Wessels. Wikipedia.
Foto’s: Facebook.Gys Ströh snr Mei 2024. Facebook.
Samesteller: Kobie Ströh