Isandlwana
22 Januarie 1879
Zoeloeland
KwaZulu-Natal
Anglo-Zoeloe Oorlog
Een van die belangrikste botsings in die Britse sowel as die Zoeloe se militêre geskiedenis.
OORSAAK
1870’s : Brittanje besluit om al die gebiede en al die verskillende volke in Suid-Afrika onder Britse beheer te verenig.
Die oogmerk is om die inheemse volke as werkers in die myne te gebruik.
Die struikelblok is die grootste en sterkste inheemse groep, die Zoeloes en hulle Zoeloekoning, Cetshwayo.
Brittanje stel 11.12.1878 ñ ultimatum aan die Zoeloekoning; Die Zoeloes moet hulle wapens neerlê en Cetshwayo moet sy mag prysgee anders moet hul maar gereed maak vir oorlog.
Die Zoeloes was natuurlik nie daarvoor te vinde nie en Cetshwayo begin sy sowat 20 000 krygers voorberei vir ñ stryd.
BRITTE
17 000 soldate onder bevel van Genl Frederik Augustus Thesinger, 2de baron van Chelmsford val Zoeloeland in.
Sy mag bestaan uit hoogs-opgeleide Britse en Natalse soldate, swart soldate onder blanke offisiere.
Chelmsford val Zoeloeland in 3 kolomme binne:
1. Vanuit Transvaal
2. Vanaf suide van Eshowe
3. In die middel ñ groep van sowat 1700 soldate deur Rorkesdrift en die Mzinyathirivier/Buffelsrivier.
Hierdie groep beplan om Ondini, Cetshwayo se hoofstad aan te val.
Hulle slaan kamp op by die Isandlwana Heuwel.
ZOELOES
Die Zoeloes skaar hul eenparig agter Koning Cetshwayo en berei hulself voor vir ñ fel stryd.
Die krygers word met tradisionele medisynes en doepas besprinkel om hulle dapper en sterk en onaantasbaar te maak.
Die Zoeloes volg ñ uitstekende taktiek onder leiding van hulle hoofmanne:
Hulle beweeg rond in klein groepies om die vyand te verwar en om aandag van hoofmag af weg te lei.
ISANDLWANA
Chelmsford loop so ñ groepie raak, hy glo dit is die hoofmag en stuur die helfte van die soldate by Isandlwana agter hulle aan.
Die res laat hy agter by die kamp by Isandlwana. Hier maak hulle die fout om nie versterkings en verskansings op te rig of laer te trek nie.
Kol Dunford agtervolg ñ groepie Zoeloes en kom onverwags die hoofmag teë, die Zoeloe-amabuti.
Die Zoeloes het geen ander keuse as om aan te val nie alhoewel dit teen hulle tradisie was om nie te veg as dit donkermaan is nie.
In tipiese horingformasie omvleuel hulle blitsvinnig die Britse soldate by Isandlwana wat totaal onvoorbereid en wyd uitgesprei is. Hulle probeer terugval, maar word van agter aangeval. In die geveg is die Zoeloes die totale oorwinnaars. Enkele soldate slaag daarin om oor die nek van die heuwel te vlug na Rorkesdrift.
Die Zoeloe-oormag was genadeloos, geen gevangenes was geneem nie, slagting en verminking volg.
Die jongste soldaat wat gedood word was die Little Drummer Boy, 16 jaar oud, ritueel geskend.
Die kamp word geplunder.
Meer as een derde van Chelmsford se soldate sterf asook 52 van sy offisiere.
Die Zoeloes se verliese was ook geweldig, maar hul tree as oorwinnaars uit die stryd.
Eers teen Mei 1879 kon die Britte eers weer terugkeer na Isandlwana om hulle makkers te begrawe en van die waens te herwin.
DIE STRYD DUUR VOORT
Die Zoeloes storm voort na Rorkesdrift om die Britte daar aan te val, maar hier kon hulle nie die gefortifiseerde kamp oorneem nie.
Die Britte wou hulle op die groot verlies by Isandlwana wreek en kry verterkings.
Nog 2 groot nederlae volg vir die Zoeloes by Khambula en Gingindlovu waar hulle hulle vasloop in kragtige en sekure vuur van kanonne en Gatling-masjiengewere uit loopgrawe.
Cetshwayo besef hy is besig om duisende krygers te verloor en probeer onderhandel vir vrede, onsuksesvol.
Die Slag van Ulundi volg en die Zoeloes word verpletterend verslaan.
ONdini, die koning se hoofstad word afgebrand. Koning Cetshwayo word verban Kaapkolonie toe.
Die Zoeloes word beveel om terug te keer na hulle huise toe en aan te gaan met hulle lewens.
Die Zoeloe verloor sy onafhanklikheid.
Die Zoeloekoninkryk word in 13 gebiede onder Britse beheer verdeel, elkeen met sy eie hoofman .
Die Zoeloes het egter nie hierin berus nie. Vele bloed het daarna nog gevloei.
MONUMENT BY ISANDLWANA
Hierdie groot oorwinning van die Zoeloes oor die Britte by Isandlwana is ñ bewys van die Zoeloe se dapperheid en vegkuns.
ñ Monument is daar opgerig wat ñ reuse voorstelling is van ñ Zoeloekryger se halssnoer ” isiqu” , wat soos ñ oorlogsmedalje aan baie dapper krygers toegeken word.
Net uitsonderlike dapper krygers is toegelaat om so ñ halssnoer te dra.
Die brons halssnoer is op ñ ronde voetstuk en is in die vorm van ñ bul se horings. Die punte wys na die heuwel waar soveel krygers gesterf het.
Rondom die basis is ñ voorstelling van ñ klomp ” slaapkussings ” of “komberse” wat ewige rus of slaap van die gestorwe krygers simboliseer.
Die kunstenaar Gert Swart.
Bronne en foto’s: Geleen vanaf Internet en Facebook.
Samesteller Kobie Ströh
Maart 2023:
This is so disappointing. Gert Swart’s monument to the Zulu victory in the Battle of Isandhlwana (the first major battle in the Anglo-Zulu war between the Zulus and the British Empire) in 1879. Hundreds of British troops were killed. The monument is almost entirely demolished.