Simboliese Ossewatrek / Colesberg / Fakkelloop

Colesberg

Simboliese Ossewatrek 1838-1938

Fakkellloop 1938

Vrou en Moeder

SIMBOLIESE OSSEWATREK

Die gedagte van die ATKV was om tydens die 1938 Eeufeesvieringe ñ nabootsing te hê van die Groot Trek.

Een of 2 waens sou vanaf die Kaap tot in die Transvaal trek. Die waens se name Monumentwa en Volkswa. Twee roetes sou gevolg word.

Soos die gedagte posgevat het, is meer en meer waens bygevoeg tot uiteindelik minstens 10 waens deelgeneem het. Die waens het name van bekende en belangrikste Trekkers tydens Die Groot Trek ontvang soos o.a. Louis Trichardt, Hendrik Potgieter, Piet Retief, Sarel Cilliers, Dirkie Uys. Johanna van der Merwe, Magrietha Prinsloo, Vrou en Moeder.

Meer en meer dorpe en geskiedkundige terreine is by die roetes bygevoeg sodat daar kruis en dwars deur die land getrek is.

Van verskillende plekke is daar vertrek.

Vars spanne osse is langs die roetes verskaf. Tot 8000 osse is ingespan en voer en water moes voorsien word.

By Weenen word ñ span muile ingespan om die Vrou en Moeder Wa te sleep en ñ span Indiese Buffels help om die Piet Retief Wa die hoogte uit te sleep.

In Bloemfontein sleep vrouens self op aandoenlike wyse die wa tot by die Vrouemonument.

Langs die roetes is die waens deur duisende mense ingewag. Massa-geesdrif

Saans is uitgespan en groot feeste is orals gereël. Konserte, Boeresport, Volkspele, Sang en Voordrag, Vlaghysings, perderuiters, toesprake, seremoniële geleenthede ens was aan die orde van die dag.

Op die pad is talle klein monumentjies opgerig, eenvoudig sonder tierlantyntjies, meestal klipstapels. In dorpe, op plase, by kerke en skole is klipstapels gepak en waspore in sement verewig.

DIE SIMBOLIESE OSSEWATREK BEGIN

8 Augustus 1938 begin hierdie Ossewatrek in Kaapstad by die standbeeld van Jan van Riebeeck. 25 000 mense drom daar saam om die vertrek gade te slaan.

Die ROL VAN DIE VROU EN MOEDER in die kollig. Die Simboliese Trek met ñ geestelike, godsdienstige inslag.

Die waens vertrek met die woorde van Henning Klopper: “Die Trek het begin – Hy is in die Naam van God begin.”

OP PAD NA DIE GROOTRIVIER

Hoewel die gebeure eers skepties deur die pers en uitsaaiwese bejeën is, het hul gou besef, hierdie is ñ grootse geleentheid.

Goodwood en Paarl se opkoms van duisende geesdriftige deelnemers, geklee in Voortrekkerdrag het almal verras.

Die Volk trek saam. Verskille word bygelê. Vanaf Hartenbos word verskillende roetes gevolg om soveel moontlik dorpies in te sluit.

COLESBERG ANDRIES PRETORIUS WA.

Sakke vol pos word op die Andries Pretorius Wa en die Piet Retief Wa gelaai om saam te neem Pretoria toe.

Die 25 604 koeverte moet op die roete herrangskik word om spasie vir die “Trekkers ” te maak

Die pos word verdeel tussen die ander waens want dit raak gou duidelik dat die buikplanke begin uitsak en die wiele begin wankel onder die swaar vrag.

Soos aangedui op die Colesberg Monument bereik die Andries Pretorius Wa en die Moeder en Vrou Wa Colesberg op 27/28 September 1838 waarvandaan hul weer vertrek om die Oranjerivier te kruis op die pad deur die Vrystaat na die Transvaal.

Na meer as 4 maande en baie struikelblokke bereik die waens hulle eindstemming in Pretoria.

ñ Groepie spoorwegwerkers se idee lei tot die grootste volksopmars in die geskiedenis van die Afrikanerdom.

Die Andries Pretorius Wa vind sy rusplek in die Hartenbos Museum.

Die Andries Pretorius Wa was die eerste wa om gedoop te word. In Graaff Reinet word die wa by die kerk gedoop. 4 Historiese vlae is oor die tent gedrapeer. Die Prinse-vlag van Nederland. Die Vrystaatvlag. Die Transvaalse Vierkleur. Die Voortrekkervlag van Natal.

In Johannesburg skenk die Kamer van Mynwese ñ naamplaatjie aan die Andries Pretorius Wa, die plaatjie uit egte goud. Goud uit die dieptes van die Aarde.

DIE FAKKELLOOP 1838

Die Voortrekkers was vasbeslote om die Jeug ook by die Eeufeesvieringe te betrek.

Hulle beplan ñ reuse Voortrekkerlaer met 3000 Voortrekkers by Monumentkoppie in Pretoria.

Ook kom die gedagte van n Fakkelloop van die Kaap tot in Pretoria. ñ Fakkel wat deur Voortrekkers in uniform soos in ñ afloswedren gedra gaan word.

Een of twee Voortrekkers gaan n myl hardloop met die brandende fakkel en dan oorgee aan ñ volgende Voortrekker.

Die koerantopskrifte verkondig:

Optog van 3000 Voortrekkers met Fakkels.

Fakkellloop van die Kaap na Pretoria

Die Grootste Afloswedren nog in die Suidelike Halfrond.

Woensdagaand 30 November om 9-uur vertrek die een fakkel vanaf Kaapstad. Bladsak oor die skouer hardloop die eerste Voortrekker. In die leersak ñ replika van Jan van Riebeeck se Dagboek.

ñ Tweede fakkel vertrek vanaf Umgungundlovu.

Net na die orkes Die Stem gespeel het, kom die bevel:

Hou Koers! Die Fakkelloop het begin!

ñ Ligstreep van Tafelbaai tot by die volk se monument in Pretoria. ñ Lig van Idealisme. Lig van blanke bestaan. Lig van Christelike Godsdiens.

Die Lig op die pad van Suid-Afrika, gedra deur die Jeug van Suid-Afrika!

COLESBERG FAKKELLOOP

Die Boland is digbevolk met baie dorpies wat die oorgee van een kommando na ñ ander maklik gemaak het.

Orals langs die pad is die Fakkel ingewag en die boodskap het vooruit geloop. Die Fakkel kom! Dit is net hier agter die bult!

Oor Worcester. De Doorns en Ceres. Oor die Karoovlaktes tot by Beaufort-Wes waar Sondag oorgestaan word terwyl die brandende fakkel bewaak word.

Maandag oor Aberdeen na Graaff Reinet waar die voetspore van Andries Pretorius gevolg word. Die ylbevolkte gebied maak hierdie aflos moeilik, maar orals wag die Voortrekkers. By Noupoort neem die Upington Kommando oor. Hulle het 350 myl gekom om die fakkel 18 myl te dra vanaf Noupoort tot by Arundalstasie.

Soos die Monument by Colesberg aandui arriveer die fakkel 7 Desember 1838 in Colesberg waarna dit om Middernag oor die brug by die Grootrivier gedra word die Vrystaatse vlaktes in.

Hou Koers! Na Pretoria.

Bronne: Fakkelloop Gedenkboek van die Voortrekkers 1938.

Lees meer:

https://monument-sa.co.za/simboliese-ossewatrek-groot…

Foto’s: Salomi Laubscher Januarie 2025

Maak 'n opvolg-bydrae