Hartbeesfontein

Hartbeesfontein

Simboliese Ossewatrek

Rapportryers 1949 Voortrekkermonument

Dias

Hugenote

Kerkgebou

ABO

Noordwes

HARTBEESFONTEIN

Klein pragtige dorpie sowat 30 km noordwes van Klerksdorp

Die oorsprong van die naam is nie seker nie. Daar is 2 stories :

1. Twee mans het gaan jag. Die was ń De Clerq. Hulle wond ń Hartebees, volg sy spoor en vind die dooie Hartebees by ń fontein. Hulle noem die plek Hartebeesfontein.

2. 1837 lei Hendrik Potgieter ń strafekspedisie teen Silkaats ( Mzilikazi) se impi’s. Hy laat ń paar man hier agter in ń laer. Een man gaan jag. Hy wond ń Hartrbees, volg die spoor en vind ń borrelende fontein.

Na die strafekspedisie keer hy terug na hierdie gebied en verkry ń plaas hier. Hy noem die plaas Hartbeesfontein.

Die plaas Hartbeesfontein het verskeie kere van eienaar verwissel tot die laaste eienaar

HF Moller begin het om die grond te onderverdeel vir ń nedersetting.

Later is die dorp Hartbeesfontein hier geproklameer.

Landbou vorm ń groot deel van ekonomiese bedrywighede hier.

Mynbou was verantwoordelik vir die vinnige groei van dorp , maar kom tot ń halt toe die Buffelsfontein myn in 2005 gesluit het. Sedertdien het die mynowerhede ń groot stryd teen ondergrondse tonnels wat oorstroom word met besoedelde (hoë konsentrasie yster) water.

Hartbeesfontein is geleë in ń geologiese kom, die Hartbeesfontein Kom of KOSH Basin, wat die bron/oorsprong van die goud in die suidelike rif was.

ABO

Tydens die Anglo-Boereoorlog het hier 17/18 Februarie 1901 ń groot geveg tussen Boer en Brit plaasgevind.

Net bokant die dorp is ń klein passie, Hartbeesfontein Poort.

Lord Methuen se garnisoen het onder bevel van Captain Poison teen die 500 vt eskarp afbeweeg.

Daar het hulle hulleself toe teen ń oorweldigende Boerekommando vasgeloop wat deeglik ingegrawe was.

ń Hewige geveg het gevolg.

Methuen vra versterkings aan en verkry die oorhand.

Die Britte neem die pas in en lê beslag op groot hoeveelhede voorrade en graan van die Boere.

Aan beide kante was groot lewensverlies.

MONUMENTE

DORPSINGANG

By Ingang na die dorp Hartbeesfontein is ń monument opgerig wat sommer ń hele paar belangrike geskiedkundige gebeurtenisse in herinnering bring.

1. Groot Trek 1838 -1938 Simboliese Ossewatrek. Opgerig 1988 om 150 jaar na die Groot Trek te herdenk.

2. Dias 1488 – 1988.

3. Hugenote 1688 – 1988

Opgerig deur die Junior Rapportryers Korps van Hartbeesfontein op 21 Mei 1988.

KERK

NG Gemeente Hartbeesfontein

1. GROOT TREK 1938-1938

Opgerig om Groot Trek 1838 en Simboliese Ossewatrek 1938 te herdenk.

Monument (klipstapel) is opgerig tydens die Eeufees 16 Desember 1938 om die aandoen van die Johanna van der Merwe Ossewa (24/11/1938) in Hartbeesfontein tydens die Simboliese Ossewatrek te herdenk.

Verskeie name, datums en gebeure is op van die klippe uitgekerf asook ń besonderse trektoneel.

Die steen voor die monument is opgerig 1949 om die Rapportryers Fees 2/12/1949 te herdenk.

3. KERKGEBOU

Die NG Gemeente Hartbeesfontein is amptelik gestig 1866, afgestig van die Potchefstroom gemeente.

Volgens amptelike dokumente wat agter die hoeksteen van die gebou bewaar was, het dir gemeente reeds vanaf 1853 bestaan.

Dit blyk dat die gemeente Hartbeesfontein, soms ook Schoonspruit genoem, ń stryd en twistydperk beleef het.

Februarie 1866 het die NG Gemeente oorgegaan na die Hervormde Kerk en ingeskakel by die Hervormer Kerk Moedergemeente Potchefstroom teen die oorgrote meerderheid lidmate se wens.

Oktober 1866 het die gemeente weer teruggekeer na sy vroeë status as NG Kerk, NG Gemeente Hartbeesfontein.

Die eerste kerkgebou is opgerig in 1876, maar gesloop in 1948. Die hoeksteen van die oorspronklike kerkgebou opgerig en bewaar waar kerk gestaan het. ń Replika van hierdie gebou is agter die ou kerksaal opgerig.

Die tweede kerkgebou 1890 opgerig.

Die huidige kerkgebou (1958) is die derde kerkgebou van die NG Gemeente Hartbeesfontein.

Bron: Internet. Facebook. Gemeente Geskiedenis

Foto’s: Gys Ströh snr Sept 2022.

Maak 'n opvolg-bydrae