Graskop Kloof / Graskop Gorge / Glashysbak

Graskop Kloof / Graskop Gorge

GLAS HYSBAK

Glas hysbak sak 51 m diep af tot onder in die kloof.

Skousplagtig en opwindend

Absolute ingenieursvernuf

Die uitsonderlike hysbak is ontwerp en gebou deur Otis Elevators, enigste van sy soort in Suidelike Halfrond.

Die afstand van die top tot die basis is 60m.

240 ton sement is in die basis gebruik en 88 ton staal in die skag.

26 passasiers kan teen 1m per sekonde teen die rotswande afsak, deur die glasvensters die natuur en die Panorama waterval

(70m val ) bewonder en binne ‘n paar minute onder in die vallei afstap.

GRASKOP KLOOF/ VALLEI / GORGE

Die kloof is meer as 50m diep, uitgekalwe oor baie eeue deur die Motisi rivier.

Onder in die vallei, aan die voet van die hysbak is ‘n 500m wandelpaadjie met houtplatvorms, hangbruggies, inligtingsborde ens.

Die tronende rotswande en stappie deur die Afromontane woud met sy groot verskeidenheid natuurlike plante en veral ryk voëllewe is ‘n onvergeetlike ervaring.

‘n Afromontane woud is ‘n subtropiese woud in ‘n kleiner geïsoleerde gebied met ryk grond en hoë reënval . Montaans = Berg / Afro = Afrika. Hierdie is woude wat teen die berge van Afrika voorkom, gewoonlik teen die hange wat suid kyk. Slegs 0.5% van die land is met Afromontane woude bedek. Komme of klowe in nat, vogtige gebiede, waarvan die Graskop Kloof ‘n uitstekende voorbeeld is.

Op die sirkelroete is immergroen bome tot 30m hoog, die blaredak bied heerlike koelte.

Vir die meer waaghalsiges is daar ‘n glydraad (Foefie Slide) oor die kloof, of ‘n reuse swaai waar jy 68 m vryval en dan heen en weer swaai oor die kloof. Ook ‘n hangbrug 52 m lank waar jy 70 m bo die grond van noord na suid oor vallei kan stap.

Samesteller Kobie Ströh

Foto’s Dewald Laubscher Salomi Laubscher Junie 2017

Maak 'n opvolg-bydrae