GEORGE WILLIAM STOW (STOWE)
deur Kobie Stroh
2 Februarie 1822 – 17 Maart 1882
Ontdekker van steenkool
Geoloog, Kartograaf
Historikus
Skrywer, digter
Kunstenaar
HERKOMS:
Die seun van George STOW x Sarah BARTLETT
Gebore: 2 Februarie 1822 in Nuneaton, Warwickshire, Engeland
Vernoem na sy grootouers:
Ann CAREY x William BARTLETT en
Ann WINTER x George STOW
LOOPBAAN
Begin as vakleerling by ‘n Londense medikus en begin studeer aan King’s College in London.
1843 op 21 jarige ouderdom immigreer hy na Suid-Afrika.
Onderwyser by die Colonial Church and School Society in Cuylerville, Oos-Kaap.
Trou 23 Julie 1844 met Caroline Elizabeth SKINNER. Sy sterf 1867.
Tweede huwelik 1868 met Frances Sophia HEAVISIDE (Fanny), sterf dieselfde jaar tydens kindergeboorte.
Derde huwelik 1869 Fanny Lewisa RUSSEL DE SMIDT. Hulle het 5 dogters gehad.
1853 verhuis na Port Elizabeth waar hy as boekhouer werk.
1864 verhuis na Queenstown en werk as bestuurder by ‘n groothandelaars besigheid.
Hy bestudeer en hou hom besig met geologie en bestudeer sy area baie goed. Sy navorsing het hy gepubliseer in verskeie bronne.
Hy probeer die Provinsies oorreed om hom aan te stel om die land geologies te ondersoek en moontlike minerale te vind . Slegs Vrystaat en Griekwaland-Wes is geïnteresseerd. Kaapland se opinie is dat arm kolonies nie geologiese studies kan bekostig nie. Stow bestudeer wel die gebied tussen die Vaalrivier en die Modderrivier en stel ‘n deeglike geologiese verslag op sonder enige vergoeding.
1878 doen hy ‘n studie van die noordelike deel van die Vrystaat in opdrag van President Brand. Toe ontdek hy waardevolle steenkoolneerslae by Makouw’s Vlei. (Vereeniging)
Opgewonde lewer hy verslag aan die ZAR wat duidelik geen waarde heg aan steenkool nie. Goud en diamante sou meer van waarde wees.
Stow keer teleurgesteld terug Bloemfontein toe. Daar vertel hy aan Sammy Marks , die diamantmagnaat van Kimberley, van sy fonds en díe sien dadelik die waarde van hierdie ontdekking in en stuur Stow gou terug om die plase te gaan koop waarop hy vermoed steenkool is.
ONTDEKKING VAN STEENKOOL
1878 ontdek die geoloog George William Stow steenkool by die samevloeiing van die Vaalrivier en Taaiboschspruit.
Senator Samuel Marks (Sammy Marks), die miljoenêr diamantmagnaat van Kimberley sien dadelik die groot waarde hiervan in.
Die aanvraag na brandhout in Kimberley het so geweldig toegeneem dat die veld meer as 50 myl rondom die diamantmyne reeds gestroop was van alle brandhout en steenkool kan hier groot verligting bring.
Marks en Stow stig ‘n maatskappy De Zuid Afrikaansche en Oranje Vrijstaatsche Kolen en Mineralen Vereeniging (1880) Hulle koop die plase Leeuwkuil, Kipplaatdrift , Rietfontein en Maccauvlei en begin steenkool hier ontgin.
Die dorp Vereeniging verkry sy naam vanaf die naam van die maatskappy De Zuid Afrikaansche en Oranje Vrijstaatse Kolen en Mineralen Vereeniging.
Die myn van Steenkool begin in 1880.
Op die 16de November 1880 het Stow die plaas Leeuwkuil aangekoop wat op die noordelike walle van die Vaalrivier lê.
Dit was op hierdie plaas wat Stow met die myn van steenkool begin het by die Oumyn (Blougat) wat later deel van die Bedworthmyn geword het.
Marks stel Stow aan as mynbestuurder by Leeukuil De Zuid-Afrikaansche en Oranje-Vrijstaatsche Kolen en Mineralen Mijn Vereeniging. Twee jaar later sterf Stow. Hy word begrawe , vermoedelik op Makouvlei in ‘n ongemerkte graf.
Sammy Marks het twee skuite laat bou, maar die plan om die steenkool met platboomskuite op die Vaalrivier na Kimberley te vervoer was nie prakties nie en was laat vaar.
Voordat spoorlyne aangelê was om die dorpe in die binneland te verbind was goedere vervoer deur gebruik te maak van transportryers en hul waens.
“‘n Transportkonfooi het gewoonlik bestaan uit ses waens, elke wa was getrek deur ‘n span van sestien osse.
Tot en met 1891 was daar tot 200 transportwaens per dag by Viljoensdrift (Vereeniging) wat gewag het om gelaai te word met steenkool vir Kimberley en ander bestemmings. (3,200 osse en ‘n paar spaar osse plus al die waens, dit was nogal bedrywig – dit was daar waar SPIDERVALLEY is – dit was toe al besig)
In 1884 het die maatskappy omtrent 720 ton steenkool per jaar verskeep met ossewaens na Kimberley, elke wa het 4 ton steenkool vervoer.
Marks het vereis dat daar ‘n bestendige aantal transportwaens nodig was om steenkool vanaf die myn by die drif na Kimberley te vervoer.
Ten einde om hulle te lok om die diens te lewer het hy geadverteer dat hy ‘n aanbod maak van gratis weiding en water vir transportryers wat op sy eiendomme uitspan. Voorheen moes transportryers plaaseienaars betaal om op hul grond uit te span. Marks het ‘n aantal plase aangekoop vir die doel. Elke besending steenkool moes binne twee weke in Kimberley afgelewer word, ‘n reis waarvoor hulle ook vergoeding voor ontvang het. “ Bron: Vereeniging Geskiedenis:4. Sarel Veldtman
Die eerste steenkoolmyn Central Mine lei tot die instroming van mynwerkers en ook groot getalle transportryers wat steenkool na Kimberley vervoer het.
‘n Informele nedersetting het ontstaan op die plaas Leeuwkuil en Klipplaatdrift. Later ontstaan hier die dorp Vereeniging.
BELANGSTELLINGS
Stow stel veral belang in Geologie en bestudeer fossiele.
Hy was ‘n talentvolle en veelsydige man met ‘n wye kennis.
Ook bestudeer hy Boesmantkeninge en teken noukeurige kopieë daarvan wat hy ook publiseer.
Na noukeurige waarnemings in die die Karoo, publiseer hy sy teorie dat Indië, SA en Australië eens deel was van ‘n groot landmassa, met bewyse waarop hy sy teorie basseer. Hierdie teorie is later verder ontwikkel en die bestaan van Gondwanaland algemeen aanvaar.
Hy raak ook bewus van die groot rol wat klimaatsverandering op die geologie van SA gespeel het. Veral die vind van gletserskrape in die dorre Karoo bewys sy stelling.
Ook het Stow ‘n geweldige belangstelling gehad in die inheemse volke van Suid-Afrika waarvan hy sy bevindinge ook gepubliseer het. Sy teorie was ook dat die San mense lank tevore die eerste inwoners van die gebied was.
Stow was ook ‘n groot kunstenaar en digter.
STOW SE GROOT BYDRAE
Stow se grootste bydrae vir SA was die ontdekking van steenkool.
Sy pioniers bydrae tot die navorsing van geologie in SA , en Boesmankuns was enorm en het wêreldwyd aandag getrek.
STOW SE MONUMENT / GEDENKSTEEN
Monument: George William StowVereeniging1822 – 1882
Beroemde Pionier Geoloog en Etnoloog.
Ontdekker van Vereeniging Steenkoolvelde.
Opgerig deur Geologiese Vereniging van Suid Afrika en Vereeniging Estates Ltd.
ń Monument is opgerig op die plaas Rietfontein ( Bedworthplaas) naby die ou Central Mine ter ere van Stow wat steenkool hier ontdek het wat tot die ontstaan van Vereeniging gelei het. Hy kan gereken word as “Die vader van Vereeniging”.
Dit was oorspronklik opgerig langs die R59 by die Viljoensdrif/Ascotbrug afdraai aan die regterkant van die snelweg. Die gedenkteken is verskuif na die Vereeniging Stadskouburg (Konstitusieplein), Joubertstraat, Vereeniging. waar dit tans staan.
Verdofte woorde is op monument.
Plate met bewoording was op die monument aangebring, maar het sedertdien vermis geraak, vermoedelik gesteel.)
George William Stow 1822 – 1882 Beroemde Pionier Geoloog en Etnoloog.Ontdekker van Vereeniging Steenkoolvelde. Opgerig deur Geologiese Vereniging van Suid Afrika en Vereeniging Estates Ltd” “The monument is now long gone, only the foundation remains where the memorial once stood.
The dirt road leading to the cache is quite rough and will require a vehicle with high ground clearance.”
Die Monument is verwyder en by die Vereeniging Stadskouburg opgerig.Die Gedenksteen is agtergelaat
STERFDATUM:
17 Maart 1882 (60 Jaar) Heilbron
George William Stow sterf op die 17de Maart 1882.
Destyds het Stow op die drumpel gestaan van groot persoonlike sukses. Ongelukkig sterf Stow na ‘n ernstige hartaanval op 17 Maart 1882.
“Waar hy begrawe is, is nie presies bekend nie. Of dit langs sy eggenote in Queenstown is, volgens sy laaste versoek, of naby die terrein van sy groot ontdekking, is nie duidelik nie. (volgens ander inligting is sy graf hier in omgewing, maar grafstropers het al klaar die graf geskend)
Deur blote uithouvermoë, intelligensie en determinasie het George William Stow ‘n leier op sy gekose gebied geword.
Beslis ‘n man wat geadmireer moet word, ‘n waardige vader van Vereeniging. Mag sy naam in die toekoms vereer word sodat so ‘n uitstaande voorbeeld nie vir die toekomstige geslagte verlore sal wees nie.” – Sarel Feldtman
DIE STEEN Mei 2024
Junie 2024 span ‘n groepie sakemanne en geskiednis-liefhebbers saam en vroeg een wintersoggend gaan verskuif hulle George William Stow se steen na die terrein van die Vryheidsmonument, Constitition Square, Vereeniging.
Veilig omhein, binne ‘n simboliese sandsteenkraal, is Stow se steen nou veiliger bewaar.
Bronne: Internet. Wikipedia.
Vereeniging Geskiedenis
Samesteller : Kobie Ströh
Foto’s: Internet. Sarel Veldtman. Gys Ströh snr Mei/Junie 2024