DIE EERSTE LUGKAPING TER WÊRELD / 28 Julie 1942 / WWII / Ted Strever / Suid-Afrikaner

DIE EERSTE LUGKAPING TER WÊRELD

(Kobie Stroh eggsa-pos)

28 Julie 1942

NOGAL DEUR ‘n SUID-AFRIKANER / WWII / Tweede Wêreldoorlog

TED STREVER

Ted Strever se kinderjare was eenvoudig en nederig. Hy het grootgeword en opgegroei in Pietersburg in SA in die tyd van die Eerste Wêreldoorlog, Depressie tyd, tye van swaarkry en onstabiliteit.

Ted Strever was ‘n jong vlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Edward Theodore (Ted ) Strever is opgelei as ‘n SAAF (South African Air Force) vlieënier.

Hy word aanbeveel na die RAF (Royal Air Force)en na Rhodesië gestuur vir verdere vlieëniersopleiding.

Na hy sy vlerkies as RAF vlieënier ontvang het, het hy vrywillig aangemeld vir Torpedo-Bom- opleiding , want dit het vir hom baie meer opwindend en waaghalsig geklink as anti-duikboot patrollies.

Vir 6 maande lank het hy in Brittanje opleiding as “torpedo-bomber” ondergaan in die Beaufort Merk 1-vliegtuie.

Na sy opleiding is hy na Ceylon toe gestuur vir diens – 1942.

MALTA

Op die roete na Ceylon, word daar aangedoen by Malta. Toe Ted en sy bemanning in Malta arriveer word hulle dadelik opgekommandeer om teen die Italiaanse vloot op te tree. Die Italiaanse vloot het voorrade en hulp voorsien aan Rommel se Afrika-Korps in Noord-Afrika.

Hierdie operasies was uiters gevaarlik, een van gevaarlikste in die RAF en vlieëniers en hulle bemanning het ‘n baie skraal kans gehad op oorlewing, sowat 17,5%.

TED STREVER SE BEAUFORT WORD AFGESKIET

28 Julie 1942 vertrek 9 Beauforts vanaf Luqa Vliegveld om die Italiaanse vloot te gaan bombardeer wat vroeër deur een van die Spitfire-vliegtuie se loodse opgemerk is.

Ted en sy bemanning was deel van hierdie operasie. Ted Strever –vlieënier SAAF, Offisier Bill Dunsmore RAF van Liverpool –navigator en 2 sterk Nieu -Seelandse boere, Sersant Ray Brown RNZAF vanaf Timaru – kommunikasie en Sersant John Wilkenson RNZAF vanaf Auckland- luggeweer skut.

In die warm, bedompige Mediterreense somer vlieg Ted laag, sowat 50 voet bokant die see teen ‘n stadige spoed van 115 knope.

Sowat 5 myl vanaf die Griekse kus gewaar hulle die teiken, ‘n 12 000 ton voorraadskip, vergesel van 2 “destroyers”. Ted lig sy vliegtuig tot so 80 voet en laat val sy torpedo. Die torpedo tref die sykant van die skip en die skip begin sink. Daarna daal hy tot onder die dekhoogte van die skip terwyl hy haastig onder vyandelike skoot probeer uitkom.

Ongelukkig word Ted se Beaufort getref, 2 enjins word beskadig en rook borrel uit een van die motore. Ted probeer hoogte bereik en draai sy vliegtuig na die vyandelike kus om so naby as moontlik aan die kus te probeer land as die vliegtuig dalk val.

Die enjin stol en die ander enjin begin sidder, Ted besef die gevaar, die vliegtuig val.

‘n Noodlanding volg en die vliegtuig tref die see met ‘n slag. Die vliegtuig skeur in 2 en die neusgedeelte duik onmiddelik in die water in.

Dunsmore slaag daarin om die luik oop te kry en sy kop uit te steek vir vars asem. Ted vol hom haastig.

Die ander 2 manne (Wilkie en Brownie) het reeds daarin geslaag om in die opblaas rubberbootjie te klouter en pik gou vir Ted en Dunsmoore op. Die vliegtuig verdwyn binne 90 sekondes heeltemal onder die water in.

REDDING

Binne ‘n uur land ‘n Italiaanse vliegboot naby die rubberbootjie. Ted swem nader, ontvang ‘n tou en swem terug waarna die rubberbootjie na die vliegboot, ‘n Cant Z.506B, gesleep word.

Nadat die Italianers Ted en sy manne deursoek het, gee hulle vriendelik vir elke een ‘n sigaret, ‘n bietjie brandewyn vir die skok en ‘n kansie om dit staande op die vlerk te rook voor hulle na die hawe Prevesta , n klein hawe op die eiland Corfu aan die Griekse kus , geneem word.

Hier ontvang hulle droë klere en ‘n heerlike maaltyd en word vlugtig ondervra. Die aand slaap hulle gemaklik in die offisierskwartiere, wel onder bewaking. Die volgende dag sal hulle verder na die vasteland vervoer vervoer word as POW,

Oorlogsgevangenes, en verder deeglik ondervra word.

KAPING / ONTSNAPPING

Vroeg die volgende oggend na ‘n heerlike ontbyt van spek en eiers vertrek hulle weer in dieselfde vliegboot, Cant, vir ‘n 80 minute vlug na Taranto in Italië. Dieselfde bemannning met ‘n ekstra gewapende wag, ‘n korporaal. In Italië sal hulle dan waarskynlik vir die res van die oorlog as gevangenes aangehou word.

Ted en sy manne probeer stilswyend planne maak om te ontsnap. Sowat na ‘n uur in vlug skree Wilkie skielik “Spitfires!” en toe die italianers vreesbevange in daardie rigting kyk, kry hulle onverwags vuishoue en word oorrompel deur die 2 sterk Nieu-Seeland Boere. Hulle ontwapen vinnig die wag.

Die eerste vlieënier vermoed onraad, gryp sy wapen en soek skuiling. Die vlug-ingenieur besef te laat die gevaar en stamp per ongeluk die wapen uit die loods se hand en gee sodoende aan Ted en Wilkie die kans om altwee te oorrompel. Hulle gebruik die korporaal as menslike skild. Almal word ontwapen en vasgebind met hulle eie gordels.

Op Dunsmoore se vraag of hy die vliegtuig sal kan vlieg, antwoord Ted ewe luiters, enige vlieënier wat sy sout werd is, kan ‘n vliegtuig wat reeds in is vlug beheer, al is dit ‘n onbekende vliegtuig.

Ted neem die beheer van die vliegtuig oor en sak dadelik om onder die radar verder voor te vlieg. Die Italianers waarsku dat daar nie genoeg brandstof aan boord is om na Afrika toe te vlieg nie, hulle het aangeneem dat die operasie vanuit Afrika was siende die SAAF uiform van Ted. Ted verseker hulle dat hulle nie op pad na Afrika is nie, maar wel terug na Malta. Daar op waarsku die Italianers hulle angsbevange teen die Spitfires in daardie area en herinner hulle dat hulle nou in ‘n vyandelike vliegboot vlieg.

Ted vlieg in ‘n onbekende vliegtuig van die vyand, sonder kaarte en bakens , met geen idee in watter rigting Malta is nie. Hy besef dat die brandstof binnekort ook klaar gaan wees en dat daar na die reserwe tenk oorgeskakel sal moet word en daarvoor het hy die Italianers se hulp nodig. Dit is ‘n baie groot risiko want dalk skakel hulle die motore heeltemal af en dan is Ted en sy manne in groot moeilikheid. Hy dreig die vlugingenieur dat hy hom summier sal skiet as die brandstof opraak. Die vlugingenieur skakel die brandstof oor sonder enige probleme.

Op pad kruis hy paaie met ‘n Duitse JU52 vliegtuig, wikkel sy vlerke in groet en tot groot verligting beantwoord die Duitsers die groet en vlieg voort, onbewus daarvan dat vliegtuig gekaap is.

Ted sien die kuslyn en begin die kuslyn op ‘n baie lae hoogte (20-30 voet bo seevlak) volg. Dit is gevaarlik in die vyandelike gebied en hy raak heel benoud as die kuslyn wegraak , maar hy probeer koers hou in die rigting wat hy reken Malta is.

Net toe hulle ‘n eiland opmerk wat dalk volgens hulle Malta kan wees, kom 4 Spitfires aangevlieg. Hulle is in ‘n vyandelike Italiaanse vliegtuig in die geallieerde lugruim!

Ted gee dadelik opdrag aan die Italiaanse vlieënier om oor te neem en te land.

Die Spitfires val aan, 2 mis net-net , maar die derde laat reën koeëls deur die vlerk. Dunsmoore wuif sy wit frokkie om oorgawe aan te dui terwyl die Italiaanse loods kalm en versigtig die erg beskadigde vliegtuig land op die water. Hulle klim dadelik op die vliegboot se vlerk en wuif verwoed.

‘n Opgewonde klompie pasiënte neem die drama waar vanaf ‘n nabygeleë hospitaal-balkon en een van hulle neem ‘n uitsonderlike X-straal foto van die 4de Spitfire wat onttrek.

‘n Reddingboot kom tot hulle redding. Verbaas vind hulle van hulle eie Verdedigingsmag-manne in die vyandelike vliegtuig.

Hulle versoek die Italiaanse vlieënier om die vliegboot nader te bring. Tot almal se verbasing antwoord die die loods kopskuddend dat hy nie verder kan gaan nie:: “non possible, no benzina!” Hulle het met die laaste druppels brandstof een myl van Malta af geland! Verstommend! Die vliegtuig moes ingesleep word.

Aan wal het ‘n oproerige skare die Italianers ingewag. Ted moes vinnig intree om die Italianers te beskerm.

Ted voel skuldig oor hulle rowwe optrede teen die Italianers, veral na die goeie behandeling wat hulle self ontvang het, hy maak verskoning dat hy nie eers wyn of brandewyn het om aan te bied nie. In goeie gees diep een Italianer ‘n bottel wyn uit sy tas en bied vir almal ‘n sopie rooi wyn aan. Ted vra om verskoning waarop die Italiaanse loods rustig antwoord: “War is war!”

NA DIE KAPING

Luitenent Ted Strever ontvang ‘n toekenning (Distinguished FLYING CROSS DFC ) vir hierdie dapper daad, 4 September 1942.

Ted Strevers keer terug vir diens in Ceylon en einde 1944 word hy bevorder tot Luitenant Kolonel en in beheer van 211 Squadron RAD. Ongelukkig met die opstyg vanaf Vavuniya na Burma, verloor die loods beheer en Ted, ‘n passasier, doen ernstige brandwonde in hierdie grusame ongeluk op. Daar word vir sy lewe gevrees, maar hy herstel bo verwagting en neem bevel van 217 Squadron RAF in Burma oor. Hulle voorsien vooraad en hulp en redding aan die Indiese weerstandsbewegings wat in die woude van Burma agter die Japanese front geopereer het.

Baie noodlandings en uiters gevaarlike operasies volg hier.

Al 4 manne van die lugkaping het die oorlog oorleef.

Ted en Dunsmore ontvang die DFC (Flying Cross).

Sy 2 sersante ontvang die medalje DFM (Distinguished Flying Medal) vir hierdie dapper poging en hulle toewyding :

Die eerste lugkaping in die geskiedenis!

HAENERTSBURG

Ted Strever keer na die oorlog terug na SA.

In 1977, op 77-jarige ouderdom sterf hy en word begrawe in Haenertsburg.

Sy grafskrif: HE DID IT HIS WAY!

Sy dogter Gail Strever Morkel gepubliseer ‘n boek oor sy veelkleurige lewe “On Laughter-Silvered Wings: The story of Lt.Col. E. T. Strever D.F. .C “

Bron: Internet, SA FLYER December 2013: The first skyjacking – South Africans did it!

Maak 'n opvolg-bydrae