Versoeningsbeeld / Hervormde Kerk Rustenburg / Pioniers / Andries Pretorius / Hendrik Potgieter / Sandrivierkonvensie / Paul Kruger

Versoeningsbeeld

Vredesbeeld

Hervormde Kerk Rustenburg

Herinneringsklip ABO

PIONIERS

Onder die Trekkers in die Transvaal was daar van die begin af meningsverskille tussen die verskillende leiers veral t.o.v. verskille in godsdiens siening en politieke sieninge. Dit kan verwag word in pioniersgemeenskappe wat nog nie behoorlik georganiseerd en gevestig is nie. Alhoewel die pioniers goed saamgewerk het as daar ñ gemeenskaplike vyand was, het hulle maar weer op ou twiste en verskille teruggeval sodra hulle tuis was.

Die Transvaal was in verskillende distrikte of gebiede verdeel nl Potchefstroom, Rustenburg, Marico, Lydenburg, Soutpansberg. Elke gebied met sy eie leiers en Kommandant-Generaal en eie reëlings.

KOMMANDANT-Generaal

In 1849 word Andries Pretorius, Trekkerleier, deur die Volksvergadering as Kommandant-Generaal verkies.

Almal is nie hiermee tevrede nie en by gebrek aan samewerking word 2 ander Kommandant-Generaals verkies nl Trekkerleier Hendrik Potgieter en Stephanus Schoeman.

Paul Kruger en sy familie se lojaliteit is hierdeur sterk geskeur.

Aan die een kant is Hendrik Potgieter saam met wie hulle die lang trek met vele ontberinge meegemaak het. Ook behoort hulle aan dieselfde kerkgroep, Die Gereformeerdes of te wel Die Doppers.

Aan die ander kant was Andries Pretorius was verkies was as Kommandant-Generaal vir hulle eie distrikte Rustenburg en Potchefstroom. Paul Kruger was ook verkies as Veldkornet vir distrik Rustenburg en as Rustenburgers het hul ook lojaal gevoel teenoor Andries Pretorius.

ñ Bittere stryd het geheers tussen die twee leiers Potgieter en Pretorius en Paul Kruger moes dikwels as vredemaker en onderhandeleer tussen die 2 leiers en hulle groepe optree om vrede en eenheid te bewerkstellig.

VELDKORNET

As Veldkornet het Paul Kruger sekere pligte gehad wat hy trots en getrou nagekom het:

Hy moes geskille tussen burgers probeer oplos.

Eerlik teenoor alle persone optree.

Toesien dat openbare rus en orde in die wyk nie versteur word nie.

Waaksaam wees en buitengewone gebeure dadelik aan die landdros rapporteer.

Ontvang oroklamasies en ander instruksies van regering of Volksraad af.

In tye van oorlog moet hy burgers opkommandeer en eise vir voorrade in dien.

Selfs as hy afwesig was, moes hy toesien dat ñ bekwame man sy take oorneem.

As Veldkornet het Paul Kruger baie verantwoordelikhede gehad wat hy ywerig nagekom het.

SANDRIVIERKONVENSIE

Januarie 1852 bevind Paul Kruger hom saam met ongeveer 300 burgers en die bejaarde Andries Pretorius, Kommandant-Generaal, hulle by die Sandrivier.

Hier word die Sandrivier Konvensie of Ooreenkoms gesluit tussen Andries Pretorius en sy Boereverteenwoordigers en die Britte. Hierdeur word die onafhanklikheid van die gebied noord van die Vaalrivier erken. Die Trekkers kan nou begin om ñ eie Republiek op te bou.

Hendrik Potgieter en ander leiers en burgers voel baie ontevrede en sê dat Andries Pretorius sonder opdrag van die Volksraad gehandel het

Andries Pretorius voel sterk dat hy reg opgetree het en maan almal tot dankbaarheid oor die seën van God wat hulle uiteindelike vryheid gebied het.

Groot twis en onmin volg, Burgerstryd dreig.

VERSOENING

Paul Kruger weet dat Andries Pretorius gaan terugkeer Rustenburg toe om verslag hier te lewer oor die uitslag van Sandrivier gebeure.

Paul Kruger reël ñ Volksraadvergadering in Rustenburg, ñ slim skuif want dit sal waarborg dat Hendrik Potgieter ook teenwoordig sal wees en moontlik kan hulle die Sandrivier Konvensie bekragtig sonder verdere onmin, kwaadstokery en moontlike wapengeweld van broeder teen broeder.

Van 11 tot 15 Maart 1852 kom al die Kommandant-Generaals en hulle gesinne op Rustenburg bymekaar en span met hulle ossewaens uit.

Die gemoedere was onstuimig en gevoelens het hoog opgevlam. Opstand het gedreig.

15 Maart oorreed invloedryke boere die ouderlinge van die Gemeente om tussenbeide te tree en om ernstig in gesprek te tree met die leiers en om ernstig voorbidding te doen.

16 Maart 1852 het hulle vroegoggend na die tente van die leiers gegaan en in gesprek getree.

Die burgers het in groot spanning buite gewag.

Wat sal die uitspraak wees?

Vyandskap of broederskap?

Toe die tentseil opgelig word is daar die indrukwekkende gesig:

Die twee ou vaders, leiers, Hendrik Potgieter en Andries Pretorius staan hande in mekaar gevou voor ñ oopgeslane Bybel.

Die burgers juig ñ dankgebed uit.

18 Maart 1852 is die Sandrivier Konvensie eenparig deur die Volksraad goedgekeur.

Dit was ñ groot waterskeiding in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Met die Sandrivier Konvensie 1852 en die Bloemfontein Konvensie 1854 het die Britse Regering formeel die onafhanklikheid van die Trekkers, voorheen burgers van die Kaapkolonie, erken.

Die Groot Trek het formeel tot ñ einde gekom.

VERSOENINGSBEELD

Om hierdie besondere gebeurtenis te herdenk is die treffende beeld voor die Voortrekkerkerk, die Hervormde Kerk op Kerkplein Rustenburg opgerig.

Die beeld is verskuif na die nuwe kerkgebou in Waterkloof Rustenburg.

HERVORMDE KERK RUSTENBURG

Die eerste kerk in Rustenburg, die eerste kerkgebou, die Voortrekkerkerk.

265 lidmate van Magaliesberge rig ñ versoek aan die Hervormde Kerk Potchefstroom om ñ onbewerkte plaas van HC Vermaas te bekom.

22.1.1850 ken die Volksraad die plaas Kafferskraal toe vir ñ kerkplein met die moontlikheid dat daar later moontlik ñ volwaardige dorp kan ontstaan.

16.11.1950 word beskou as die amptelike stigtingsdatum van die Hervormde Gemeente Rustenburg toe die nuutverkose kerkraadslede in hulle ampte bevestig is.

Twee dae later word die besluit geneem om ñ kerkgebou op te rig.

Die eerste kerkgebou is in 1851 gebou en ingewy, op die kerkplein onder toesig van Casper Kruger, Paul Kruger se vader en Frans Schutte. ñ Eenvoudige reghoekige gebou met ñ grasdak. Hierdie gebou is spoedig te klein.

1853 het die eerste Algemene Kerkvergadering van die Hervormde Kerk buite die Kaapkolonie hier op Rustenburg plaasgevind

1853 begin Paul Kruger ñ skool op sy plaas Waterkloof distrik Rustenburg.

Januarie 1851 ontstaan die nuwe dorp Rustenburg en die dorp was tot 1865 die eiendom van die Hervormde Gemeente Rustenburg.

1865 is die dorp oorgedra aan die ZAR.

1857 is die Vierkleur die eerste keer gehys, op Rustenburg.

1859 word die Gereformeerde Kerk, Dopperkerk, onder ñ seringboom in Rustenburg gestig.

Die tweede kerkgebou is voltooi in 1869 ook op die kerkplein. Hierdie gebou moes verskeie kere herstel word en is uiteindelik in 1949 gesloop.

Die derde kerkgebou is in 1950 voltooi en ingewy met die Eeufeesvieringe van die gemeente. Die argitek was Hendrik Vermoten.

2010 is weereens ñ nuwe gebou in Waterkloof betrek waar die Versoeningsbeeld en ñ herinneringsklip aan die ABO ook opgerig is. Die klok van die tweede kerkgebou en hoekstene is ook verskuif

Bronne: Paul Kruger Dr J I Rademeyer.

Rustenburg at war Lionel Wolfsohn.

Kerkgeskiedenis van Hervormde Kerk.

Foto’s: Gys Ströh snr Okt 2024 ( Gysbertus Johannes Ströh )

Nicky Jansen van Vuuren van Chilli PicNic Okt 2023

Samesteller Kobie Ströh Vaaldriehoek Kultuurnetwerk

Maak 'n opvolg-bydrae