FAK LIEDJIETUIN / Voortrekkermonument

FAK Liedjietuin

Monument vir Afrikaanse musiek

Voortrekkermonument

Pretoria

2013 het die FAK ń Afrikaanse Liedjietuin neffens die Voortrekkermonument gestig.

Dit is om erkenning te gee aan die Afrikaanse sangers en liedjieskrywers vir die rol wat hulle gespeel het en nog steeds speel om Afrikaans te bevorder.

2013 het Rina Hugo hierdie FAK musiektuin geopen met die lied, “Ek sien vandag die son weer skyn”, en einde 2023 is hier reeds 55 liedjieborde wat kunstenaars en liedjies in graniet verewig.

Die FAK Liedjietuin is ñ buitelug-musiekmuseum wat liedere en kunstenaars se bydraes aan Afrikaans lewendig hou.

OORLEDE KUNSTENSAARS

In die tuin is die name van Afrikaanse kunstenaars wat reeds oorlede is, waaronder Janura Claasen, Cora Marie, Christa Steyn, Louis van Rensburg, Bles Bridges, Lucas Maree, Koos du Plessis , Gè Korsten, Gert Potgieter en Johannes Kerkorrel op klipplaatjies tussen die rose aangebring.

ROOSTUIN

Die Liedjietuin is ook ñ roostuin, ñ roosparadys met meer as 200 unieke roosvariëteite.

Talle van die rose wat in die tuin is, is rose wat na Afrikaanse kunstenaars vernoem is, soos Christa Steyn, Rina Hugo, Mimi Coertze, Brumilds van Rensburg, Nataniël en Steve Hofmeyer

Hier blom 2 spesiale rose:

Die “Ons vir jou”-roos wat in 2018 spesiaal gekweek was vir die 100 jaar viering van “Die Stem van Suid-Afrika” en

die “Afrikaans” -roos,

albei gekweek spesiaal op aanvraag van die FAK.

ñ Spesiale roos is deur Ludwig Rose gekweek net vir die Liedjietuin, “Hugo se roos”.

“Carike Keuzenkamp “-roos blom mildelik en “Laurika Rauch”-roos se kersiepienk blomme is verruklik.

TV

TV Kinderprogram, Wielie Walie en Liewe Heksie wat in die begin van televisie geskiedenis in Suid-Afrika so ñ groot rol vir Afrikaans gespeel het, het ook ñ plekkie in die tuin gevind.

OU SKATTE

Ou skatte uit die verlede word onthou. Soos “Die Lappop” wat selfs ñ eie huisie in die kindertuin gekry het.

KUNSTENAARS EN LIEDJIES

Enkele van die kunstenaars, liedjieskrywers en liedjies wat reeds in die Liedjietuin vereer is:

Piet Smit , Oorwinningslied

Koos van der Merwe, Houtkruis

Steve Hofmeyer, Pampoen

Johannes Kerkorrel, Halala Afrika

Cora Marie, Gee haar ñ roos

Gé Korsten, Sing seeman sing

Laurika Rauch, Kinders van die wind

Theuns Jordaan, Vreemde stad

Lukas Maree, Victoriabaai

Matthys Roets, In my lewe

Chris Cameleon, Koos du Plessis, liedjieskrywer Piet van Wyk de Vries en nog talle meer.

2020 is sanger Lucas Maree se gedenksteen vanaf Victoriabaai na die Liedjietuin toe verskuif.

UITNODIGING

In hierdie rustige tuin, kan mense ure lank vertoef.

Stap tydsaam deur die tuin, ruik die rose, lees rustig deur die lirieke of gebruik die QR-kode om na die liedjies te luister.

ñ Wonderlike sielsverrykende ervaring.

Gereelde optredes word hier gehou. Braai. Kuier. Piekniek. Familiekuiers. Funksies. Onthale. Altyd gereed vir besprekings.

Foto’s: Facebook. Gys Ströh snr 2021, 2023

Samesteller Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae