KOMMANDEUR
‘n Kommandeur is ‘n vlootrang wat in die meeste vlote gebruik word.
Die rang Kommandeur is hoër as díe van ‘n Kaptein wat slegs 1 skip onder sy bevel het.
Tradisioneel is hierdie titel gegee aan ‘n offisier wat oor meer as een skip bevel gevoer het.
Tydens die bewind van die VOC aan Kaap die Goeie Hoop het ‘n Kommandeur die taak vervul as bevelvoerder aan die Kaap.
Die Kommandeur was die hoogste posisie aan die Kaap, maar hy was in diens van die VOC en altyd ondergeskik aan die VOC se voorwaardes en opdragte.
Die eerste bevelvoerders aan die Kaap was dus Kommandeurs wat aangestel was deur die VOC, Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. 1652 tot 1691 was Kommandeurs in beheer n Kaap die Goeie Hoop.
GOEWERNEUR
Sedert 1691 is die rang verhoog na díe van ‘n Goewerneur. ‘n Goewerneur is ‘n regeringshoof van n staat, provinsie of departement met baie verpligtinge en verantwoordelikhede, maar ook met baie mag.
KOMMANDEURS AAN DIE KAAP
Tydens die bewind van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie aan die Kaap is, tot 1691, ‘n kommandeur as bevelvoerder van die Kaap aangestel. Vanaf 1691 is ‘n goewerneur as bevelvoerder aangestel. Vanaf 1792 is ‘n kommissaris-generaal as bevelvoerder aangestel.
- 1652–1662: Jan van Riebeeck
- 1662–1666: Zacharias Wagenaer
- 1666–1668: Cornelis van Quaelberg
- 1668–1670: Jacob Borghorst
- 1670–1671: Pieter Hackius (ook goewerneur)
- 1672–1672: Albert van Breugel (waarnemend)
- 1672–1676: IJsbrand Godske (goewerneur)
- 1676–1678: Johan Bax van Herenthals (goewerneur)
- 1678–1679: Hendrik Crudop (waarnemend)
- 1679–1691: Simon van der Stel (ook Goewerneur)
1. DIE EERSTE KOMMANDEUR / VOLKSPLANTER
Jan van Riebeeck
1652-1662
Volksplanter / Halfwegstasie / Fort
Jan van Riebeeck (Johan Anthoniszoon Van Riebeeck) is gebore 21 April 1619 Culemborg Nederland. Sy pa was ‘n dokter.
Jan het homself bekwaam as ‘n dokter en het aanvanklik gewerk as ‘n doktersassistent.
1649 trou hy met Maria de la Quellerie.
Jan Van Riebeeck volg later ‘n loopbaan in die handelswese. 1648 word hy vanaf Viëtnam teruggeroep Nederland toe. Op sy reis tel die skip waarmee hy gereis het die bemanning van die gestrande Haarlem op. Hierdie manne lewer ‘n gunstige verslag aan die VOC oor die moontlikhede aan de Kaap.
Die VOC stuur Jan van Riebeeck Kaap die Goeie Hoop toe om daar ‘n handelspos te vestig.
6 April 1652 land Jan van Riebeeck aan die Kaap om hierdie moeilike taak as kommandeur aan te pak.
Mei 1662 verlaat hy weer die Kaap om ‘n pos in Batavia te aanvaar. Oorlede in Batavia.
2. DIE TWEEDE KOMMANDEUR – kunstenaar / Skrywer / Bouer
Zacharias Wagenaar
1662-1666
Eerste waterwerke (Wagenaar Reservoir) / Bou hospitaal, kerk en skool / Begin bou aan Kasteel.
Zacharias Wagenaar is 10 Mei 1614 in Dresdan Duitsland gebore.
Trou in 1648 met Maria Auxbrebis.
Hy publiseer ‘n boek met 109 sketse oor die Fauna en Flora van Brasilië.
Zacharias tree in diens van die VOC en bewys homself as n ‘uitstekende administrateur.
6 Mei 1662 volg Zacharias Wagenaar vir Jan van Riebeeck op as Kommandeur aan die Kaap.
Hy bou ‘n hospitaal, kerk en ‘n skool en ook die eerste waterskema, die Wagenaar Reservoir wat vandag nog sigbaar is in die Goue akker-winkelsentrum in Kaapstad.
27 September 1666 keer hy terug na Batavia.
Oorlede 1668 in Amsterdam. Hy laat volgens sy testament geld na vir die armes in die Kaap.
3. DIE DERDE KOMMANDEUR – Bosbewaarder
Cornelis van Quaelberg
1666 -1668
Begin met bosbewaring / Bestuur verhoudings met ander bevolkingsgroepe
Ongewild onder die Vryburgers / ‘n Fout lei tot sy afdanking
Cornelis van Qualberg is 1623 in Amsterdam gebore. Getroud met Maria de With.
1666 word hy deur die VOC aangestel om Z Wagener op te volg as Kommandeur aan die Kaap. Sy seeries na die Kaap was rampspoedig. Die reis het 9 maande geduur en 112 van die 298 bemanning het ter see gesterf. Wagenaar, een van die enigste 10 wat nie siek was nie.
Met C van Quaelberg se aankoms aan die Kaap was daar groot meningsverskille tussen hom en sy voorganger, Wagenaar, voor Wagenaar se vertrek na Batavia.
Van Quaelberg was uiters ongewild aan die Kaap want die vryburgers en plaaslike bevolking het hom as ‘n tiran en onderdrukker ervaar.
Van Quaelberg het die eerste stappe geneem tot bosbewaring in Suid-Afrika toe hy ‘n verbod op willekeurige en ongemagtigde houtkappery geplaas het.
Van Quaelberg het ‘n groot fout begaan wat gelei het tot sy afdanking in 1668. Hy het die Franse Admiraal/ Onderkoning en sy vloot in die Kaap ontvang , hulle onthaal en hulle toegelaat om hulle beskadigde vloot te herstel met vooraad uit die Kompanjie se stoor. Die vloot was juis beskadig in gevegte teen die Engelse. C van Quaelberg was onbewus daarvan dat die Franse vyandig was en in ernstige kompetisie met die VOC was.
Van Quaelberg het eers bewus geword van sy afdanking toe sy opvolger, Borghorst, met ‘n VOC brief in die Kaap opgedaag het.
Hy is later weer in diens geneem deur die VOC waar hy groot roem en sukses behaal het.
Cornelis van Quaelberg is 1687 in Batavia oorlede.
4. VIERDE KOMMANDEUR – veeboer
Jacob van Borghorst
1668 – 1670
Ontdekkingsreise na die binneland / Verken die kus / Moedig graanboerdery aan / Afgetredene / Sieklik
Min inligting is oor Jacob van Borghorst bekend.
Hy begin reeds in1643 werk vir die VOC.
1664 tree hy af in Colombo en keer per skip terug na Nederland. Hierdie handelsvloot het aan die Kaap aangedoen om voorraad aan te vul. Die Tweede Anglo-Nederlandse Oorlog breek uit en die handelsvloot gaan skuil met sy kosbare vrag in Noorweë ,in die hawe Bergen, ’n neutrale hawe.
Die Engelse vloot keer wel die handelsvloot in Bergen vas, maar word verslaan in die Slag van Bergen.
Tydens die verdere vaart word die skip waarop Borghorst gereis het onderskep. Bergen verloor hierdeur sy hele rykdom, agt sakkies vol edelgesteentes wat hy om sy nek gedra het. Dit noop hom om weer in diens van die VOC te tree.
1667 word hy aangewys as Vierde Kommandeur aan die Kaap. Borghorst het sy eie veeboerdery bedryf. Hy het ‘n pyplyn aangelê vanaf Wagenaer se reservoir na die hawe. Borghorst het die kus verken en ontdekkingstogte na die binneland onderneem
Vroeg in sy amp het hy aansoek gedoen om sy ontslag aangesien sy gesondheid swak was en meeste van sy take noodgedwonge deur amptenare gedoen was. 1670 vertrek hy terug na Nederland.
5. DIE VYFDE KOMMANDEUR – Immigrasie
Pieter Hackius
1670 – 1671
Moedig immigrasie vanaf Holland aan.
Bejaard / Sieklik
Sterf aan die Kaap / Begrawe in die onvoltooide Kasteel.
1670 word Pieter Hackius as vyfde Kommandeur in die Kaap aangestel. Hackius was al redelik oud en ook sieklik en sy sekundes moes baie van sy werk doen.
Die VOC het nou die Kaap as ‘n permanente nedersetting beskou. Immigrasie vanuit Nederland is aangemoedig. Leeus en luiperds het ‘n groot probleem geword, aangesien hulle die veekuddes bly aanval het. Hiënas het lyke in die begraafplaas opgegrawe. Planne is gemaak om hierdie roofdiere te verminder.
November 1671 is Pieter Hackius in die Kaap oorlede en hy is begrawe in die onvoltooide kasteel op die plek waar later ‘n kerk ingerig sou word.
6. DIE SESDE KOMMANDEUR – Waarnemend
Albert van Breugel
April 1672 – Oktober 1672
Koopman en Sekundes 1672, Tweede in bevel in Kaap
Waarnemende Kommandeur / Vertrek na Batavia
Albert van Breugel is in 1672 aangestel om waarnemend op te tree as Kommandeur van die Kaap.
Vir 8 maande het hy die pos beklee tot Ijsbrand Goske oorgeneem het.
Groske het Van Breugel aangekla dat hy die administrasie en finansies nie reg hanteer het nie.
Van Breugel is na Batavia gestuur hangende ‘n ondersoek, maar word vrygespreek.
Hy word weer aangestel in ‘n pos in Batavia, maar bedank weens sy swak gesondheid.
Van Breugel sterf in 1687.
Albert van Breugel is in 1687 oorlede.
7. DE SEWENDE KOMMANDEUR – Waarnemend
Hendrik Crudop
1678 –1679
Waarnemend / Deeglike administrasie en bestuur
Vertrek na Batavia
Hendrik Crudop het reeds in 1667 in die Kaap aangekom waar hy verskillende posisies met sukses beklee het en die vorige Kommandeurs Borghorst en Van Quaelberg bygestaan het in bestuur en administrasie.
1672 sluit hy twee grondooreenkomste met die Khoi Stamme
Junie 1678 is hy as waarnemende Kommandeur in die Kaap aangestel, ‘n pos wat hy tot Oktober 1679 suksesvol beklee het.
1680 word hy verplaas Batavia toe in senior poste. 1691 is Hendrik Crudop in Indonisië oorlede.
8. DIE AGTSTE KOMMANDEUR – Wingerdbou
Simon van der Stel
1679 -1691
Wynbou / Franse Hugenote/ Woon in Kasteel / Constantia / Stellenbosch / Simonstad / Simonsberg
Tree af na 20 jaar diens
Simon van der Stel is in 1639 gebore as die seun van ‘n VOC Amptenaar. Die eerste paar jare van sy lewe het hy in Mauritius deurgebring.
Hy trou met Johanna Six.
1679 word Simon van der Stel aangestel as agtste Kommandeur van die Kaap. Sy vrou het hom nie gevolg Kaap toe nie en hulle het mekaar nooit weer gesien nie.
1691 word hy bevorder tot Goewerneur ‘n pos wat hy beklee tot sy aftrede in 1699.
Van der Stel het in die voltooide Kasteel gewoon tot hy na sy herehuis op Constantia verhuis het (1691). Constantia was die plaas wat die Here XVII aan hom gegee het as beloning vir sy goeie diens. Op sy plaas Constantia het hy wingerde aangelê en wyn geproduseer, hy was een van die vaders van Suid-Afrikaanse wynbou.
Na 20 jaar diens aan die Kaap tree hy af in 1699.
Oorlede 1712 op sy plaas Constantia en begrawe in de Groote Kerk in Kaapstad.
GOEWERNEURS AAN DIE KAAP
- 1691–1699: Simon van der Stel
- 1699–1707: Willem Adriaan van der Stel
- 1707–1708: Johannes Cornelis d’Ableing (waarnemend)
- 1708–1711: Louis van Assenburg
- 1711–1714: Willem Helot (waarnemend)
- 1714–1724: Lt.kol. Maurits Pasques de Chavonnes
- 1724–1727: Jan de la Fontaine (waarnemend)
- 1727–1729: Pieter Gysbert Noodt
- 1729–1737: Jan de la Fontaine (waarnemend)
- 1737–1737: Jan de la Fontaine
- 1737–1737: Adriaan van Kervel
- 1737–1739: Daniël van den Henghel (waarnemend)
- 1739–1751: Hendrik Swellengrebel
- 1751–1771: Ryk Tulbagh
- 1771–1774: Joachim van Plettenberg (waarnemend)[1]
- 1774–1785: Joachim van Plettenberg
- 1785–1791: Cornelis Jacob van de Graaff
- 1791–1792: Johannes Izaac Rhenius (waarnemend)
- 1792–1793: Sebastiaan Cornelis Nederburgh en Simon Hendrik Frijkenius (kommissaris-generaal)
- 1793–1795: Abraham Josias Sluysken (kommissaris-generaal)
1. Ijsbrand Godske
1672 – 1676
Ondersoek na geskikte perseel vir Kasteel / Oorlog teen Engeland – Kaap behou vir Nederland / Stig Weeskamer om na weeskinders om te sien.
2. Johan Bax van Herenthals
1676 – 1678
Hardwerkend / Landbou en veeteelt / Invoerregte
3. Simon van der Stel
1691 – 1699
Verhuis na Constantia / Wingerde en Wyn
4. Willem Adriaan van der Stel
1699 – 1707
Uitstekende Veeboer / Vergelegen / Ongewild onder Vryburgers / Onregverdig en Nalatig in Bestuursake / Klagskrif van Adam Tas / Heftige optrede teenoor ontevredenes / Na ondersoek ontslaan as Goewerneur.
5. Johannes Cornelis D’Ablein
1707-1708
Waarnemend / VOC ondersoek klagtes en ongeruimdhede teen Willem van der Stel /1708 aangestel as sekundus van volgende Goewerneur.
6. Louis van Assenburgh
1708 – 1711
Kalmeer onstuimige gemoedere aan die Kaap / Stop smokkelary / Verbeter gesondheidsorg / Moedig vermaak aan / Sterf in die Kaap
7. Willem Helot
1711 – 1714
Eerste Pokke Epidemie aam die Kaap / Geskors in 1714 / Terug na Nederland 1715
8. Maurits Pasques de Chavonnes
1714 – 1724
Militêre vooruitgang / Reguleer plgte van die garnisoen / Stel uniform vir soldate in / Instruksies vir onderhoud van gewere en ammunisie / Fortifiksie van kuslyn.
9. Pieter Gysbert van Noodt
1727 – 1729
Veroorsaak ernstige konflik / Gehate goewerneur / Veglustige tiran / Behandel burgers en soldate onregverdig / Onderdruk met wreedheid ñ opstand / Dood in sy stoel aangetref.
10. Johan de la Fontaine
1730 – 1737
Verdere buiteposte / Brei Kaapse Nedersetting verder uit na die binneland / Verklaar Mosselbaai as VOC-baai / Proklameer Groot Brakrivier as oosgrens van die Kaap / Keer terug na Nederland.
11. Adriaan van Kervel
1737 – 1737
Slegs 3 weke Goewerneur, sterf na kort siekbed / Gee toestemming en verskaf lewensmiddele aan eerste Protestantse sendeling, George Schmidt, om sendingwerk te doen by Riviersonderend.
12. Daniël van den Henghel
1837 – 1739
Verkiesingstwis tussen Hendrik Swellengrebel en Van Henghel / Beswaar oor uitslag van verkiesing / Na die lot gewerp is word Van Henghel aangestel as Goewerneur/ Die Here XVII keur hierdie aanstelling af, Swellengrebel word as Goewerneur aangestel en Van Henghel weer as Fiskaal
13. Hendrik Swellengrebel
1739 – 1751
Bekwaam / Eerste en enigste Goewerneur wat in Kaap gebore was / Voeg nuwe distrikte by / Vertrek na Nederland
14. Ryk Tulbagh
1751 – 1771
Vader Tulbagh / Geliefd / Ervare Goewerneur / Aanpassings aan Weekdewette / Beleef 2 Pokke- Epidemies 1755 en 1767 / Groot belangstelling in plant- en dierkunde / Eerste biblioteek in die Kaap / Tulbagh Kode – Slawewette wat lot van slawe verbete het / Instel van openbare dienste soos skoonmaak en herstel van paaie.
15. Pieter van Rheede van Oudtshoorn
1772
Grondbaron / Fiskaal in Kaap 1741 – 1762. / Sekundes 1760 -1766 / Keer terug na Nederland in 1766 sonder sy gesin / 1772 stel VOC Baron Pieter as Goewerneur aan / Hy sterf ter see op pad na die Kaap
16. Joachim van Plettenberg
1771 – 1785
Reis deur kolonie en besoek al 47 buiteposte / Rig die Plettenbergbaken op 1778, noem die baai Plettenbergbaai / Stel grense van Kaap opnuut vas / Onderhandel met Xhosakonings /
Grense wat nie gehandhaaf word nie lei tot die Eerste Grensoorlog 1779 – 1781 / Kaapse burgers kom in opstand teen bewind van VOC, Vryburgers wat min seggenskap het / Kaapse Patriotte stuur ñ geskrif Nederland toe waarin wanpraktyke blootgestel word / Plettenberg bedank, maar word versoek om aan te bly weens oorlog teen Brittanje 1780 / Wolraad Woltemade 1773 / Van Plettenberg keer terug na Nederland.
17. Cornelus Jacob van de Graaff
1785 – 1791
Getaak om kalmte en tevredenheid onder burgers in Kaap te bewerkstellig / Groot vetanderings aan Kaap se verdedigingstelsel / Stig distrik Graaff-Reinet / Ekonomie aan Kaap verswak /Vsn de Graaff lewe luuks en weelderig / Kaapse Patriotte stuur ñ afvaardiging na Nederland om saak van Kaapse burgers te stel / Kommissie word Kaap toe gestuur om ondersoek in te stel / Bevind Goewerneur oorskry sy bevoegdhede en geldsake aan Kaap benard / 1790 word Van de Graaff herroep en alle militêre arbeid in Kaap word gestaak / Keer terug na Nederland.
18. Johan Isaac Rhenius
1791 – 1792
Poswese/ Waarnemende goewerneur / 1792 terug in amp as Sekundes / 1795 tydens Britse Bewind aan die Kaap bly Rheunius aan in die regering / 1792 vestig eerste Poskantoor aan die Kaap / 1803 toe Kaap oorhandig is aan die Betaafse Republiek verlaat Rhenius die Kaap en vestig hom in Duitsland.
KOMMISSARIS AAN DIE KAAP
1 en 2.
Sebastiaan Cornelis Nederburg
Simon Hendrik Frijkenius
1791 – 1793
Ekonomie in Kaap in krisis / Nederburg en Frijkenius na Kaap gestuur om deeglik ondersoek in te stel en toestande te verbeter / Besnoei uitgawes / Skaf ampte af / Vermeerder amptenare se take / Onderdruk sluikhandel / Stel nuwe belastings in / Laat vryhandel met eie skepe toe / Rig eetste bank op / Moeilik om vetanderings en verbeterings aan te bring / Groot ontevredenheid onder burgers / Beide vertrek na Batavia
3. Abraham Josias Sluysken 1793 – 1795
Laaste bevelvierder aan Kaap tydens VOC bewind /
Tyd van opstand / Verset / Oorlog / Oorgawe
Dreigende en moeilike omstandighede / Burgers ontevrede en in opstand oor hervormingsmaatreëls / Buitedistrikte verwerp Kompanjie se gesag.
Europa in oorlog /Die Kaap is kwrsbaar.
Britte val Muizenberg aan / verslaan verdedigers van Kolonie/ Oorgawe aan Brittanje 16.9.1795.
Eerste Britse besetting
- 1797–1798: George Macartney
- 1798–1799: Francis Dundas (waarnemend)
- 1799–1801: George Yonge
- 1801–1803: Francis Dundas (waarnemend)
Bataafse Republiek-tydperk
- 1803–1804: Jacob Abraham de Mist
- 1803–1806: Lt.genl. Jan Willem Janssens
Tweede Britse besetting
- 1806–1807: David Baird (waarnemend)
- 1807–1807: Henry George Grey (waarnemend)
- 1807–1811: Du Pré Alexander, graaf van Caledon
- 1811–1811: Henry George Grey (waarnemend)
- 1811–1814: John Cradock
- 1813–1814: Robert Meade (waarnemend vir John Cradock)
Britse kolonie
Goewerneurs
- 1814–1826: Charles Somerset
- 1820–1821: Sir Rufane Donkin (waarnemend vir Charles Somerset)
- 1826–1828: Richard Bourke (waarnemend)
- 1828–1833: Galbraith Lowry Cole
- 1833–1834: Thomas Francis Wade (waarnemend, vanaf 1834 vir Benjamin D’Urban)
- 1834–1838: Benjamin D’Urban
- 1838–1844: Sir George Thomas Napier
- 1844–1847: Peregrine Maitland
- 1847–1847: Henry Pottinger
- 1847–1852: Harry Smith
- 1852–1854: George Cathcart
- 1854–1854: Charles Henry Darling (waarnemend)
- 1854–1861: George Grey
- 1859–1860: Robert Wynyard (waarnemend vir George Grey)
- 1861–1862: Robert Wynyard (waarnemend)
- 1862–1870: Philip Wodehouse
- 1870–1870: Charles Craufurd Hay (waarnemend)
- 1870–1877: Henry Barkly
- 1877–1880: Henry Bartle Frere
- 1880–1880: Henry Hugh Clifford (waarnemend)
- 1880–1881: George Cumine Strahan (waarnemend)
- 1881–1889: Hercules Robinson
- 1881–1881: Lycester Smythe (waarnemend vir Hercules Robinson)
- 1883–1884: Lycester Smythe (waarnemend vir Hercules Robinson)
Bronne en foto’s: Wikipedia. FAK Kultuurnetwerke Suid.