Voortrekkermonument / Pretoria / Klipstapel 1938 / 5 bome /

Die klipstapel oos van die Voortrekkermonument is waarskynlik enig in sy soort in Suid-Afrika.

Tydens die Hoeksteenlegging in 1938 is duisende klippe van oral in die land na die terrein gebring.

Die Sentrale Eeufeeskomitee het op elke mens wat die Hoeksteenlegging sou bywoon, ‘n beroep gedoen om ‘n klip van sy erf, dorp of plaas saam te bring om op hierdie klipstapel te plaas.

Die klippe kon selfs gepos word na die volgende adres: Uniewinkels Monumentkoppie Pretoria

Bron: Erfenisstigting Facebook

Foto: Louna Bisscoff Coetzee 2021

Klipstapel 1938

5 Bome 1963

Voortrekkermonument Pretoria

1938 KLIPSTAPEL

Die klipstapel oos van die Voortrekkermonument is waarskynlik enig in sy soort in Suid-Afrika.

Tydens die Hoeksteenlegging in 1938 is duisende klippe van oral oor die land na die Voortrekkermonument se terrein gebring.

Die Sentrale Eeufeeskomitee het op elke mens wat die 1938 Hoeksteenlegging sou bywoon, ‘n beroep gedoen om ‘n klip van sy erf, dorp of plaas saam te bring om op hierdie klipstapel te plaas.

Die klippe kon selfs gepos word na die volgende adres: Uniewinkels Monumentkoppie Pretoria

14 tot 16 Desember 1838 het derduisende mense klippe saamgebring, ook op die Monument terrein opgetel en hier op ñ stapel kom pak. Die klippe is binne ñ ringmuur op ñ sementblad gepak en later toegemessel.

Die aanvanklike gedagte was om op hierdie spesifiek plek ñ model te bou van die Geloftekerk in Pietermaritzburg, maar dit het nooit gerealiseer nie.

Die klippe moes simbolies voorstel dat die Afrikaner nog steeds sy erfenis waardeer en bewaar en as ñ simbool van die Afrikaner se hunkering na Volkseenheid.

DIE 5 BOME 1963

Desember 1963 het ATKV 5 bome om hierdie klipstapel by Voortrekkermonument laat plant.

Geplant rondom die klipstapel in die vorm van die Kasteel in Kaapstad.

Die 5 bome simboliseer die Afrikaner Volk se groeikrag .

Die 5 bome is geplant deur verteenwoordigers van die land se 4 provinsies en Suidwes-Afrika.

Suidwes-Afr Anaboom

Kaapprov Geelhoutboom

Natal Koraalboom

Vrystaat Olienhoutboom

Transvaal Witstinkhout

2014 is hierdie bome ondersoek en daar is bepaal dat boomsoorte as volg is.

Anaboom: Apiesdoring

Geelhout: Breërivier Geelhoutboom

Koraalboom: Natalse Kuskoraal

Witstinkhoutboom: Australiese Blinkblaar Witstinkhout.

Grafstene

Teen die omringende muur rus ñ paar baie ou grafstene van nasate van Groot Trek Voortrekkers. Die grafstene is hierheen gebring om te red en te bewaar.

Bron: Internet.

Erfenisstigting Facebook Voortrekkermonument

Foto’s: Erfenisstigting.

Louna Bisscoff Coetzee 2021

Gys Ströh snr Junie 2023

Nicky Jansen van Vuuren

Samesteller: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae