Tafelbaai / Kaap van Storms / 8 skepe vergaan / 1737

21 Mei 1737

Tafelbaai

Kaap van Storms

8 skepe vergaan.

“1737. (John Roderick)

(Die Kaap van storms.)

ń Tragiese dag in Tafelbaai.

Die Soutrivier, nie ver van Tafelbaai, is op hierdie dag die stille getye van die stranding van agt skepe.

Die skepe, Ypenroode, Goudriaan, Paddenburg, Westerwyk, Buys, Duynbeek, Roodentys asook die Victoria was op hierdie dag van hul anker toue los geskeur en het vergaan.

Slegs die Papenburg, en die Goede Hoop het die storm oorleef.

Tweehonderd en agt man, uit ń totaal van 739 het in een nag omgekom.

Die totale vrag waarde van die skepe was bereken op R320 000.”

Vroeg die volgende oggend was plakkate uitgegee wat die publiek verbied het om by die strand te kom.

Vier man het dit egter gewaag, en het van die vrag gesteel.

Hul was op heter daad betrap en summier gehang. Hul lyke het etlike dae in die openbaar bly hang.

https://m.facebook.com/…/21-mei…/10157889209073645/

TAFELBAAI

Tafelbaai was nie altyd ń veilige hawe om te anker nie.

Gedurende die wintermaande kan die suidooster lewensgevaarlike storms veroorsaak.

“Die Kaapse kus het altesaam 56 VOC skepe geëis. 33 hiervan het vergaan in Tafelbaai (die gebied wat van Mouillrpunt tot Milnerton strek en Robbeneiland insluit), waarvan byna almal (28) gedurende noordwestelike storms in die winter. Net 5 het gedurende die somermaande verongeluk: een on digte mis, een teen ń rif, twee tydens suidwestelike storms en een in ń onseisoenale noordwestelike storm. Die meerderheid ( 21 uit 33 skepe) het by die mond van die Soutrivier gestrand, 7 naby die kasteel, 3 in die baai, 1 teenoor Rietvlei en 1 by Robbeneiland.

5 was Kaapse skepe, 11 was uitvarend en 17 tuisvarend. In laasgenoemde gevalle het nie net die skip in die slag gebly nie, maar ook die winsgewende Oosterse vrag wat met soveel moeite, onkoste en kewensverlies bekom is. 16 van bg 33 skepe is in net 2 geweldige storms uitgewis. In die winter van 1722 is 7 skepe in een storm en in die winter van 1737 is 8 uit 9 retoerskepe op een slag verloor. ” Die VOC aan die Kaap. Con de Wet e.a.

STRANDJUTTERY

Nuus van ń skipbreuk het gou verprei en mense het selfs van buiteposte en plase gestroom na die ramptoneel.

Strandjuttery was ń groot probleem en as ń ernstige misdaad beskou.

Die eerste plakkaat daarteen is in Januarie 1692 uigevaardig. Persone wat betrap word met enige wrakgoed wat nie aan die goewerneur verkla is nie, sou lyfstaf ontvang.

Amptenare, burgers en slawe het egter voortgegaan met díe misdaad en selfs wagte kon hulle nie keer nie.

Junie 1722 met die verwoestende storm se skade is die plakkaat hernu. Alle goedere moes binne 48 uur ingelewer word of hulle sal lyfstraf kry of opgehang word. Wagte sal dubbel gestraf word. Almal, “man, wijf, kind, soldaat, matroos of slaaf”, is voortaan verbied om op strand te kom.

Later is nuwe reëlings per plakkaat bekend gestel ter regulering van mense se take, teenwoordigheid en optrede tydens strandings.

3 Julie 1828 het goewerneur Noodt afgekondig dat pale op die strand by die ramptoneel van die skepe Middenrak en Stabroek opgerig moes word waaraan mense summier sonder verhoor opgehang moes word. Soldate mag ook vlugtendes terstond skiet. Hierdie reëling het tot aan die einde van die VOC-bewind gegeld.

Na die storm van Mei 1737 waartydens byna die hele retoervloot met sy vol Oosterse vrag uitgewis is, is die plakkate hernu sodat almal weereeens kennis daarvan kon dra. Tog is 4 rowende slawe die nag betrap, verhoor deur die Raad van Justisie, aan die galg op die strand tereggestel en ter afskrikking paar dae daar laat hang.

TAFELBAAI VERBODE TYDENS WINTERMAANDE

Tafelbaai verbode hawe tydens wintermaande

15 Junie 1722 het 6 skepe gelyktydig vergaan: Amie, Lakenman, Zoetigheid, Schotse Lorrendraaier, Rotterdam en Standvastigheid.

3 Julie 1728 vergaan Stabroek en Middenrak tydens so ń storm.

21 Mei 1737 vergaan 8 skepe hier in Tafelbaai: Lepenrode, Flora, Paddenburg, Buis, Duinbeek, Goudriaan, Rodenrijs en Westerwijk.

1742 word skepe verbied om tussen 15 Mei en 15 Augustus in Tafelbaai te anker. Skepe moes in Valsbaai anker.

1894 word hierdie tydperk verleng vanaf 10 April tot 1 September

Die gebruik van die beskutte Simonsbaai sedert 2743 het die skeepsrampe drasties laat verminder.

Anders as vir VOC-skepe het niks vreemde skepe verbied om in wintermaande in Tafelbaai te anker nie en van hulle het ook gestrand.

Amptenare was baie besorg oor die vrag en het min gedoen om lewensverlies te beperk en die plakkaat wat onbetrokkenes op strand verbied het, het ook hulp aan skipbreukelinge verhoed.

TAFELBAAI VOC

Tafelbaai VOC https://www.vocsite.nl/geschiedenis/handelsposten/kaap.html

De Tafelbaai was niet altijd een veilige plaats om te ankeren. In de wintermaanden kon door noordwester stormen de baai levensgevaarlijk zijn. Pas in 1742 kwamen er voorschriften. Maar daarvoor moesten wel eerst op 15 juni 1722 zes schepen (Amie, Lakenman, Zoetigheid, Schotse Lorrendraaier, Rotterdam en Standvastigheid) gelijktijdig vergaan. En op 3 juli 1728 vergingen tijdens zo’n storm de Stabroek en Middenrak. Toen vond men het toch tijd om andere geschikte havens te vinden maar echte maatregelen werden nog niet genomen. Zo kon het gebeuren dat op 21 mei 1737 maar liefst acht schepen op de thuisreis verloren gingen in de Tafelbaai (Iepenrode, Flora, Paddenburg, Buis, Duinbeek, Goudriaan, Rodenrijs, Westerwijk), een verlies van meer dan een miljoen gulden aan goederen. In 1742 werd uiteindelijk het gebruik van de Tafelbaai verboden tussen 15 mei en 15 augustus. In die periode moest gebruik worden gemaakt van Valsbaai ten oosten van de Kaap. Vanaf 1794 werd de periode waarin de Tafelbaai verboden gebied was verlengd van 10 april tot 1 september.

Maak 'n opvolg-bydrae