Loskopdam / Hand Monument / Loskopdamwal / Mpumalanga / Groblersdal

Loskopdam

Hand Monument

Loskopdamwal

Mpumalanga Groblersdal

LOSKOPDAM HAND MONUMENT

Vlak langs die wal van die Loskopdam (parkeringarea) staan hierdie besonderse monument.

ń Granietbeeld van ń uitgestrekte hand, ń ruwe hand.

Die Woorde op die Monument treffend:

Ń NASIE WAT WIL

EN Ń NASIE WAT WERK,

SAL DIE VRUG IN SYNAKROOS PLUK.

HULDEBLYK AAN

DIE AFRIKANERS

WAT HUL SWEETHIER LAAT VAL HET.

RAPPORTRYERS

1972 het die Rapportryers van Groblersdal besluit om ń monument ter ere van die arbeiders wat die Loskopdam met die hand gebou het, met pik en graaf, fisiese harde hande arbeid.

ONTWERP

Die Rapportryers besluit op ń ruwe hand, uit graniet.

Meneer Danie van Wyk snr,, grafsteenmaker van beroep, later burgemeester en dorpraadslid van Groblersdal, word gevra om die Monument te maak.

Na vele oorwegings, besluit hy om sommer sy eie hand as model te gebruik, kenmerkende kort vingers soos in familie (soos vertel deur sy seun Danie van Wyk jnr).

Danie van Wyk snr: “Ek is nie ń beeldhouer nie, en ek het gevind om so ń hand te maak is nie kinderspeletjies nie”

Die graniet van die Monument kom uit Groblersdal-area.

SIMBOLIEK

Die hand is simbolies vir die rol wat die Afrikaners gespeel het in die bou van die Loskopdam en die ekonomiese ontwikkeling van die Limpopo Vallei.

EERSTE ONTHULLING

10 Oktober 1973 onthul Dr AP Treurnicht die beeld tydens die Rapportryers se 21ste herdenking.

Die verrigtinge word gelei deur Mnr DN Botha, stigtersvoorsitter van die Rapportryers.

MONUMENT IN VEILIGE BEWARING

1975 word die besluit geneem om die damwal te verhoog.

Die Monument word verwyder en aan Mnr Danie van Wyk gegee vir veilige bewaring.

Die damwal word verhoog in die vroeë tagtiger jare.

TWEEDE ONTHULLING

18 Mei 1983 word die Hand Monument weer onthul deur die Rapportryerkorps van Groblersdal en Marble Hall.

OMHEINING

Vandale en graffiti skrywers (Gekke en dwase skryf hul name op mure en glase) veroorsaak groot skade en noodsaak die omheining en skoonmaak van die beeld.

Tans is Hand Monument netjies en redelik beskerm.

Die skrif ongelukkig baie dof.

Onthou die woorde: Ń NASIE WAT WILEN Ń NASIE WAT WERK,SAL DIE VRUG IN SYNAKROOS PLUK.HULDEBLYK AANDIE AFRIKANERS WAT HUL SWEETHIER LAAT VAL HET.

Bronne: Internet. Middelburg Observ

Foto;s: Gys Snr 2022

Maak 'n opvolg-bydrae