Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 6 / Die Groot Trek / Die Grootrivier

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 6

Die Groot Trek

1836

Die Grootrivier:

” Paul, Boetie, vandag is ek baie bang .Ons moet deur die Grootrivier trek. Hoe gaan ons daardeur kom? Die rivier is groot. Die rivier is breed en diep.”

“Fientjie, wees rustig. Die osse is sterk en kan ook mos swem. Ons gaan die wa op houte deursleep daar waar die rivier nie so baie diep is nie.”

“Paul, ek gaan nat word. Ek gaan in die water val en wegspoel. Kyk hoe vinnig vloei die water!”

“Ag nee Fientjie, jy is mos nie meer ń babatjie nie. Klim op die wa en hou styf vas. Hier gaan ons. Vat vas my ossies, vat vas! Swem my ou perd swem. Kyk, ons is amper deur! Amper uit die Kaapkolonie. Daar wag die Vrystaat.

Swem ossies! Trap vas!”

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae