Johanna van der Merwe – Rouxville / Bloukransmoord

Bloukransmoord

16/17 Febr 1838 een van oorlewendes van Bloukransmoord. Herbegrawe gedurende die Simboliese Ossewatrek 1938 in die NG Kerkhof Rouxville.

Haar naam was Johanna van der Merwe en vir die meeste mense beteken dié naam vandag nie veel nie, maar as 12-jarige meisie wat die Groot Moord by Bloukrans in 1838 oorleef het, is Johanna van der Merwe en ander soos sy, helde wie se verhale onthou moet word.

Een van die grootste nagmerries in die geskiedenis van Suid Afrika het plaasgevind 16 Februarie 1838 by Moordspruit en Bloukrans. Houtgeruste burgers het verspreid van mekaar in hulle waens gewag vir die terugkeer van Piet Retief en sy manne wat met Dingaan gaan onderhandel het vir grond om hulle te vestig. Hulle is onverhoeds oorval deur duisende Zoeloes en voor die voet bloedig vermoor.

Die 12 jarige Johanna het geslaag om te ontvlug tydens die aanval op die Van der Merwe laer en het na die Prinsloo laer gevlug maar ongelukkig is hulle daar ook oorval.

Betta de Beer, Johanna en ‘n Prinsloo meisie het in ‘n doringboom geskuil, maar is met ligdag verraai deur druppende bloed uit die boom. Twee Zoeloes wat onder die boom deurgeloop het, het toe herhaalde assegaai steke na dogters en vrou in boom gesteek en Betta de Beer aan haar hare uit die boom gepluk. Tevrede dat almal dood is, het hulle die moordtoneel verlaat.
Johanna is die oggend ná die Groot Moord gevind waar sy onder die lyke van ander kinders geskuil het.(Ongeveer 20 lyke) Sy self het 24 assegaaisteke opgedoen. Die sirkelende aasvoëls het redders na haar toe gelei. Johanna was tot en met haar dood mank as gevolg van die aanval en is as ware heldin onthou.

Johanna is in Mei 1888 in distrik Rouxville oorlede, ná ʼn lang en vol lewe.
Een van die 1938 Simboliese Trek se waens is na haar vernoem.
Daar is selfs ñ duikboot na haar vernoem, maar die nuwe regering het in 1999 dit goedgedink om die naam ongevoelig te verander na Assegaai. Doe duikboot is tans ñ museum in Simonstad.

Maak 'n opvolg-bydrae