Jaco van Niekerk / Beeldhouer / Witkruismonument / Paardekraal / Trekroetetuin Standerton Ouma Swart

JACO VAN NIEKERK

Suid-Afrikaanse Kunstenaar

Beeldhouer

Hartbeespoort

(Bydrae ingestuur deur Kobie Ströh)

HERKOMS:

Joachim Herman van Niekerk (Jaco)

Gebore 3 Julie 1969 te Lichtenburg.

Die oudste van 4 kinders

Sy Ouers: Vader; Eric van Niekerk (Joachim Herman van Niekerk snr)

Moeder ; Linda Struwig (Haar moeder, Sy ouma Maria Louisa du Plessis). PG du Plessis was Jaco ouma se neef. Met navorsing oor ABO het Jaco gevind dat sy ma en pa se voorsate dieselfde tyd, in dieselfde konsentrasiekamp was. Voorwaar ń klein wêreld.

Jaco se Groot-grootouma is dood in die konsentrasiekamp te Kimberley. Sy was 31, verwagtend, het Duitse masels gekry en gesterf 3 Julie 1901. (Jaco is gebore 3 Julie 1969). Haar naam is op die gedenkmuur in Kimberley: M.L. du plessis. (Maria Louisa du Plessis, sy ouma se name.) Jaco beplan nog om vir haar ń beeld op te rig. Hopelik spoor hy eendag ‘n foto van haar op.

SKOOLJARE

St 6 en 7 woon Jaco ń Kunsskool In Pretoria by.

Sy gesin verhuis na Sasolburg.

St 8 tot Matriek is hy in Afrikaans Hoërskool Sasolburg. Neem daar Grafiese Kuns as vak. Die skoolhoof raai hom af om Aardrykskunde as vak te verruil vir Grafiese Kuns, maar Jaco is vasberade om Kuns as vak te neem.

Jaco van Niekerk staan gou as talentvolle kunstenaar uit. In Standerd 8, 9 en 10 wen hy die Wisseltrofee vir Kuns in die Skole Afdeling by Sasol se Landbou Skou. Hy is ook die algehele wenner in die Ope Afdeling (vir volwassenes) in sy Standard 10 jaar.

NA-SKOOL

Na matriek gaan werk hy vir ‘n paar maande in Godfieldsmyn.

Hy word opgeroep vir Weermagopleiding. Voltooi 2SAI basies, word toe na 5SAI verplaas.

Doen diens as Infanteris, Casspir drywer.

Later word Jaco aangestel as hoofkunstenaar by Media sentrum. Hy voltooi take soos Skilderye, Letterskilder, Sale volgens temas versier, Spesiale skilderye vir spesiale persone en geleenthede. Kry met sy uitklaar ‘n aanprysingsertifikaat van die bevelvoerder.

Jaco gaan studeer Kuns by Vaaldriehoek Technikon en verwerf die Nasionale Diploma Beeldende Kunste. (1991-1993)

Hy begin 1995 sy loopbaan as Kunstenaar.

Begin as beeldhouer/ontwerper by ń besigheid wat sementprodukte en plavleisel maak.

Vennootskap in 2 fabrieke.

Verhuis Kaap toe vir ń paar jaar. Voorsien 22 winkels daar met dekoratiewe bykomstighede.

Jaco bly deurentyds besig met kunswerke, veral die skilder van wildslewe.

ATELJEE OP HARTBEESPOORT

Jaco verhuis na Hartbeespoort, pragtige dorpie neffens die Hartbeespoortdam.

Met ń ryke geskiedenis en agtergrond van voorgeslagte in Konsentrasiekampe en Krygsgevangenes en intense belangstelling in geskiedenis en kultuur van die land en volk en die bewaring daarvan begin Jaco van Niekerk hier om militêre oorlogsgedenktekens en beelde te skep.

MILILTÊRE OORLOGS GEDENKTEKENS

Sedert 2016 begin Jaco om militere oorlogsgedenktekens en monumente te skep.

Vir hierdie uitsonderlike en kunstige beelde gebruik hy resin as medium en “cold-cast” brons.

Hy skep uitsonderlike beelde.

UITSONDERLIKE BEELDE deur JACO VAN NIEKERK

‘ n Paar voorbeelde van werke deur Jaco:

By Dicky Fritz Shell Hole/MOTHS (Edenvale, Johannesburg) staan reeds 4 beelde :

RLI Troepie

BSAP Patrol Officer

Rhodesian Engineers /Sapper en

SAW Infanterie Troepie

Ook ń borsbeeld van die stigter van die MOTHS by Dicky Fritz.

Ander Beeldevan Jaco van Niekerk is ook reeds by:

Paardekraal

Ouma Swart Standerton

Witkruismonument Pietersburg

Langs die Trekroete neffens die Voortrekkermonument skep hy o.a. replikas van die Bybelmonument, Bloukransmonument, die Kaalvoetvrou en Vegkop, asook oorspronklike nuwe beeldjies van die verlore Liebenbergkinders tydens die moorde by Liebenbergkoppie en van die kinderheld Dirkie Uys. Projek is nog nie voltooi nie, hou dop, daar kom nog heelwat kunswerke.

BEELDE NOG IN WORDING:

Jaco is tans besig met nog Monumentjies vir die Trekroetes langs die Voortrekkermonument : o.a. beelde van Gerrit Maritz, Piet Retief en Sarel Cilliers replikas. Ook ‘n Karel Landman replika.

BEELDE WAT BINNEKORT ONTHUL GAAN WORD:

Beelde wat binnekort onthul gaan word: Kommissie vir groot troepie beeld by Muur van herinnering, Voortrekkermonument. (Cold cast) bronze. Dit word 19 November 2022 onthul.

Ook ‘n Lewensgrootte Infanterie troepie gaan onthul word.

SIMBOLIEK

Daar is ryk sImboliek in elke beeld wat Jaco maak. Deeglike navorsing en beplanning word voor elke meesterstuk gedoen.

Simboliek van OUMA SWART beelde:

Kort beskrywing van die Ouma Swart beelde:

Hierdie dapper Ouma Swart wat te voet met haar kinders aangejaag is Standerton Konsentrasiekamp toe. Hier het sy 8 kinders begrawe. Die oorsaak van hulle dood word slegs as Siekte aangedui. Waarskynlik agv ingewandskoors wat ń epidemie was in hierdie kamp. Sy het soveel smart en lyding ervaar, maar het dapper na die ABO voortgebeur en weer 2 kinders in lewe gebring en ń vol lewe gelei.

Simboliek van Ouma Swart se beelde ,

Tipiese kleredrag van daardie tyd.

Ouma kyk vanonder haar kappie vorentoe, die toekoms in. Die smart en leed duidelik vasgevang in haar gesig. Die oë aangrypend.

Die seun kyk na die kindergraffies. Die gesigsuitdrukking vertel baie.

Ma en seun kyk in verskillende rigtings want hier skei hulle paadjies.

Die beelde is deur Jaco van Niekerk geskep en gegiet (cold cast bronze). Die beelde is nie blink gepoleer nie om ń swart, somber depressiewe stemming te skep.

Simboliek van WITKRUISMONUMENT

Witkruismonument

OORLEWING – Die Titel van hierdie beeld. Beeld die eindelose stryd van die Boerevolk aan die suidpunt van Afrika uit.

Die beeld echo ons oorlewingsdrang.

Die boer wat met vors die vyand aanvat.

Sy vrou en ongebore kind agter hom beskerm.

Dis ‘n hedendaagse man met sy 9mm pistool , vellies, breërand hoed wat hom beskerm teen die fel en ongenaakbare Afrika son.

Gebrei, soos sy voorsate hier. Gewikkel in oorloë teen oorheersing en die reg tot oorlewing.

Om jouself, gesin, volk en vaderland te beskerm. ń Universele reg.

Soos Anton van Wouw se burgers om oom Paul Kruger se beeld op Kerkplein Pretoria, wat vier verskillende era’s uit ons geskiedenis uitbeeld.

Die boer is ń hedendaagse burger met sy roer, hoed en vellies en sy kakhi klere.

Die vrou is kaalvoet, simboliek van ons formidabele volksmoeders wat gedreig het om eerder kaalvoet oor die Drakensberge te loop as om onder Britse oorheersing te staan.

Nie veel het verander sedert die Groot Trek en Bloukrans nie. Ons word nog steeds uitgemoor. Die Witkruismonument is die bewys en testament daarvan.

Soos met die Vegkop beeld en Sarel Cillers beeld sal ons met die wapen en Bybel en vaste geloof onsself beskerm – dit is ons reg.

Die man met krag en gewapen dui op fisiese paraatheid- Klaarstaan. ń Weermag term.

Die vrou knielend en hoof gebuig dui op die spirituele, biddend.

Sy ondersteun haar man en hou sy hand.

Met die ander hand beskerm sy haar ongebore kind. Haar weerloosheid in ń donker stryd. Maar ook ń belofte dat daar ń nageslag sal wees..om die oorlewingstryd voort te sit.

Ter nagedagtenis aan hul wat hul lewe verloor het, en die wat agterbly.

Ps 91-Ek sal nie bang wees nie.

Medium: Resin, geverf.

DANKIE

Dankie Jaco vir hierdie kosbare kunswerke en bydrae tot ons kultuur en visuele voorstelling van ons ryke geskiedenis.

Kontak Jaco gerus vir privaat kommissies en ook lewensgrootte beelde van wilde diere.

Bron: Facebook. Jaco van Niekerk.

Foto’s: Facebook . Internet. Lita Cross Fourie. Gys Ströh Snr.

Maak 'n opvolg-bydrae