Olietenkskip strand / Apollo Sea / Omgewingsramp aan Kaapse kus.

20 Junie 1994

20 Junie … 30 jaar gelede …

‘n Massiewe olietenkskip, Apollo Sea, van Panama wat aan ‘n Chinese maatskappy behoort het, het op 20 Junie 1994 naby Dassen-eiland aan die Kaapse weskus gesink en altesaam 36 bemanningslede het hul lewens verloor.

Olie wat in die see gestort het, het ‘n omgewingsramp meegebring en duisende seevoëls het gevrek. Strande tot by Kaapstad was met olie besmet en die bedreigde Afrika-pikkewyn se voortbestaan aan die weskus was in gevaar. Sowat 10 000 kon skoongemaak word, waarvan net die helfte oorleef het.

Die tenkskip het só vinnig gesink dat noodseine nie uitgestuur kon word nie. Destyds is die moontlikheid ondersoek dat die romp van vaartuig meegegee het.

Aanvanklik is vermoed dat die oliebesmeerde pikkywyne wat op die strande gekry is, besoedel was deur olie wat uit die wrak van nog ‘n super-olietenkskip, die Castillo de Bellver, gemors het.

Die Apollo Sea het 2 400 ton olie aan boord gehad.

(met erkenning aan Frikkie Wallis) Artikel deur Corney Stolz Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae