Vrede van Vereeniging 31 Mei 1902120 Jaar



Onderhandelingsterrein Vereeniging
ABO. 1899-1902
31 Mei 1902
Na ‘n biitere stryd van byna 3 jaar kom afgevaardigdes van die Vrystaat, ZAR en Brittanje in Vereeniging byeen om te onderhandel vir vrede: DIE VREDE VAN VEREENIGING







2 Vredesmonument Vereeniging
10 Oktober 1961 word die Vredesmonument of ook bekend as die Vryheidsmonument in Vereeniging onthul om die Vryheidstryd tydens die ABO te onthou











3. Witkop Blokhuis R59
Die Britte het die Verskroeide Aarde Beleid toegepas en al die plase en plaashuise afgebrand en die oeste en vee vernietig. Daarmee saam is die vrouens en kinders weggevoer na konsentrasiekampe waar haglike toestande geheers het
Die Burgers is gevange geneem en as Bannelinge na krygsgevangene kampe toe gestuur
Ten einde die beweging van die vegtende burgers te bekamp tydens die guerilla fase van die oorlog het die Britte die blokhuisstelsel toegepas. Duisende blokhuise is binne sigafstand van mekaar kruis en dwars oor die land gebou en verbind met doringdraad.
Witkop Blokhuis is een van die Vereeniging /Elandsfontein lyn

















4. Russiese Kerk Midrand Gedenkkapel
Monument opgerig ter nagedagtenis aan die Russiese soldate wat deelgeneem het aan die ABO










5. Melrose Huis
Die ABO kom tot ‘n einde met die ondertekening van die vredesverdrag by Melrose Huis; Die Vrede van Vereeniging was hier onderteken.














5. Voortrekkermonument Pretoria














6. Afsluiting by die Kruger Galery / Voortrekkermonument Pretoria









DANKIE
Dankie FAK Vaaldriehoek Kultuurnetwerk vir die geleentheid om die VREDE VAN VEREENIGING te herdenk
Dankie vir elke persoon wat saamgetoer en ingeval het langs die pad
Dankie vir al die kranse en ook die blommetjies (Freddie)
Dankie vir al die persone by die Russiese Kerk, Melrose Huis en die Voortrekkermonument wat ons so gul ontvang het
Dankie Midvaal vir die spesiale ontvangs by die Blokhuis
Dankie Russiese Ortodokse Kerk vir versnaperings
Dankie FAK vir die heerlike ete
Dankie Freddie Peters en Barry Müller vir al die reëlings
Dankie Nicky van Chilly PicNic vir die foto’s

Vredestoer 2025
Vredestoer 31 Mei 2025
Toer vanaf Vereeniging na Pretoria waar daar in die spore van die Anglo-Boereoorlog en die Vrede van Vereeniging gestap word. Verskeie erfenisterreine word besoek.
Saterdag 31 Mei 2025
1. Terrein waar die Vrede van Vereeniging onderhandel is.
Vroegoggend met ryp wat spierwit op die veld lê, kom ñ groepie opgewonde geskiedenis- belangstellendes bymekaar langs die Vredesboom.
Na ñ heerlike koppie Boeretroos word die verrigtinge geopen en kranse word gelê om die Vredesboom.
In die verbeelding sien elke een teenwoordig die tente waarin die afgevaardigtes bymekaar gekom het in 1902 om so ñ belangrike besluit te neem. Die somber atmosfeer waarin daardie Bittereinders noodgedwonge die Vrede van Vereeniging moes onderhandel.
Dankie Jaco Janssen en Julie’s Glass vir die glaskas wat julle oor die historiese boomstomp opgerig het om hierdie oorblyfsel te probeer beskerm.



Dankie JP Kok vir die netjiese terrein en die harde werk om hierdie ou gebou te onderhou en op te knap en die beskerming van die Vredesboom.
2. Die groep besoek hierdie besonderse Vryheidsmonument en plaas ook ñ paar blommetjies onder aan die voet van die monument. Die simboliek van die monument word treffend deur Jan-Danie Malan voorgehou.
Spesiale dank aan Klippies Kritzinger (VBC) en Jaco Janssen (KOEV) wat hierdie terrein netjies in stand hou. Dankie vir julle harde werk.
Met ñ knop in die keel word wyle Freddie Peters onthou wat dit sy doel gemaak het om hierdie besondere dag jaarliks te herdenk. Sy teenwoordigheid word gemis en Charles Rademeyer (FAK) koester die groot houtkruis wat Freddie 2024 aan hom oorgegee het. Die kruis wat jaarliks saam met Freddie getoer het, toer weer 2025 saam.
Dankie Jaco Janssen en VBC vir die verskuiwing van die gedenksteen van William Stow (Ontdekker van Steenkool ) na die Vredesmonument se terrein.




3. Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas
Volgende stop was die Vereeniging Konsentrasiekamp se Begraafplaas waar ry op ry wit kruisies getuig van ñ baie groot tragedie. Byna ñ hele generasie in helkampe uitgewis.(ABO1899-190,)
Peet Schabordt se vertolking van Jan Celliers se Dis Al is meesterlik en prikkel almal se verbeelding. Dankie Peet vir die voordrag en vir die stuk Konsentrasiekamp- draad vanaf die Middelburg Konsentrasiekamp.


4. Witkop Blokhuis Meyerton R59
Midvaal en Roxy het weereens ñ hartlike verwelkoming gereël vir die toergroep.
Dankie Roxy du Toit vir jou Geskiedenis-vertelling en verduideliking van die doel van die blokhuise en die verskillende boumetodes. Dankie vir jou volgehoue stryd om hierdie vervalle blokhuis te red en die positiewe nuus dat daar moontlik nou stappe geneem gaan word om hierdie bedreigde blokhuis, die enigste oorblywende een van sy soort, te probeer herstel.
Dankie Mark Walkden, Jaco Janssen en Jan-Danie vir die blits- skyngeveg om die gevaar van ñ oorlogsituasie te verduidelik.
Dankie Midvaal vir sny van gras om die blokhuis om die terrein bietjie meer toeganklik te maak.



5. Russiese Ortodokse Kerk
Die toergangers durf die verkeer aan Midrand toe vir die volgende stop by die Russiese Ortodokse Kerk met sy indrukwekkende goue koepels en allerpragtigste kerk.
Vader Daniil Lugovoy doen spesiale gebede by die monument wat spesiaal opgerig is vir die gesneuweldes tydens die ABO. Die Russe het as vrywilligers kom veg en hulp verleen aan die Boere.
Hy verduidelik die noue band wat daar tussen die Boere en Russe was. Beide groepe was diep-gelowig en manne wat in nou verhouding met die grond en veld geleef het.



6. Melrose Huis
In Pretoria het Melissa Lindeque ons by Melrose Huis ingewag met ñ hele paar interessante feite oor die huis. Die huis waarin die Vrede van Vereeniging onderteken is, die Britse Hoofkwartier.
Indrukwekkend is die swaar houttafel in die eetkamer waar die Vrede van Vereeniging onderteken is. Op elke een se plek, ñ groot foto van die ondertekenaar.
Met hartseer bewonder ons die reuse ou wildevy wat glo binnekort afgekap gaan word.




7. Voortrekkermonument
Die toer word afgesluit by die Vrou-en-Kind-Beeld voor die majestueuse Voortrekkermonument. Die hartseer toneel met die moeder wat beskermend haar kinders vashou terwyl sy in die toekoms instaar.
https://monument-sa.co.za/voortrekkermonument-simboliek…


8. Die FAK Liedjietuin
Die geur van braaiende wors nooi ons nader na die FAK Liedjietuin toe. Nostalgies word die liedjies se woorde gelees.
Gesellig kuier ons lekker saam.

Traag neem ons afskeid en vertrek elke een na sy tuiste toe, terwyl die wintersonnetjie vinnig sak in die weste.
Dankie Charles Rademeyer vir ñ heerlike interessante toer.
Dankie Du Preez en al die toergangers vir die mooiste foto’s.
Dankie FAK vir lekker ñ boereworsrolletjie en ñ drinkdingetjie.
En dan die belangrikste…Dankie aan almal wat saamgetoer het en orals op die roete by die groep aangesluit het.
Dankie Bittereinder Jeug wat so getrou daardie reuse Vierkleur laat wapper het.
Groete vanuit die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk.