VILJOENSDRIF / VILJOENSDRIFT

DIE DORPIE VILJOENSDRIF

VILJOENSDRIF/T  Vrystaat

 Digby Vereeniging 10 km noordoos van Sasolburg

Dorp Viljoensdrif :

Viljoensdrift is ñ klein dorpie tussen R82 en R716, suid van Vereeniging net af van R59.

Hierdie was eens ñ florende dorpie met ñ laerskool, poskantoor, magistraatskantore en ñ NG Kerk.
Die dorpie het ontstaan met die ontdekking en ontginning van steenkool in area.

Die eerste steenkoolmyn Central Mine lei tot die instroming van mynwerkers en ook groot getalle transportryers wat steenkool na Kimberley vervoer het en ‘n informele nedersetting ontstaan op die plaas Leeuwkuil en Klipplaatdrift. Elke dag  het tot 200 waens uitgespan naby die Bedworthmyn  om kole te laai en die  osse te laat rus en eet.

Grootste hoeveelheid steenkool aan Vrystaatkant. Onder dik laag sand, steenkool laag gem 50 voet dik. Moeilik om skagte te sink in die sand

No 1 Cornelia was Eerste Skag.  1895  Skag was 14 voet deursnee, 442 voet tot by soom. Bo met gietyster uitgevoer, dieper stene

 Water wat invloei ‘n probleem

No 2  Cornelia : Nader aan die rivier 1 myl verder, dieselfde manier uitgevoer. Meer as 3 miljoen liter water was uitgepomp in 24 uur

1912 groot kragstasie 

na 1929 is spesiale tegnieke by cornelia ontwikkel. Beton soos in brue in sand laat sak

1930 Betty skag  aam Transvaal kant, verbind met tonnels 15 voet wyd, sewe en ‘n half voet hoog

 Cornela sluit 1931

1938 Bertha skag hoofsaaklik vir steenkool aan kragstasie wat in 1945 begin krag produseer

Hierdie eens besige, lewendige, florerende dorp met myne, Vaal kragstasie, mynhuise, winkels is nou verlate en verwoes, alles weg en platgeslaan

VILJOENSDRIF

VROEËRE GESKIEDENIS

Silkaats se impi’s het ‘n spoor van verwoesting oor hierdie deel van die land gelaat wat bykans alle menselewe vernietig het. Inheemse stamme is eenvoudig uitgewis en statte is verlate agtergelaat.  Die Trekkers vind statte waar beendere witgestrooi lê. Vandag nog is daar plek-plek op koppies oorblyfsels van klipkrale en  hutte  en statte waar duidelik mense gewoon het, onbekend wie dit was. Almal uitgemoor of gedwonge ingeskakel by groter en sterker stamme.

Die Voortrekkers kom in hierdie area aan in 1830’s  as deel van die Potgieter-Trek

Waterryke, wuiwende grasvelde met volop wild; leeus, elande, blesbokke, springbokke, wildebeest ens.

Die groot troppe leeus het vrees ingeboesem by die inheemse bevolking en het verder gelei tot vrees en die vermyding en wegvlug vanaf die area hier rondom die Vaalrivier. Die hele omgewing was gevrees e nook bekend as Silkaats se jagvelde.

Met die aankoms van die Trekkers was die hele gebied ontvolk.

Hier vind hulle slegs ‘n kind, ‘n klein seuntjie, op ‘n sandsteenplato langs Kliprivier sowat  1 myl bokant samevloeiing met die Vaalrivier. Daar het hy en sy moeder in ‘n grot of holte geskuil. Die moeder het gesterf en die seuntjie het oorleef. Volgens oorlewering was hy deur diere versorg.

Die Trekkers noem hom Wildebeest, hulle neem hom aan en versorg hom. Later het Wildebeest as ‘n jong man saam met die jong Paul Kruger  beweeg as sy wapendraer tydens gevegte, selfs in gevegte teen ander swartes.

Toe Leslie in 1891 in Vereeniging aangekom het, was Wildebeest reeds weer daar gevestig, alreeds ‘n ou man. Hy was as’t ware  die eerste inwoner in hierdie area.

Die Trekkers proklameer 2 provinsies:  DieOranje Vrystaat en  die ZAR.

Potchefstroom was die eerste dorp Noord van die Vaalrivier, die oorspronklike hoofstad van Transvaal/ ZAR : gestig in 1838.

Heidelberg was ‘n belangrike handelspos tussen Natal en Potchefstroom.

Trekboere was al reeds bekend met hierdie area vanweë die volop weiding en wild. 

Die Trekkers vestig hulle plase in Viljoensdrif-area.

Die drif en later ‘n pont was bekend as ‘n punt waar die Vaalrivier gekruis kon word.

Die drif waardeur die Vaalrivier gekruis kon word was op die plaas Witkop, later Viljoensdrif van Viljoen. Ook genoem Viljoen se drif

Die eerste eienaar van die plaas Witkop was Stephanus Viljoen en hy en sy 2 seuns Jozua Jacobs en Hans Viljoen het later ‘n pont bedryf wat gebruik is om die Vaalrivier by die drif te kruis.

Die ontdekking van steenkool in hierdie area in 1887 deur George William Stow het die hele geskiedenis van hierdie area verander.

Vereeniging was geproklameer as dorp en die eerste erwe is verkoop in 1892.  Stow , Sammy Marks en Isaac Lewis het ‘n groot rol gespeel in die ontwikkeling van  Vereeniging en omliggende gebiede.

DIE DRIF VAN VILJOENSDRIF / VILJOENSDRIFT

Voor brûe oor die Vaalrivier gebou is, het waens by hierdie drif die rivier gekruis.

Die drif waardeur die Vaalrivier gekruis kon word was op die plaas Witkop, later Viljoensdrif van Viljoen. Genoem Viljoen se drif

Drif ook bekend as Oshel agv  dik sand en swaargelaaide waens wat die osse laat swaarkry het.

Die eerste eienaar van die plaas Witkop was Stephanus Viljoen en hy en sy 2 seuns Jozua Jacobs en Hans Viljoen het die pont bedryf wat gebruik is om die Vaalrivier by die drif te kruis

Mbv van sy seuns Jozua Jacobus Viljoen en Hans Viljoen het hy die drif gevestig en bedryf.

Oorkant aan Transvaal kant was plaas Leeukuil, skoonvader van Josua Viljoen se plaas.   Vereeniging nou daar. Naam gekry van ‘n  leeu wat daar langs ‘n kuil gevind was.

Laaste leeu op Viloensdrif is deur Josua geskiet tussen daar waar vandag Vaalkragstasie en Maccauvlei is.




Jozua Jacobus Viljoen,  16-Jun.6.1832 -9.4.1909. Eerste huwelik  met  Johanna Susanna Venter en tweede met Magdalena weduwee Potgieter. Sterf op 77 jaar distrik Heilbron/ Oranjeville

PONT : VILJOENSDRIF SE PONT

1857: Hans Viljoen adverteer reeds in 1857 dat hy ń pont het by Viljoensdrif waarmee mense, vee en waens oor die Vaalrivier getrek kan word.

 In die “Staats Courant” van die ZAR  18 Desember 1857 verskyn die volgende kennisgewing van Hans Viljoen – “ dat hy eene Schuit aan Vaal-Rivier heeft op de plaats genaamd Witkop, het eigendom van zijn vader Stephanus Viljoen, en dat hij Wagens, Paarden, klein en groot Vee tegen zeer matige prijzen zal over voren”

Hierdie pont was in gebruik tot ongeveer 1927 toe ñ staal enkelbrug in gebruik geneem is. Ongelukkig is laaste oorblyfsels van die brug  afgebreek en verwyder, vermoedelik vir skrotyster verkoop.

VILJOENSDRIF SE STEENKOOLMYNE

1885 verkoop Jozua Jacobus Viljoen die plaas Viljoensdrift aan Vereeniging Estates, ń maatskappy gestig deur Sammy Marks en Isaac Lewis om steenkool hier te ontgin. ‘n Steenkoolmyn word op die plaas gevestig.

Viljoensdrif was die toegangsroete tussen die ZAR en die Diamantvelde, die verbinding tussen die Transvaal en die suide van die land.

Steenkool word na die diamantvelde in Kimberley vervoer mbv transport waens. In Kimberley was ‘n ernstige tekort aan brandhout. Meer as 50 myl rondom Kimberley was daar geen bome meer om af te kap nie.

Die idee was aanvanklik om steenkool per boot al met die Vaalrivier langes te vervoer. Ongelukkig vir Sammy Marks was dit gou duidelik dat hierdie idee nie kon realiseer nie en die groot boot wat hulle gebou het, die Jameson, was toe vir jare lank as kantoor of stoorspasie gebruik.

Aanvanklik is so 6 trokke steenkool per dag gedelf. Daar is net bedags gemyn en glad nie op Sondae gewerk nie.

Die swaar volgelaaide trokke is met hand weggestoot tot by die laaiplek. Almal moes help stoot, selfs die eienaars het ingespring en gehelp stoot.

1885  ONTDEKKING VAN GOUD AAN DIE WITWATERSRAND: 

Die ontdekking van goud het weereens Viljoensdrif se geskiedenis drasties verander aangesien dit die toegangsroete was tussen die suide en die Witwatersrand.

Viljoensdrif raak baie belangrik na die ontdekking van goud (1885).

Viljoensdrif was veral onder die transportryers bekend en gevrees vanweë die uitdagende sandpad daar.

Swaar wavragte masjinerie en voorrade moes  per wa na die Rand vervoer word en die deurgang vanaf die Vrystaat  na  die ZAR was by Viljoensdrif.

Viljoensdrif word nou ‘n geproklameerde drif. Weerskante van die drif was ‘n doeanekantoor waar tolgelde aan beide die Republieke betaal moes word.

Tydens hoogwater was die pont gebruik.

VILJOENSDRIF ‘N BELANGRIKE SKAKEL TUSSEN DIE NOORDE EN DIE SUIDE VAN SA

‘N SPOORLYN WORD NOODSAAKLIK

Goud word in 1886 op die Witwatersrand ontdek en dit verander die hele land se geskiedenis.

Meer en meer myntoerusting moes vanaf die suidelike Kaapse hawens ingevoer word. Alles moes per ossewa vervoer word na die Witwatersrand.

By die drif van Viljoen is die rivier gekruis as rivier laag was en met die pont as die water hoog was.

Dit was ‘n baie moeilike taak: Dik sand en modderige rivierwalle was ‘n uitdaging vir transportryers.   

Die waens het soms in die sagte potklei net na die deurgang  vasgeval tot teen die asse.

Dubbele en Drie-dubbele spanne osse was nodig om die swaar vragte teen die steil walle uit te sleep.

Die waens het by die drif uitgespan om die diere te laat rus en die veld rondom die drif was kaalgevreet deur die groot aantal osse en trekdiere wat nodig was om die swaar vragte uit te sleep. .

Die drif by Viljoensdrif was die ingangsroete vir alle goedere en toerusting na die ZAR.

Die noodsaaklikheid vir ‘n spoorlyn vanaf die suide het al hoe duideliker geword.

Paul Kruger wou aanvanklik nie toestemming verleen om spoorlyn te verleng nie want hy wou nie afhanklik van Britse hawens wees nie en liewer ń eie spoorlyn bou na Algoabaai (Lourenco Marques/ Maputu).

Paul Kruger besef wel mettertyd dat die ZAR  ‘n spoorlyn vanaf die suide sal moet toelaat en gee toestemming daarvoor. 

1890 is ń ooreenkoms bereik tussen Kaapse Regering en Vrystaat om ń spoorlyn te bou tussen Bloemfontein en Viljoensdrif.

Die spoorlyn word voltooi in 1892.  Die spoorlyn het by Viljoensdrif geëindig.

VILJOENSDRIFSTASIE

Viljoensdrif was ‘n belangrike  en besige stasie.

Die spoorlyn word voltooi in 1892.

Die spoorlyn het hier geëindig. Alle goedere is hier afgelaai en op transportwaens gelaai om deur Viljoensdrif te gaan na die ZAR.

1892 was Viljoensdrif ‘n terminus vir die Kaapse Spoorweë .

Waens vervoer goedere verder oor die drif of pont na  die Rand

Later 1892  is ‘n hout treinbrug in gebruik geneem. Dit was geleë naby waar latere wabrug was.

Treine kon toe gaan tot op Vereeniging waar passasiers verder per koets na Johannesburg vervoer is.

Swaar masjinerie kon egter nie oor die houtbrug gaan nie, te groot risiko vir swaar vragte.

Viloensdriftasie is geopen 1893.

‘n Paar sinkhuisies is vir spoorwegwerkers opgerig.

Viljoensdiftstasie was minder as 2 myl suid van die drif gebou en het ‘n belangrike rol in die geskiedenis gespeel.

Viljoensdrifstasie was oorspronklik  net ‘n terminus (die lyn het daar gestop)

Hierdie stasie was ń bedrywige stasie met goedere en mense wat heen en weer vervoer is.

ZAR se doeane in Vereeniging het alle invoere hanteer en invoerbelasting geïn.

Sedert 1892  was die stasie die spil waarom alles gedraai het.

7 Mei 1892 is die stasie vir passasiersverkeer oopgestel

26 Mei 1892 vir alle verkeer oopgestel.

‘n Nuwer Stasiegebou is in 1909 opgerig.

Tans is Viloensdrifstasie in groot verwaardlosing.

Interessant op hierdie stasie is nog ‘n ou voetgangersbrug. Gedeel in 2, ‘n erfenis van die apartheidsjare. In die middel verdeel sodat swart en wit apart die spoorlyne kon kruis.

Foto’s: GGSA Vaal Toer November 2025

Maak 'n opvolg-bydrae