Verlate Leeubeeld in die veld
Pretoria
Swartkop Lugmag basis
By Snake Valley, digby Swartkop Lughawe staan hierdie erg verwaardlose beeld van ‘n leeu.
Die beeld is uit sement gevorm en bo-op ‘n klip geplaas.
Die beeld is deur Italiaanse Krygsgevangenes gemaak tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hier was ‘n Italiaanse POW Kamp en die Italianers het die Lugmagbasis hier gebou.
Blykbaar is daar nog sulke leeubeelde in die area. Die area is ter wille van veiligheid afgekamp en toegang is verbode. Dit is onstabiele grond, dolomiet gebied, en talle sinkgate het reeds hier ingeval.
Op die voetstuk is ‘n slang-, 2 bok-embleme en die letters CMB uitgebeeld. Waarskynlik verwys die letters na die Latynse woorde Christus Mansionem Benedicat , Christ blessed this House , Christus seën hirdie huis/woning wat Katolieke gebruik was om deurkosyne aan te bring. (C+M+B). Die betekenis van die simbole is nog onseker. (Inligting Louis Kriel)
Daar is nog baie vrae en raaisels oor hierdie spesifieke beeld. Waarom hier opgerig?
Wat is die simboliek?
Waarom is beeld nie verskuif na ‘n plek van bewaring soos Zonderwater POW Museum toe nie?
Daar is onbevestigde bewerings dat hierdie leeu opgerig is ter gedagtenis aan makkers wat in ‘n vliegramp op pad na hierdie kamp gesterf het. (Marco Nel)
Bronne: Facebook Ons Geskiedenis
Foto’s: Stoffel Willemse en Bronberger







