Standerton Konsentrasiekamp
Fontein
STANDERTON Konsentrasiekamp / Ouma Swart /Begraafplaas
https://monument-sa.co.za/standerton-konsentrasiekamp…
KONSENTRASIEKAMP
Standerton, die dorp langs die walle van die Vaalrivier.
Net oos van die Paul Kruger Brug was die Standerton Konsentrasie- kamp waar meer as 800 vrouens en kinders gesterf het, meer as 600 onder die ouderdom van 15 jaar.
Die Standerton Konsentrasiekamp is opgerig Desember 1900 en weerskante van die Vaalrivier is die gevange vrouens en kinders in tente gehuisves. Die huisvesting was swak en totaal onvoldoende.
Aanvanklik was daar geen naamlyste nie. Met die gesinne wat voortdurend daarheen gebring is, het daar groot verwarring ontstaan.
Die ligging daar langs die rivier was baie ongunstig. Die somerreën het die turfgrond in ñ modderpappery verander wat vererger is deur die feit dat daar ñ groot tekort aan beddens was en talle mense moes op die grond slaap.
In die winter was dit weer ysig koud daar teen die rivier.
Die verhaal van Ouma Swart gryp almal aan die hart: Sy het 8 kinders in 19 dae hier verloor.
Januarie 1902 was daar 3454 inwoners in Standerton Konsentrasiekamp.
Die kamp is gesluit Januarie 1903.

STANDERTON SPUIFONTEIN GEDENKTEKEN
Kort na die oorlog , 1905, het die Joodse Burgemeester van Standerton, Charles Landau, ñ spuitfontein geskenk en opgerig op die markplein. (Op die konsentrasiekamp terrein.)

Die spuifontein is ter herinnering aan al die vrouens en kinders wat in die Standerton Konsentrasiekamp gesterf het.
Tans is die Spuitfontein nog steeds op die terrein langs die Vaalrivier, die ontspanningsterrein Standerton River Park.
Die fontein is droog, sonder enige water en in erg verwaardloosde toestand. Soms is die terrein erg bemors.

Daar is ook geen aanduiding of beskrywing van die ryke betekenis van hierdie ou geskiedkundige fontein nie.
Die granietsteen (Ouma Swart) wat daar naby gestaan het, is in 2018 na die Standerton Konsentrasiekamp Begraafplaas verskuif.
Bronne: Theheritageportal: Early Standerton
Foto’s: Gysbertus Johannes Ströh



