Rondalia / Vakansieoorde / Hibberdene / ATKV

30 Augustus 1955

Rondalia

Hibberdene

RONDALIA GEREGISTREER

30 Augustus 1955 is Rondalia geregistreer as n maatskappy. Die stigter Mnr Christo A Bisschoff.

Die vakansieoord by Hibberdene ook hierdie dag amptelik geopen.

Die doel van die maatskappy was om die Afrikaner ñ vasstrapplek ye gee in die ontluikende toerismebedryf in Suid-Afrika. ñ Teenpool teen die Engels-gerigte AA.

1 April 1957 het die Rondalia Toerklub ontwikkel .

Rondalia het verskeie vakansie-oorde en motelle ontwikkel.

Hulle het ñ groot aantal lede gewerf en hulle laat deel in spesiale aanbiedinge en afslagpryse.

Die stigter en sy bestuurslede het hulle beywer vir die regte van motoriste.

1957 het Rondalia sy hoofkantoor in Pretoria betrek

6 April 1963 het Rondalia ñ nuwe gebou in Visagiestraat Pretoria, oorkant die stadsaal, betrek. Hierdie gebou was spoedig te klein en moes 2 maal vergroot word.

Verskeie takkantore was landwyd verprei

UITEENLOPENDE DIENSTE VAN RONDALIA

Buiten die vakansie-oorde rn Rondalia Toerklub het Rondalia wyd-uiteenlopende dienste aan sy lede voorsien.

ñ Eie Tydskrif, Die Mylpaal, was gereeld uitgegee en verprei.

Dienste van ñ Reisagentskap is bekom met gereelde en betroubare reisadvies.

Voertuig-toetssentrums landswyd gevestig.

Werkswinkels vir motorhersteldiens en duikklopwerk.

Noodpadbystand en ondersteuning aan lede.

Korttermyn versekering en langtermynvetsekering is aangebied.

METAALWAPEN

Lede van Rondalia het ñ metaalwapen ontvang wat aan die motor se buffer vasgeheg is as bewys van lidmaatskap.

VAKANSIEOORDE

Die eerste oord is in 1956 in Hibberdene geopen. Die aanvanklike huisvesting was rondawels, van daar die naam RONDALIA.

Ander oorde wat later ontwikkel is en uiters gewild geword het was o.a.:

Die Oog (Naboomspruit), Goudini (Worcester), Buffelspoort (Rustenburg), Klein Kariba. Die Eiland, Tsipise, Swadini, Loskop en Gariepdam.

Buiten die rondawels en later huisies, kon op hierdie terreine heerlik gekamp word met tente en karavane.

Kerkkampe en skoolkampe is hier aangebied.

KOSBARE HERINNERINGE

Teen 1966 word Rondalia RAC oorgeneem deur die AA en teen die 1980’s is Rondalia grootliks geabsorbeer deur die AA.

Die vakansie-oorde is mettertyd oorgeneem deir ander bestuur.

ATKV : Buffelspoort, Goudini Spa, Klein Kariba. Die Eiland.

Forever Resorts: Tsipise, Swadini, Loskop en Gariepdam

Die res deur private maatskappye of tot niet gegaan.

Rondalia: Die einde van ñ era, ñ Afrikanerdroom. Kosbare herinneringe is al wat oorbly.

Bronne en foto’s: Internet. Facebook.

Samesteller: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae