Paul Kruger se Kuierboom / Krugerboom / Historiese Boom / Krugersdorp / Ou Toppies

Krugersdorp

Paul Kruger se Kuierboom

Jakaranda

Oorkant Ou Toppies

KRUGERBOOM / Paul Kruger se Kuierboom

Ockersestraat

Oorkant Ou Toppies , die historiese Krugersdorp Klub, weggesteek in ‘n binnehof, agter tralies, reik die ou Jakaranda-boom steeds na bo.

As bome kon praat, sou hierde ou Jakaranda baie stories kon vertel.

In die skaduwee van hierdie reuse ou boom is in die verlede diep gesprekke gevoer.

Dr Wouter Jacobus van der Merwe (1856 – 1339) het sy praktyk in Krugersdorp gevestig. Hy was ‘n bekwame dokter, gewild by Afrikaanssprekendes.

Gedurende die ABO het hy eers as dokter in die Krugersdorp ambulans gehelp aan die Natalse front voordat hy op parool teruggestuur is na Krugersdorp om as mediese dokter te dien na die Britse oorname van Krugersdorp.

Na die Vrede van Vereeniging 1902 het hy bly praktiseer op Krugersdorp. President Steyn was een van Dr Wouter van der Merwe se pasiënte. Dr Van der Merwe het ‘n groot rol gespeel in die totstandkoming van die Krugersdorp Hospitaal. Hy het ‘n uitstekende reputasie as dokter gehad onder die Tranvalers sowel as die Vrystaters.

Lank nog voor die Anglo-Boeroorlog het Dr Wouter van der Merwe sy praktyk laer af in Ockerse straat gehad. Smiddags na ‘n harde dag se werk het hy onder die boom in sy erf gaan sit, ontspan en ietsie gedrink voor die son sak.

Paul Kruger het gereeld Krugersdorp besoek, die dorp wat sy naam gedra het. Dan het hy ook onder hierdie reuse ou Jakarandaboom kom ontspan en geselsies met van die inwoners aangeknoop.

Hier in die lekker skaduwee, omring met grasgroen grasperke, kon hy ontspan en diep sake met dr Wouter bespreek.

Namate die dorp gegroei het en inwoners meer en meer geword het, het hierdie kuiertjies ‘n probleem onder van die inwoners begin word en besware oor gebruik van drank in die openbaar is geopper.

Nadat hulle deur die polisiekonstabel aangespreek is oor hulle drankies in die publieke oog het hulle besluit om ‘n klub oorkant die pad te stig , die Krugersdorp Klub (Ou Toppies) ,waar hulle rustig uit die publieke oog kon ontspan en gesprekke voer.

Die ou statige Jakarandaboom het die eise van die stad tot dusver oorleef , maar moet ongelukkig agter traliehekke beskerm word en die morsigheid aan sy voete oorleef. Tragies dat so ‘n historiese gedenkwaardigheid daagliks ‘n oorlewingstryd teen riool en vullis moet stry.

ongelukkig is hier ook geen bordjies aangebring om die geskiedenis van hierdie ou Jakaranda boom te beskryf nie.

Bronne: Internet. Facebook. Heritage Portal. Sabinet African Journals.

Krugersdorp 100 1887 – 1987

FAK Kultuurnetwerk Krugersdorp Geskiedenistoere 2022, 2024

Foto’s: Internet, Facebook. Gys Ströh snr Sept 2022, Maart 2024

Maak 'n opvolg-bydrae