Paul Kruger Brug / Kruger Brug
STANDERTON
Die dorp Standerton was eers genoem Standersdrift, later Standerton.
Vernoem na Adriaan Hendricus Stander (1847-1897). Adriaan was ñ trekker, jagter, vegter(soldaat), plaasboer en later staatsman.
Adriaan Stander was n vegter vir vryheid.
1863 vestig hy hom hier langs die Vaalrivier by die drif.
1876 onstaan die dorpie hier op Stander se plaas, Grootverlangen.
Die dorpie is halfpad tussen Heidelberg en Marthinus Wesselstroom (later Wakkerstroom) in die hartjie van die wolboerderye. ‘n Dorpie met sinkgeboue en gehuggies.
Die dorpie begin vinnig groei met die ontdekking van goud want dit is ideaal geleë op die transportroete op pad na Johannesburg toe.
1903 ontvang Standerton munisipale status.
BOEREOORLOË
Die eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog klap op 29 Desember 1880 op Standerton met die beleg van Standerton 29.12.1880 tot 26.3.1880.
Tydens die ABO, Tweede Vryheidsoorlog, was daar nie baie aksie of botsings op Standerton nie.
23.6.1900 word Standerton met min weestand deur Buller ingeneem.
Die burgers het die spoorbrug opgeblaas in ñ poging om die Britte se voorraadlyn te verbreek, maar Buller kon binne 8 dae ñ nuwe brug bou.
Uit respek vir Paul Kruger het die burgers nie die Kruger Brug verwoes nie.
KRUGER BRUG
Die Kruger Brug het die pad tussen Volksrust en die dorpies suid van Standerton verbind.
Kruger Brug is ñ boogbrug, een van die eerstes gebou oor die Vaalrivier.
Die argitek was ZAR Departement Publieke Werke en die kontrakteur William Stapleton.
Die Kruger Brug is in 1891 deur President Paul Kruger geopen.
Die oorspronklike brug was in 1890 in Duitsland vervaardig deur Harkort Duitsland.
Die ZAR regering het na Duitsland gereis om te gaan kyk na die brug wat opgerig was as voorbeeld. Hulle het die brug aangekoop, die brug is afgebreek en per skip na ZAR vervoer waar dit toe by Standerton opgerig is.
Die boë rus op sandsteenpilare met ñ sentrale pilaar of stut wat 2 boë van 42m elk ondersteun.
Die oorspronklike staalstrukture is later vervang met driehoekvormige staalstrukture.
Kruger Brug by Standerton was die grootste staalbrug wat deur die ZAR opgerig is .
Daarna is soortgelyke brûe opgerig oor die Krokodilrivier;(Schoemans Brug) en die Sesmylspruit (Wierda Brug.)
Wakkerstroom, sowat 100km weg vanaf Standerton het ook ñ Kruger Brug.
Foto’s: Gysbertus Johannes Ströh (Gys snr) 2019. Facebook.





















