Ned Herv of Gerf Kerk
Krugersdorp
Ds Kriel
Tower of Hope
NG MOEDERKERK
Hoek van Rissikstraat en Kerkstraat
KRUGERSDORP NG GEMEENTE MOEDERKERK
7 Junie 1890 het die gemeente in Krugersdorp afgestig van die Gemeente Pretoria
Die eerste leraar was Prop / ds Becker September 1890
Die Kerkgebou wat al jare in gebruik was, is in Januarie 1895 ingewy . Die argitek was WJ Pretorius.
Ds Becker is opgevolg deur ds Radloff in Desember 1898. Hy bedien die Krugersdorp Gemeente in donker dae tydens die ABO en die na-oorlogse swaarkry. Die nood was groot en erg. Deurentyd het Ds Becker en sy gemeente die konsentrasiekamp- gevangenes en krygsgevangenes probeer bystaan en onderskraag.
1915-1921 is Ds van Vuuren hulle leraar.
Ds JJ Krige bedien die gemeente van 1922 tot 1936 toe hy onverwags oorlede is. Vir hom is daar langs die kerk ‘n gedenksteen opgerig.
In die jare wat volg beleef die Krugersdorp NG Moedergemeente groei en is baie nou bemoeid met sending, armsorg, onderwys en lering.
Verskeie gemeentes stig van die Moedergemeente af.
Ongelukkig het die lidmaatgetalle so afgeneem dat die NG Moederkerk in 2010 ingelyf moes word by die buurgemeente NG Gemeente Luipaardsvlei.
Tans dien hierdie gebou en sy aangrensende geboue as ‘n plek van aanbidding en ‘n tydelike skuiling vir mans veilig van die strate af. Hulle vind hier ‘n veilige plek om te stort, te eet en ‘n bed om in te slaap.
Tower of Life / Tower of Hope gee aan hawelose mans skuiling en hoop.
Foto’s: Gys Ströh 2022













