Krugersdorp / Paardeplaats / Paul Kruger Beeld / JG Strijdom Beeld / Driemanskap

Paardeplaats

Paul Kruger Beeld

JG Strijdom Beeld

Driemanskap Pilare

Krugersdorp

KRUGERSDORP GESKIEDENIS EN PAARDEKRAAL

Marthinus Petrus Wilhelmus Pretorius (bekend as Vaal Martiens) was die eienaar van die plaas Paardeplaats (Paardekraal)

1887 word goud op sy plaas ontdek .

Vaal Martiens Pretorius vra die ZAR Regering om sy plaas as “een publieke delvery “ te verklaar.

Hy bied ook 428 hektaar van sy plaas vir dorpstigting aan op voorwaarde dat die dorp na die President van die ZAR, Paul Kruger, vernoem word.

ZAR aanvaar sy aanbod en koop ‘n deel van sy plaas om die dorp te vestig. Die naam Krugersdorp word aanvaar.

Die Oorspronklike eienaar van die plaas was Andries Pretorius, die held van Bloedrivier

Andries het gewoon op die plaas Grootplaats, waar Hartebeespoortdam later gebou sal word. Paardeplaats (Perdeplaas) het hy gebruik vir sy perdeteelt onder toesig van Vaal Martiens.

1848 het hy meer as 100 perde vanaf Paardekraal gestuur na die Vrystaat, vir die Slag van Boomplaats.

1855 erf Vaal Martiens se vrou, ‘n dogter van Andries Pretorius, die plaas, Paardeplaats, na Andries Pretorius afsterwe.

Die plaas Paardekraal (Paardeplaats) word op Vaal Martiens Pretorius se naam geregistreer.

1877 annekseer Shepstone die ZAR.

Na talle samesprekinge met die Britte trek 6000 burgers by Paardekraal saam.

Onder leiding van die Driemanskap , Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretotius lê hulle plegtig ‘n belofte af om te veg vir hulle Vryheid. (Desember 1880).

Die Eerste Vryheidsoorlog breek uit 16 des 1880 en na die Slag van Majuba word die onafhanklikheid van die ZAR herstel.

PAARDEKRAAL MONUMENT

Paardekraal en Krugersdorp is sinoniem.

Gereelde volksfeeste word by die Paardekraal Monument gehou.

President Paul Kruger het in 1896 die laaste keer daar opgetree.

Lees meer oor Paardekraal by:

https://monument-sa.co.za/paardekraal-monument…

PAUL KRUGER BEELD

(Hoek van Beginstraat en Paardekraalrylaan, Paardeplaats.)

Oorkant die Paardekraal Monument pryk Oom Paul op sy hoë voetstuk en kyk in die rigting van Paardekraal se Monument.

Hierdie beeld herdenk die laaste President van die ZAR , Paul Kruger, en sy visie vir die toekoms van ‘n onafhanklike republiek en ‘n onafhanklke Suid-Afrika.

Paul Kruger was voor die Anglo-Boereoorlog ‘n gereelde en gewilde besoeker aan Krugersdorp, die dorp wat sy naam gedra het.

Talle geboue in Krugersdorp is deur Paul Kruger geopen.

1890 lê hy die hoeksteen van die Landdroskantoor wat van 1891 tot 1976 in gebruik wasa.

President Paul Kruger spreek die hoop uit dat die dorp nie soos Johannesburg en Barberton tot vinnige wasdom sal kom nie. Met die dorpe kan dit gaan soos met ‘n kind wat op jong leeftyd so groot soos ‘n volwassene is en dan maklik siek kan word sonder weerstand.

Hy wens Krugersdorp liewer die krag toe van ‘n mens wat stadig opgroei en met verdrag ontwikkel.

Hy open die spoorwegstasie in 1896

1877 verloor die ZAR sy onafhankikheid.

Die Driemanskap word gevorm en die Eerste Vryheidsoorlog breek uit.

1899 tot 1902 . Die ABO…die ZAR en die Vrystaat verloor hulle onafhanklikheid en die Unie van Suid-Afrika onder Britse bestuur kom tot stand.

In 1950 skenk die Krugersdorp Munisipalteit hier langs die Monumentmeer/ Paardekraalmeer grond vir oprigting van ‘n beeld.

Die beeld van Paul Kruger is effens groter as lewensgroote, die beeld is anders as die ander beelde van hom. Dit beeld nie ‘n ou man uit nie, maar ‘n man in die fleur van sy lewe.

Fier en regop staan hy, die blik vorentoe.

In die hand, ‘n Bybel , wat sy geloof bevestig. Geloof en vertroue in sy Skepper.

In die ander hand sy hoed, sodat hy met ontblote hoof kan staan. Dit dui sy nederigheid aan. Nederig, al was hy staatsman.

1961 is die hoë voetstuk gebou.

10.12.1961 word die hoeksteen van die hoë voetstuk deur Jan de Klerk gelê, Minister van Werke, Mynwese en ook Binnelandse Sake.

Die Paul Standbeeld word op 17 Oktober 1962 deur adv CR Swart (Blackie Swart), eerste Staatspresident van die Republiek Van Suid-Afrika. (1961 – 1967) onthul.

Die Beeldhouer was Laurika Postma (1903-1987).

CR Swart se kernboodskap was: “ Hoede af vir die verlede- maar vir die toekoms baadjies uit!”

Jaarliks op 10 Oktobert word Paul Kruger se verjaarsdag hier herdenk en word sy amp-serp om hom gedrapeer.

2015 het vandale die beeld rooi geverf, maar danksy Afriforum, en die Erfenisstigting is die beeld mooi herstel.

DRIEMANSKAP PILARE

Aan die voet van Paul Kruger is 3 pilare opgerig as simbool van die Driemanskap; Paul Kruger, MW Pretorius en Piet Joubert.

Ongelukkig het vandale ook al hier toegeslaan en tans pryk die pilare sonder enige naam aangesien die bordjies wat ter verduideliking daar geplaas was, gesteel is. Die pilare so sonder enige woorde word nie eers deur besoekers opgemerk nie.

JG STRIJDOM BEELD

JG Strijdom 1893 – 1958

Oorkant President Paul Kruger is die borsbeeld van Adv JG Strijdom, Eerste Minister van die Unie vas Suid-Afrika.

JG Strijdom, ‘n man wat gestreef en geveg het vir sy ideaal vir ‘n onafhanklike Suid-Afrika , ‘n Republiek.

JG Strijdom het die Republikeinse ideaal laat herleef in 1930 en sluit hiermee aan by President Paul Kruger en sy burgers wat die staatsvorm in 1880 by Paardekraal in ere herstel het. Die Driemanskap se ideaal van ‘n onafhanlike Republiek.

JG Strijdom was bekend daarvoor dat hy ‘n vurige republikein was en weens sy patriotisme is besluit dat hy ‘n ereplek langs Paul Kruger verdien.

Die Strijdom borsbeeld is 16 Desember 1966 deur mev Susan Strijdom en Dr JJ van Tonder, stigter van die Historiese Genootskap van Suid-Afrika onthul.

Die beeldhouer JH Labuschagne van Meyerton .

Die borsbeeld is gekap uit graniet vanuit die Waterberge, adv Strijdom se wyk. Hy was bekend as die Leeu van die Noorde / Waterberge.

Die borsbeeld staan op gouddraende rots uit Krugersdorp omgewing.

Hierdie 2 beelde is simbole van ‘n ryke verlede van heldemoed, visie en drome.

‘n Simbool van die Vryheids-ideaal en Onafhanklikheids

-ideaal.

Bronne: Internet. Facebook. Heritage Portal.

Krugersdorp 100 1887 – 1987 FAK Kultuurnetwerk Krugersdorp Geskiedenistoere 2022, 2024

Foto’s: Internet, Facebook

Gys Ströh snr Sept 2022, Maart 2024 ( Gysbertus Johannes Ströh )

Maak 'n opvolg-bydrae