KRUGERSDORP MUSEUM / Landdrosgebou

KRUGERSDORP MUSEUM

Landdrosgebou

MONUMENT AAN ALLE MYNERS : Fallen Gold diggers / Miners

KRUGERSDORP MUSEUM

Die Krugersdorp Museum word gehuisves in die ou Magistraatsgebou van Krugersdorp.

Die lang gebou met ‘n klein torinkie in die middel is in die ou Transvaalse Boustyl ontwerp deur die

argitek Zytske Wierda, die Staatsargitek van die ZAR.

Die konstuksiewerk is gedoen deur JM Manté.

18 September 1890 is die hoeksteen deur Paul Kruger self gelê.

Die Magistraatshof was in hierdie gebou tot 17 Junie 1973.

Die eerste magistraat was JC Human. Human het Krugersdorp se tradisie van parlement begin en hy het begin om Krugersdorp te orden en te versier.

1889 het Magistraat Human die eerste bome in Krugersdorp laat aanplant.

Die Bloekomboom voor die magistraatsgebou was bekend as die Dooiemansboom want die doodsberigte van inwoners was teen die bloekomboom vasgespyker.

Die selle waarin verhoorafwagtendes aangehou is, getuig van menige gevangenes wat hier gewag het om verhoor te word. Teen die selmure is name en tekeninge… tekeninge uit die verlede, en krapmerke van opstandige of ongeduldige gevangenes wat ‘n boodskap wou los.

Dr Jameson was ook hier tydelik aangehou voor hy gedepoteer is na Pretoria (1896).

Krugersdorp Munisipaliteit bekom die gebou in 1973 en begin ‘n museum daar.

1994 is die gebou en die museum gerestoureer en weer offisiëel geopen 10 Oktober 1995. Die tema van die uitstallings: Mense en Kulture van Krugersdorp.

Die gebou kort tans dringende instandhoudingswerk.

MONUMENT AAN ALLE MYNERS : Fallen Gold diggers / Miners

Daar word gereken dat tussen 69 000 en 100 000 goudmynwerkers in die laaste eeu in Suid-Afrikaanse myne gesterf het.

Mogale city se Munisipaliteit het beplan om met die 10 jaar vieringe van demokrasie ‘n erfenisgebied vir mynwerkers in te rig in McClean’s Park langs die spoorwegstasie. ‘n Beeld, ‘n museum en gedenkstene was beplan vir daardie park.

Die mynwerkers beeld is ontwerp deur beeldhouer en kunstenaar Adam Madebe van Zimbabwe.

Hy het reeds verskeie beelde in Zimbabwe ontwerp asook die beeld van Kgosi Mogale wat opgerig is voor die burgersentrum in Krugersdorp, nou die Mogale City Centre.

Die idee is dat die Mynwerkers Monument die mynwerkers se rol en hulle reuse bydrae tot die bou van SA se ekonomie in gedagte moet bring. Erkenning aan die mynwerkers se harde werk en sweet en opoffering om Suid-Afrika se ondergrondse rykdom te ontgin.

Die mynwerkersbeeld word tans nog in die Krugersdorp Museum/ Mogale City museum gehuisves.

Maak 'n opvolg-bydrae