KRUGER BEELD TREK NA ORANIA

KRUGER BEELD TREK NA ORANIA

“Hy is op ‘n plek waar hy welkom en veilig is, tussen sy mense.”

2025:  Paul Kruger se jaar.

 Paul Kruger is gebore in die Karoo.

Hy was een van die Voortrekker geslag wat oor die Oranje getrek het met ‘n vryheids- en onafhanklikheidsstrewe.

KERKPLEIN PRETORIA

Die oorspronklike beeld is op Kerkplein Pretoria.

Kerkplein, die eens trotse sentrum van Pretoria, is nou vuil en onveilig.

Staf in die regterhand, onafhankikheidsverklaring in sy linkerhand.

Geklee in Presidensiële klere en serp.

Die trotse beeld en waarvoor dit staan is egter in groot gevaar.

Derhalwe word daar planne gemaak om hierdie beeld en beeldegroep moontlik na veiliger terrein te verskuif.

Die beeld van Paul Kruger het ‘n  nuwe teiken van politiekery geword en word telkens beskadig en gebreek.

FAK het ‘n digtale skandering van die Krugerbeeld op Kerkplein gemaak en dit het die moontlikheid geskep om ‘n afgietsel van die oorspronklike beeld te maak. 

‘n Replika van die beeld wat in  in 3D afgeneem is, is deur Jacques Müller in Brons gegiet.

Die beeld staan meer10 m hoog met die voetstuk bygereken en weeg 1,5 ton.

‘n Nuwe ontwikkelingsplan is ingedien vir Orania se nuwe stadsplein. Sentraal op die stadsplein sal die presiese replika van die Krugerbeeld geplaas word. Daar sal Paul Kruger ‘n sigbare en veilige staanplek kry as voorbeeld van weer-begin. Na afskeid, weer begin op ‘n ander plek. ‘n Voorbeeld van rotsvaste beginsels en ’n diep geloof oor geslagte heen.

Op Orania se stadsplein is dadelik begin om ‘n nuwe voetstuk te bou. Steen vir steen is simbolies verkoop, ‘n spesiale sertifikaat is aan elke koper uitgereik en naamlyste sal op die stadsplein aangebring word.

KRUGER TOER

Die Krugerbeeld se historiese toer vertrek 24 September 2025 vanaf Pretoria.

Die toer eindig 2 Oktober op Orania waar die beeld op 10 Oktober onthul is  om Paul Kruger se 200ste verjaarsdag feestelik te vier.

Die Krugertoer het deeglike fyn beplanning geverg.

Op verskeie dorpe is aangedoen.

Die bevoorregte dorpe het hulle vere reg geskud om hierdie beeld van Oom Paul luisterryk en gasvry te ontvang

Die roete was as volg:

Dinsdag 23 September Pretoria Voortrekkermonument

Woensdag  24 September vertrek die replika beeld na Kerkplein Pretoria. Daar word ‘n draai gemaak voor Paul Kruger se woonhuis en stilgehou voor sy kerk, die Gereformeerde Kerk Pretoria. .

By die Voortrekkermonument word ‘n  groot Presidensiële partytjie gehou ter wille van Paul Kruger en Erfenisdag. Een van  mees kleurryke, statigste, gedenkwaardige feese nog ooit by die Voortrekkermonument.

Spesiaal vir Erfenisdag 24 September is  200 m rooi, wit, blou en groen lap (amptelike kleure van die ZAR vlag) vanaf die dak van die Voortrekkermonument gedrapeer.

Donderdag  25 September besoek die Krugerbeeld en toergroep NG Moedergemeente Rustenburg asook sy huis op Boekenhoutsfontein (Kedar Lodge). Besonders is die besoek aan Paul Kruger se gereelde bidplek.  

Vrydag  26 September word  President Pretorius Museum en Laerskool Mooirivier op Potchefstroom besoek.

Saterdag 27 September was dit Krugersdorp se beurt toe die 2 Kruger standbeelde mekaar oorkant Paardekraal groet.

Daarna word vertrek na Heidelberg  waar A G Visser Laerskool entoesiasties gewag het.

Sondag  28 September, ‘n  Rusdag op Udolpho Kultuurplaas, Parys.

Maandag 29 September bied die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk ‘n kort Lewende Geskiedenisvoorstelling aan op die Vredesonderhandelingsterrein waar die Vrede van Vereeniging onderhandel is in 1902. Die verbintenis tussen Paul Kruger en Vereeniging word duidelik uitgelig.

Die Vryheidsmonument in Vereeniging se middedorp word ook vlugtig besoek.

Die aand word op Udolpho Kultuurplaas deurgebring met ‘n lewendige en vol program.

Dinsdag 30 September word Vegkop, Heilbron besoek waar Paul Kruger as jong seun aan die Slag van Vegkop deelgeneem het.

Woensdag  1 Oktober is dit Bloemfontein se beurt. Die Vrouemonument en Paardeberg word besoek.

Die laaste besoekpunt was in Kimberley by die NG Kerk Bakenskop.

Donderdag  2 Oktober word die Krugertoer en die Brons Beeld van Oom Paul met ‘n erewag ingewag by Orania. Die nuwe voetstuk is voltooi, alles gereed om hierdie trotse beeld te ontvang.

Vir 10 dae lank het talle, honderd, duisende mense opgewonde met ‘n knop in die keel Paul Kruger se beeld ingewag.  Honderde foto’s is langs die beeld geneem. Stene is gekoop. Sertifikate uitgereik. ‘n Reuse sukses om mense weer bewus te maak van ‘n ryke verlede, geloof in God en dure plig vir die toekoms.

Wye mediadekking is gedoen en baie harde werk het hierdie reuse poging moontlik gemaak. (Cara Tomlinson, toerleier).

Die toer en vervoer van hierdie reuse beeld het nie sonder struikelblokke en haakplekke verloop nie, maar dìe is telkens deur passievolle helpers oorkom.

ORANIA ONTHULLING

10 Otober 2025 is met trots die 4 meter hoë beeld van 1,5 ton op sy nuwe 6 meter hoë voetstuk in Orania se stadskern onthul. Op Paul Kruger se 200ste verjaasdag. Oom Paul het tuisgekom.  ‘n geleentheid van onthou, van hoop.

As klein seuntjie het hy hiervandaan vertrek, die binneland in. Geen paaie, niks, die woeste gevaarlike binneland in. baie ontberinge op die pad beleef.  

Toe Paul Kruger sterf, sowat 50 was daar spoorlyne, paaie en dorpe, orde, grondwette, mynwette ,onderwyswette, skole , kerke ens.  In net een geslag . Paul Kruger se geslag, is gebou en ontwikkel. In die 2 provinsies het ‘n bougees geheers, bou vir die toekoms.   

In ‘n tyd waarin vele standbeelde bskadig en afgebreek word of weggesteek word, het Orania weer aan Paul Kruger as ‘n simbool van geloof en vertoue en standvastigheid ‘n sigbare staanplek gebied.

TONEELSTUK:  KRUGER BREEK DIE PAD OOP, NP VAN WYK LOUW

Hierdie aangrypende toneelstuk is op meesterlike wyse telkens op die pad aangebied.

Dit handel oor die lewe van ‘n jong 38- jarige Paul Kruger. Die harde besluite wat hy moes neem om wet en orde in die Transvaal te bring.  

Tydperk: 1863 net na die Trekkerstate hulle onafhanklikheid van Engeland verkry het. ‘n Moeilike en donker tyd in die geskiedenis van die Boererepublieke.

Wanorde en verdeeldheid heers in die Transvaal.

 Partyleiers en partye beveg mekaar.

Verkiesings word aanhoudend ongeldig verklaar.

Ooreenkomste word verbreek.

Daar word telkens na die wapens gegryp vir beslissing.

Paul Kruger se woorde aan Pres Pretorius was : “ Hier in Transvaal moet ons die wet leer ken en die wet leer gehoorsaam, anders gaan ons staat ten gronde, ons almal, ek, oom, en Schoeman, en elke man in hierdie land: Ons gehoorsaam die wet. Selfs as ons weet hy is sleg. Gehoorsaam ons hom totdat hy beter gemaak word. “

‘n Harde maar waar uitspraak wat gelei tot noodlottige en hartseer gevolge. Maar uiteindelik was dit die enigste uitweg vir vooruitgang in ‘n vry republiek.

Paul Kruger was/is ‘n groot leiersfiguur en simbool vir Vryheid vir die Afrikaner.

Bronne en foto’s : Orania, FAK, Kultuurnetwerke, Parys Zazette, Netwerk 24, Maroela media, sosiale media,  plaaslike media.

Maak 'n opvolg-bydrae