JAN VAN RIEBEECK / Man met vele probleme / Nuwejaar 1.1.1651 – 1.1.1655 / KOMEET / Kaap van Storms / VOC 1652 – 1795 / TEE /


MAN MET VELE PROBLEME
(eGGSA pos)

Jan van Riebeeck. Man met vele probleme.
Uit Journal of Jan Van Riebeeck Volume 1 / 1651 – 1655

Toe Jan van Riebeeck 1651 vertrek het vanaf Holland na Kaap die Goeie Hoop om daar ‘n halfwegstasie te gaan vestig, het hy waarskynlik nie verwag om soveel hindernisse en probleme in die ongetemde land teë te kom nie.

Gelukkig het hy joernaal gehou en daagliks getrou inskrywings gedoen. Dit het baie admin geverg, alhoewel dit duidelik is dat Jan van Riebeeck nie alleen alles opgeskryf het nie. moontlik deur sy sekretaris opgeskryf. Afskrifte van die Joernaal is gemaak en as verslag gestuur na Here XVII.

Alhoewel dit ’n moelike taak is om te lees en te vertaal kom die leser daarvan onder die indruk van wat ‘n geweldige en moeilike taak hy as Kommandeur van die Kaap gehad het.

Nogtans kon hy na 10 jaar in Kaap in 1662 na Batavië verterk in die wete dat hy ‘n goeie grondslag gelê het.

So vinnige opsomming van sommige van sy probleme:

  • Eerstens die reis na die Kaap. Meer as 3 en ‘n half maande ter see. Reis is stadig, see is rof en hulle moes te alle tye gereed wees om hulleself te verdedig teen vyandige skepe ( Portugese skepe en skepe van Engels Oos Indiese Kompanjie oa)
  • Landing in Kaap van Storms. Rowwe see sowel as moontlike vyandelike skepe reeds daar ‘n gevaar.
  • Manne is verswak van lang tyd op see.
  • Pionierswerk moet nou gedoen word deur ‘n klein groepie mense: Soldate en matrose. Mense wat nie opgelei is en vaardig is met bouwerk nie. Daar moet gebou word, gewaak word en te alle tye gereed wees om te verdedig.
  • Reeds met aflaai van goedere begin probleme. Sterk wind bemoeilik hul taak en inboorlinge is vyandig en wantrouerig. Groot pogings word aanwend om die klein groepie (9, 10 inboorlinge) se goedgesindheid te wen, want by hulle moet vee gekoop of geruil word.
  • Aanvanklik word daar op die skepe gebly, later in tente wat lek en nat word. Die mense word siek en kry verkoue. Die begin van Kaapse winter. Sterk wind veroorsaak groot probleme.
  • Bouwerk aan fort bied groot uitdaging. Min arbeiders. Onkundige bouers. Sandgrond spoel maklik weg. Baie bouwerk is swak en moet oorgedoen word. Manne is uitgeput van harde werk en swak van rantsoene wat min is.
  • Vars water moet gevind word. Goeie landbougrond moet gevind word en gewasse moet aangeplant word. Eksperimenteel in ñ nuwe omgewing. Vee moet gevind word, inboorlinge is traag om vee te bring en steel geruilde vee eenvoudig net weer terug. Voorsiening moet gemaak word vir inwoners sowel as skepe wat op pad is. Hout moet gevind word.
  • Inboorlingprobleme. Honger Strandlopers bedel vir kos. Groot bedrieërs onder hulle. Gewoontes en gebruike van inboorlinge vreemd. Soos om veld aan brand te steek , weiveld word vernietig en stel nuwe nedersetting in gevaar. Kommunikasie moeilik. Harry wat as tolk optree is ñ opstoker en bedrieër en steel die hele trop vee nadat hy die beeswagter vermoor het. Daar was onderlinge gevegte onder die inboorlinge en dan soek hul beskerming. Mense moet in groepe beweeg, anders word hulle beroof, veral van tabak en koper. “Fisherman ( Soaqua Visma) After all, they lived on nothing else but what they stole: none of their possessions were their own, p127 “
  • Die Kaapse weer skep groot probleme, Koud en nat. Sneeu op die bergpieke. Oes verspoel of waai weg. Kos in kombuise word nat. Mure stort ineen. Diere vanaf Holland, soos varke, vrek want hulle aard nie in die weer nie.
  • Wilde diere was ñ groot gevaar, veral die vee word daagliks gevang en gevreet. Leeus, jakkalse en hiënas veral. Groot troppe leeus probeer selfs om skape binne die fort by te kom. (p. 139) Seekoeie verwoes oeste en is moeilik om te dood want hulle is sterk en reusagtig en koeëls dring nie maklik in massiewe koppe in nie.
  • Skepe met siek mense land en maak Jan vsn Reibeeck se eie manne siek en baie sterftes volg. Op 6 Junie 1652 berig in Joernaal dat uit 160 man kan 60 nie werk nie. Diaree, ontwatering, koorssiektes en uitputting is hoofoorsake. Wyn waarmee verpleeg word (Veral aangewend vir Skeurbuik) is nie van goeie gehalte nie.
  • Die manne self skep ook groot probleme. Dronk soms (p. 57). Party dros eenvoudig (p 61). Opstokers (p.64). Manne steel self van die oes en vee want rantsoene is maar karig . Steel ook van die koper wat as ruilmiddel gebruik word. (p. 108). Party lui en onwillig om werk te doen, veral as dit by slag van robbe kom en die verwerking van die velle, ñ onwelriekende taak. (p. 113).

Drosters steel die sloep wat gebruik word vir visvang om werkers te voed.

  • Sprinkane (p. 141, 142)
  • Velle en kos vrot en muf.
  • Daar moet gewag word vir skepe wat nuwe voorraad bring, saad, rys, tabak, bone, meel ens. Inboorlinge moet verhoed word om self ruiltransaksies te doen met skepe. Terselfdertyd word vyandelike skepe gevrees.

Opsommerwys kan ons aanhaal:
“So at present life here is becoming sad and miserable; daily one after another falls ill …and many are dying from it. If it does not please the Almighty to deliver us from this plague, we see little chance of completing our work, as many of our men are dying and the rest mostly sick in bed. “ P44

Nogtans het hy die ekonomiese vooruitsigte en moontlikhede vinnig besef , pogings aangewend om die inheemse volk op te voed en die beskawing en Christendom gevestig te midde van baie gevare en probleme.

Jan van Riebeeck en sy groepie mense het die beskawing geplant aan suidpunt van Afrika.

From the Journal of Jan Van Riebeeck Volume 1 / 1651 – 1655

Uit Journal of Jan Van Riebeeck Volume 1 / 1651 – 1655
Jan van Riebeeck. Man met vele probleme.
……

JAN VAN RIEBEECK en NUWEJAARSDAG

1 Januarie 1651- 1 Januarie 1655: Jan van Riebeeck en Nuwejaarsdag

(Bydrae deur Kobie Ströh)

SUID-AFRIKA NUWEJAARSDAG

SUID-AFRIKA vier Nuwejaar op 1 Januarie soos dit gebruiklik is in die Weste met sy Christelike jaartelling—en veral in die Kaap is dit natuurlik ’n groot geleentheid met vrolike musiek en optogte.

NUWE JAAR NIE ALTYD 1 JANUARIE NIE:

Maar dit is dalk nie so wyd bekend dat die eerste dag van die jaar nie altyd op 1 Januarie (volgens die Gregoriaanse kalender) gevier is nie.

Nuwejaar was nie altyd op 1 Januarie gevier nie.

Nuwejaar was ook nie altyd ‘n Nasionale vakansiedag nie.

Eers volgens die moderne Gregoriaanse kalender is die eerste dag van die jaar 1 Januarie.

Die Gregoriaanse Kalender is in 1582 deur Pous Gregory XIII ingestel maar eers teen 1752 in meeste lande aanvaar en gebruik .

Engeland was die laaste om hierdie almanak in gebruik te neem.

Tussen 1582 en 1752 is daar meestal 2 verskillende kalenders ( Juliaanse en Gregoriaanse kalenders) in Europa gebruik, en verskillende datums as die begin van die jaar.

Amptelik het die nuwe jaar eers 25 Maart begin, maar 1 Januarie of 10 Januarie is ook gebruik.

https://www.facebook.com/groups/372725536482372/permalink/1385979685156947

JAN VAN RIEBEECK SE DAGBOEK:

Maar waneer en hoe het Jan van Riebeeck 1652 Nuwejaar beskou en van watter kalender het hy gebruik? Juliaanse of Gregoriaanse Kalender ?

Hiervoor kan ons van Jan van Riebeeck se Dagboek gebruik maak. Hy het noukeurig dagboek gehou of laat hou tydens sy reise en verblyf aan die Kaap.

1 Januarie Primo 1652 Maandag

1 Januarie Primo 1653 Woensdag

1 Januarie Primo 1654 Donderdag

1 Januarie Primo 1655 Vrydag

1 Januarie Primo 1656 Saterdag

ULTIMO 31 DESEMBER

Jan van Riebeeck dui die 31ste Desember aan as Ultimo.

Dit beteken laaste. Laaste dag van die jaar, 31 Des

PRIMO 1 JANUARIE

Van Riebeeck dui ook die 1ste Januarie as primo aan.

Primo New Year.

Primo beteken eerste. Die eerste dag van die jaar.

Dit is dus duidelik dat hy die nuwe Gregoriaanse kalender gevolg het.

1 JANUARIE ONGEMERK VERBY GEGAAN:

Hy was deeglik bewus daarvan dat dit die aanvang van ‘n nuwe jaar is, maar soos uit sy dagboek afgelei kan word, het hierdie datum half ongemerk en ongevierd verby gegaan.

Die redes daarvoor kan nogal duidelik in sy Joernaalinskrywings gesien word.

Die daaglikse stryd om oorlewing, die baie werk en probleme het min ruimte gelaat vir ‘n feesdag of ‘n algehele rusdag. Die eise van die daaglikse lewe was groot.

Selfs 25 Desember word genoem as Kersdag, maar het blykbaar ook ongemerk verbygegaan. By 1 Januarie 1654 se inskrywing word darem melding gemaak daarvan dat hy wyn aan soldate verskaf het.

UITTREKSELS UIT JAN VAN RIEBEECK SE JOERNAAL:

Uittreksels uit Jan van Riebeeck se Joernaal. ‘n Kosbare stuk geskiedenis wat aan ons nagelaat is: In hierdie Joernaal of Dagboek kry ons ‘n kykie in die lewe Jan van Riebeeck en die daaglikse gebeure en take wat hulle op see en toe aan land besig gehou het.

Journal of Jan van Riebeeck Volume I 1651-1655 (Uitgegee deur die Van Riebeeck Society 1952)

Journal kept by the Senior Merchant Jan Anthonissen Van Riebeeck who sailed as Commander with the ships Drommedaris, Reiger and Goede Hoop from Texel for Cabo De Boa Esperance in the service of the General United Dutch Chartered East India Company under the Chamber of Amsterdam.

1651

December 1651 p8

14th About 2 hours after midday, the weather being unsettled, squally and rainy and the wind westerly, the said Riebeeck departed with his family from the city of Amsterdam.

24th …and in the evening an hour after sunset all, praise God, fortunately reached the open sea outside Texel.

30th Wind blowing very strongly. We found our ship to be so cranky…declared that it was not possible to stand up against rough weather with such a cranky ship and that she could easily be overturned by a heavy swell.

Sunday ultimo Wind still northerly, blowing strongly, but veering slightly to te east; course W. nd W.by S., with brisk progress.

In the evening the wind began to blow much more strongly, so much so that the topsails had to be taken in. At about 8 glasses of the first watch there was such a heavy swell that the ship was flung completely on its side, to no small consternation of all those on board who, owing to the crankness of the ship, had grave fears of her capsizing. From this the Almighty has preserved us on this occasion; but we were very much exposed to this danger as the storm continued all night with such hard squalls from the N. and N.N.E. that we could hardly make progress under reefed courses without bonnets.

1652

January 1652

Primo New Year’s Day Wind N. and N.N.E., still equally strong, tempestuous and squally, with hail, snow and rain. Continued with small mainsails as above running before the wind on a W.S.W. course. We could not properly determine our position at midday, but estimated it to be lat. 49 deg. 2 min. N. and long. 9 deg. 37 min. We progressed this day 30miles.

December 1652

Sunday 29th On counting the stock to-day we found 18 sheep missing…

December 30th

On visiting the gardens today, we found that as a result of the strong winds which have blown with extreme severity during the past 5 or 6 days, our young green peas (which were blossoming beautifully and promised to be ripe by the arrival of the return fleet) had been blown to shreds.The beans, which had stood so beautifully that they were a joy, were now also mostly destroyed.

Sent 6 soldiers to-day over the kloof between the Table and the Lion Mountain behind the fort to look for the sheep, and also instructed them to go behind the Table Mountain to find out at the same time the strength of the Saldanhars. For this purpose they stayed out all night.

Ultimo(31st)

Fine, warm weather and W. breeze. The soldiers returned In the afternoon and reported that they had not found our sheep but had seen a great multitude of cattle and sheep belonging to the Saldanhars, mostly behind the Table Mountain in the little Hout Bay…

Meanwhile some natives occasionally arrived at the fort with sheep, of which we traded 12. Towards evening some new Saldanhars arrived with a milch cow; we obtained her at a reasonable price. They intimated that they and a large number of their people were encamped neat the salt-pan. 4 miles from here. They also had many cattle there and every day they would bring some for sale. We strongly encouraged them to do this by treating them kindly and well and affirming that we had much copper and tobacco for them. Hope that we shall obtain a good number of cattle from these newcomers, to which we entertained them a;; the more to entice them. May the Almighty grant his blessing thereto. Amen.

In the evening it once more began to blow boisterously and violently from the S. E., continuing throughout the night.

1653

January 1653

Primo New Years Day (p123)

The S.E. wind still blowing as violently as before. The Saldanhars arrived fairly early with 7 sheep which we traded from them before divine service.

To-day, through the intercession of various persons and on promise of amending their conduct, were released from irons, in which they had been condemned to remain fot two years for having absconded, the persons Gerrit Dirckssen, Jan Blanx and Willem Huijtjens.

Likewise the corporal of the soldiers, who had been suspended, was reinstated in office on this New Year’s Day, in the hope that in accordance with his promise he will atone for his mistakes by better behaviour.

December 1653

Sunday 28th December/ 29th Wind blowing strongly from the S.E., preventing the ships from landing any goods for the fort.

30th December

In the morning fine, calm, warm weather. Many Saldanhars came to the fort, but they brought only one head of cattle which we bartered from them, so that now again we have 7, of which we gave three to the ships, so that they might have a little fresh meat, namely 1 ¼ to the Breda, 1 to the Naerden and ¾ to the flute Lam, with cabbages every day.

In the evening it began to blow rather strongly from the S.S.E., continuing on the

Last ditto (31st)

The ships Breda, Naerden and Lam, having received their dispatch and taken our letters for the Hon. Governor-General and Councillors of India departed from this bay to continue their voyage to Batavia. May the Almighty grant them a safe passage. Amen

1654

January 1654

Primo New Year’s Day. (p.200)

In the morning clear, calm. Warm and sunny weather; a slight breeze from the N.N.W. Gave each man a tankard of Spanish wine at the mess for the New Year.

December 1654

Sunday 27th In the evening lit the fire in the brick-kiln. It is 60 feet long, 30 feet wide and 13 feet high, Rhineland measure, and 437 000 bricks had been taken by wheelbarrow into it…

29th In the morning strong winds as before, but towards afternoon it calmed down somewhat and the English Captain with his party went on board, having taken their final leave of us. In the afternoon it once more began to blow strongly from the same direction, with exceptionally heavy and fierce squalls over the Table Mountain. The Englishman, however, set sail.

30th Strong S.S.E. wind as before.

Ultimo (31st)

In the morning quite calm on this side, but on the opposite side of the bay strong S.S.E. winds as before.

1655

January 1655 (p. 280)

Primo : In the morning fine, clear, sunny weather, and calm.

December 1655

Ultimo (31st)

In the morning cool rainy, growing weather; breeze from the N.W. Since the 25th instant another 2 head of cattle and 45 sheep have been obtained. These were chiefly brought by the Kaapmans, having, according to them, been taken from the Saldanhars. For this purpose they and all our cook’s woodcarriers again went out to-day, notwithstanding our intimation to them that we would rather they desisted therefrom, in order that the Saldanhara as well as they themselves could have access to us. They, however, seemed to pay little attention to this; on the contrary, they insisted on having 6 or 8 strong soldiers with firearms to assist them in robbing the Saldanhars of their cattle, saying that the latter had recently attacked them suddenly and treacherously and carried off many of their cattle, for which they now wished to take revenge. It appears that the Kaapmans are collecting all their forces they can to prevent the Saldanhars from coming here, or to do battle against them.

Before noon the little Robbejacht ,( shallop Robbejacht sent on 29th to Robben Island with 80 sheep) ,returned to the roadstead. She had landed the sheep on the Robben Island but, on account of these N.W. winds, could not reach Dassen Island.

To-day we lit the fire in the first brick-kiln (containing about 400 000 bricks) built during the dry season. Another kiln is being prepared, which will contain at least 250 000 bricks and will, we hope, be full and ready for baking in 3 or 4 weeks’ time. It would be possible to produce many more bricks if only we had enough horses for transporting the firewood.

Die ster met ‘n stert / Vremde ster met een staert / Komeet C/1652 Y1

JAN VAN RIEBEECK SE KOMEET

(Bydrae deur Kobie Ströh)

1652

Die eerste opgetekende komeet in Suid-Afrika is ontdek deur Jan van Riebeeck.

16 Desember 1652 het Jan van Riebeeck en ander Nederlanders aan die Kaap hierdie komeet met die blote oog raakgesien.

17 Desember word daar in Jan van Riebeeck se Dagboek aangeteken:

17 do

“savonts omtrent tusschen 9 á 10 uijren sagen in’t O.Z.O , suitwaers van den Reus, omtrent 80 gr boven den horisont, een vremde ster met een staert, streckende de staert noortwaerts recht op de knien van den Reus, end hooft meest Zuijen omtrent 10 gr vanaf den horizont.”

Tussen 9 en 10uur die aand, suid van die Reus, Orion, ‘n vreemde ster met ‘n stert.

Die bygeloof dat so ‘n vreemde ster met ‘n stert onheil en oorlog voorspel blyk ook duidelik uit die opmerking dat hierdie ster “ ‘t Beduijtsel is den Heere bekent, “. Ook nie lank daarna kom ‘n seilskip uit Patria in die hawe aan met die nuus dat die Engelse Republiek oorlog verklaar het.

Hierdie komeet, of ster met ‘n stert soos dit genoem was, is ook van 24 tot 26 Desember in Europa waargeneem, o.a. in Amsterdam.

‘n Destyds bekende astrologiese waarnemer, Hevelius (1611-1687) het hierdie komeet waargeneem, bestudeer en sy baan gevolg vanaf 20 Desember 1652 tot 8 Januarie 1653.

Die komeet het van suid na noord beweeg en dit is moontlik waarom Jan van Riebeeck die ster met die stert reeds 3 dae voor Hevelius raakgesien het.

Die naam van die komeet is C/ 1652 YI.

Dr RH Stoy, hoof van die Koninklike Sterrewag in Kaapstad het verduidelik dat bekende komete soos Halley periodiek gesien kan word. Meeste komete kan egter net eenmaal gesien word en kom nie weer terug nie, in elk geval nie in menslike geskiedenis tot dusver nie. Jan van Riebeeck se komeet van 1652 blyk een van hierdie komete te wees wat nie terugkom nie. Die komeet kon baie goed waargeneem word in Europa en sy baan deur die hemelruim kon duidelik gevolg word.

Daar word bereken dat Jan van Riebeeck se Komeet C / 1652 YI ongeveer 282 AE vanaf die aarde verby gegaan het (1 AE = 149 597 871 km). Hierdie komeet kom in die sterrebeeld Herculus voor.

Bronne en Foto’s: Internet. Facebook. Scheepsjournael Ende Daghregister . Journal of Jan van Riebeeck / Volume I 1651 – 1655

DIE KAAP VAN STORMS: Die VOC 1652 – 1795

Die Kaap van Storms: Die VOC 1652 -1795

(Bydrae deur Kobie Ströh)

Die VOC was die wêreld se grootste handelsvloot toe Jan van Riebeeck 6 April 1652 in Tafelbaai geland het met die opdrag om ‘n verversingspos op te rig vir verbyvarende skepe.

Moeilike omstandighede

Seevaart was maar ‘n moeilike bedryf en baie skepe het op die seereise vergaan. Die sterftesyfer aan boord was hoog waar siektes soos skeurbuik, aansteeklike siektes, hongersnood en ongelukke ‘n groot tol geëis het. Die aantal mense wat die Hollandse hawens verlaat het en weer teruggekeer het was maar min, hoogstens een-derde het teruggekeer.

Die skepe was vol, huisvesting was swak en beknop, kos eentonig en dikwels bedorwe, drank skaars en suur en die water het gestink van die alge. Die seelui moes ook baie hard werk, streng dissipline is gehandhaaf en swaar strawwe toegedien. Teen siektes was daar bitter min middele en oorledenes is met ‘n eenvoudige godsdienstige ritueel oorboord gegooi. Godsdiens is gereeld gehou tydens die reis en skeepslui het gedurig om God se beskerming gebid.

Ten spyte hiervan was die VOC die groot werksverskaffer en talle mense het hierdie reise onderneem, gelok deur avontuur en die hoop op sukses en rykdom al was die vergoeding maar eintlik karig.

Diensstasie

Die noodsaaklikheid van ‘n verversingstasie of diensstasie op die lang seereise het noodsaaklik geword.

Voor 1652 het Nederlandse skepe wel soms by die Kaapse kus aangedoen (minstens 65 geleenthede opgeteken), siekes is aan wal gebring, skepe is herstel, brandhout versamel, vars water ingeneem, visgevang en pogings is aangewend om vars vleis te bekom, hetsy deur ruil van vee of die vang van dassies en pikkewyne.

Die VOC se primêre doel met die verversingspos was eintlik net om sy skeepsvaart winsgewend te maak. Onvermydelike uitgawes was daar ongelukkig, maar daar was verwag van amptenare om kostes so laag as moontlik te hou. Tafelbaai was uitsluitlik bedoel as herstelplek en aanvullingsplek vir skepe en hul bemannings. Alle hulp, skeepstoerusting, proviand, drank, medisyne is plaaslik op VOC se kostes verskaf. Die Kaapse Koloniste was in die vroeë vestigingsjare ook grootliks aangewese op die besoekende VOC vlote vir hulle behoeftes en hongersnood het dikwels aan die Kaap gedreig.

Die Kaap was maar ‘n ongewilde herberg en skepe het verkies om verby te steek na St Helena. Dikwels moes hulle ook proviant afstaan aan die Kaap en van hulle bemanningslede moes ook soms agterbly om die arbeidersmag te versterk en waardevolle tyd het sodoende verlore gegaan en het hulle bonus vir ‘n vinnige oorvaart in gedrang gebring.

Passasiers en vrag, kratte en bale, moes met ‘n seilboot van die skip af gebring word waar wagtende bootsvolk dit deur deinings op hulle skouers strand toe gedra het, ‘n tydrowende proses wat weke geneem het, gevaarlik in gure weer en sterk winde. Duisende watervate met vars water is weer so aan boord gebring, ‘n ontsaglike taak.

Die skepe het egter voortdurende onderhoud benodig en werk aan boord was baie. Sodra ‘n skip geanker het moes seile herstel en gedroog word, tuig moes styfgetrek word, teer moes weer waterdig maak, maste is waterdig gemaak en geverf, slaapkwartiere is skoongemaak en ontsmet, vars lug deur poorte ingelaat, vrag is herpak om die skip weer gelyk te kry en om plek te maak vir nuwe voorraad. Skepelinge het maar min ontspantyd tydens hulle Kaapse verblyf gehad.

Vir siek matrose was die aandoen van skepe in Tafelbaai dikwels lewensreddend. Vars voedsel en water en die Kaapse vars lug het bygedra tot vinnige herstel.

Vir die res van die bemanning was dit ook ‘n welkome verposing. Daar was gewoonlik vir ‘n dag of twee aan land gegaan, ‘n vaatjie wyn in die hande gekry en saans was die onwettige besoeke aan die slawelosie ‘n groot plesier, maar ‘n groot probleem vir die owerhede

Vir die burgers van die Kaapse nedersetting was ‘n seil op die horison en die aankoms van die retoervloot ‘n groot belewenis. Skepe het nuus gebring, proviand, klere en vrolikheid en finansiële voordele vir die inwoners.

Korrupsie

Die roete om Kaappunt was uiters gevaalik en dikwels het skepe hier gestrand.

Die berging van die vrag was vir die Kompanjie uiters winsgewend en daar moes gewaak word teen stroopery en korrupsie en die beskerming van die VOC se belange was belangrik.

Sluikhandel en smokkelry tussen burgers en skeepsbemanning het ook ‘n rol gespeel en het streng maatreëls tot gevolg gehad. Plakkate is tydens die VOC- bewind uitgevaardig wat o.a. die verkoop van sterk drank en vleis aan skeepslui verbied het, maar selfs dit kon nie regtig die smokkelary uitroei nie ten spyte van groot boetes wat opgelê is aan skuldiges.

Alle goedere wat aan wal en aan boord gebring was, was deeglik ondersoek en opgeteken. Snags is die strande gepatrolleer om onwettige handel te probeer verhoed en ‘n ratelwag moes die vasgemeerde bote dophou sodat niemand na die skepe toe roei of seil nie. Alle vrag was deeglik opgeteken en in die geval van vals opgawes en bedrog is die goedere afgeneem en in die VOC pakhuise geberg en tot voordeel van die Kompanjie verkoop.

Strandings

Die moontlikheid dat ‘n skip met ‘n waardevolle vrag kon vergaan was ‘n groot kommer, veral as die Suidooster gewoed het. Die VOC kon nie bekostig om soveel winste te verbeur nie.

Die Kaapse kus het altesaam 56 VOC skepe geëis, 33 hiervan het in Tafelbaai vergaan, Die winterstorms het 28 hiervan geëis. Meeste het by die mond van die Soutrivier gestrand (21 uit 33), 7 naby die Kasteel, 3 in die baai, een by Robbeneiland en een teenoor Rietvlei.

Die skepe het gestrand en daarmee saam het kosbare vrag verlore gegaan; Oosterse vrag wat met soveel onkoste en gevare bekom is. Sestien van bg. 33 skepe is in net 2 geweldige storms uitgewis. In die winter van 1722 is 7 skepe in een storm verloor en in die winter van 1737 het 8 uit 9 retoerskepe op een slag vergaan.

As ‘n skip in nood verkeer het is ‘n vlag tot op die mastop gehys en as dit ernstig was, is ‘n kanonskoot afgevuur. Daar is dan van die land af seine gestuur en en ‘n groot vuur gemaak. Spesiale wagte is dan gestuur om te probeer verhoed dat vrag wat uitspoel gestroop word. Nuus van van ‘n skipbreuk het gou versprei en mense het na die strand gestroom, selfs vanaf die buiteposte.

Strandjuttery was ‘n probleem met vrag en wrakstukke wat gesaai gelê het en is as ‘n ernstige misdaad beskou. Die eerste plakkaat daarteen is al reeds in 1692 uitgevaardig en persone wat betrap was het lyfstraf ontvang. Amptenare, burgers en slawe het egter kiste oopgebreek en gestroop en selfs wagte kon dit nie beheer nie. 1722 is ‘n plakkaat uitgevaardig waarvolgens uitgespoelde goedere binne 48 uur moes ingelewer word of hulle sou summier lyfstraf kry of opgehang word. Wagte sou dubbel gestraf word. Almal “ man, wijf, kind, soldaat, matroos of slaaf” is verbied om bedags of snags op die strand te kom.

Goewerneur PG Noodt het op 3 Julie 1728 ‘n stormramp beleef toe Middenrak en Stabroek met hul vol geldkiste by Soutriviermond gestrand het. Hy het afgekondig dat pale op die strand opgerig moes word by die ramptoneel en enige ongemagtigde persoon op die strand teenwoordig sal summier sonder enige verhoor daar opgehang word. Soldate mag ook op vlugtendes skiet

20 Mei 1737 is byna die hele retoervloot van 9 skepe met sy gesogte Oosterse vrag uitgewis. Die plakkate van 1722 en 1728 is hernu , tog is 4 rowende slawe in die nag betrap en aan die galg tereggestel. Die liggame het ‘n paar dae daar bly hang. Ter afskrikking.

Lewensverlies kry min aandag

Amptenare was tydens skipbreuke uiters besorg oor die vrag en min is gedoen om lewens te red. Soldate is gestuur om strandroof te voorkom, goedere te versamel en en ‘n groot vuur is op die strand gemaak.

Geen poging is aangewend om manne te red nie so bv. is 16 Junie 1722 planne beraam om waardevolle geldkiste te red maar nie een plan beraam om die 600 manne van verdrinking te red nie. Baie matrose kon ook nie swem nie.

Reddingspogings

Twee gevalle is wel bekend waar individue op eie inisiatief reddingspogings aangewend het

Jochem Willemsz

Jochem Willemsz, kwartiermeester op ‘n Oos-Indiëvaarder, was 5 Mei 1692 aan land toe 2 VOC skepe en 1 Engelse skip naby die Soutrivier vergaan het. 300 toeskouers moes op ‘n afstand staan en toekyk hoe matrose hulpeloos om hulp skreeu.

Willemsz het ‘ n tou om sy lyf gebind en na die vinnig verbrokkelende skip “Hoogergeest” geswem. Daarmee is ‘n sterker kabel, wat intussen aan die tou vasgemaak is, na die wrak gesleep. ‘n Paar drenkelinge is op ‘n stuk van die skip na veiligheid gesleep en ‘n vlot is inderhaas aanmekaar getimmer. 4 of 5 man is telkens hierop gelaai en uitgesleep. Feitlik almal is so gered.

Goewerneur Simon van der Stel het na die reddingspoging sy eie jas aan die yskoue papnat Willemsz gegee toe hy aan land kom en ‘n getuigskrif van lof aan hom oorhandig.

Noodt se gewraakte plakkaat van Mei 1728 wat die teenwoordigheid van onbetrokkenes op strand verbied het, het ook verseker die lewens van baie matrose gekos.

Wolraad Woltemade

Gelukkig het die bejaarde Wolraad Woltemade hom ook nie aan enige plakkaat gesteur toe hy op 1 Junie 1773 met sy perd die see ingery het na die wrak van De Jonge Thomas toe nie .

Die meeste van die seelui het reeds omgekom, ‘n lewensverlies van 138, maar hy kon 14 van die desperates wat probeer uitswem het , red waarna hy en sy perd self verdrink het. Tydens hierdie gebeure was die ekwipasiemeester Staring en sy soldate nog op pad met ossewa en skuit om die vrag te kom red.

Bron: Die VOC aan die Kaap 1652-1795 : Con de Wet, Leon Hattingh, Jan Visagie.

JAN VAN RIEBEECK : TEE

DIE HUISGENOOT 7 Maart 1952: TEE

(Bydrae deur Kobie Ströh)

Interessante TEE advertensie in DIE HUISGENOOT 7 Maart 1952.

Hy is Abraham, seun van Jan van Riebeeck. Sy naam staan uit in die lang verhaal van tee in Suid-Afrika. Hy is aan die Kaap gebore en het ons die eerste bekende geskrewe rekord van teegenot in ons land gegee. Dit kom voor in sy dagboek op Maandag 23 November 1676. Hy beskryf ‘n besoek aan Rondebosch: “Aan die end van hierdie plantasie loop daar ‘n rivier -die Liesbeek- wat op sommige plekke vanweë sy diepte, en op andere vanweë tiere en luiperds gevaarlik is om oor te steek. Nadat ons dit met genoeë besigtig het, en nadat ons ons met ‘n teedrank verfris het.

Hoe anders sou sake hom vandag getref het, as hy kon terugkom! Sou enigiets nog dieselfde wees? Klere, gewoontes en gebruike het verander – selfs die landskap. Nee, hy sou weinig aantref wat onveranderd gebly het, maar daar is een gebruik, een huislike genot wat vir hom nie vreemd sou wees nie- ja, daardie verkwikkende genot in ons lewe – tee.

Sedert van Riebeeck se dae was tee nog altyd ‘n gunsteling by Suid-Afrikaners. Tee verkwik altyd en is een van die mees ekonomiese artikels op die kruidenierslys- ‘n bemoedigende gedagte in hierdie duur tye. Tee maak baie harte bly,200 smaaklike vol koppies uit elke pond.

MEER VERKWIKKING VIR U IN

TEE

MEER KOPPIES UIT ‘N POT – MEER POTTE UIT ‘N POND

Maak 'n opvolg-bydrae