Hoërskool Monument / Krugersdorp

HOëRSKOOL MONUMENT

Voor die ABO was meeste kinders nog tuis onderrig.

Die NG Kerk het wel ‘n skooltjie in Krugersdorp sedert 1890 gehad.

Tydens die ABO het die skool tydelik gesluit terwyl die onderwysers op Kommando was.

Na die oorlog het ‘n inwoner, JH Grundlingh, ‘n privaatskool in ‘n sinkgebou begin. Dit was eintlik ‘n pakhuis van die Britte wat hy na hulle vertrek terug Engeland toe in gebruik geneem het.

Later is die sinkgebou vervang met ‘n steengebou en die CNO Skool ontstaan.

Uit hierdie CNO Skool het Monument Hoërskool gegroei.

Toe verpligte onderwys in 1907 ingestel word, het die nood vir onderrig in Afrikaans ontstaan en al groter geword.

1921 word ‘n Afrikaans-medium skool op Krugersdorp gestig.

1 Februarie 1921 word die Afrikaanse skool geopen in die Royal George Vrymesselaarsaal met 48 leerlinge, ‘n waarnemende skoolhoof en 3 onderwysers.

1922 verskuif die skool na ‘n ou kafee met ‘n aangrensende woonhuis. Die leerdertal was nou 128, met 4 onderwysers vir Duits, Wetenskap, Wiskunde en Geskiedenis.

Die depressiejare, droogte en Eerste Wêrelsoorlog maak die omstandighede baie moeilik, maar die skool staan vas.

2 Februarie 1922 open ‘n seunskoshuis met 37 seuns.

Februarie 1923 open ‘n dogterskoshuis met die naam Harmonie. Beide koshuise was in gehuurde geboue.

1Sepember 1921 word die amptelike naam Hoërskool Monument met die kleure blou, bruin en oranje. Die Oranje het later na goud verander.

1926 word die bou van ‘n skool op die Ottoplein Koppie goedgekeur. Die Argitek Gerhard Moerdyk (argitek van Voortrekkermonument).

1938 word die koshuis vir dogters geopen, die Christina Pretorius Huis.

1949 ‘n seunskoshuis ,die Hendrik Potgieter Huis.

Ondertussen het Monument Hoërskool gegroei en dubbelmedium geword.

Monument Hoërskool, Monnas, het ‘n ryk en trotse geskiedenis met unieke tradisies.

Die Paardekraalmonument is aangeneem as die simbool van die skool.

Op die terrein spog ‘n replika van Paardekraal Monument, presies volgens skaal gebou. Die replika is in 2005 opgerig. Die Kloktradisie is ook toe ingestel . Die hekkie-tradisie is sedert 1988 simbolies van die binnestap in die skool en dan weer die uitstap in volwasse lewe in.

Maak 'n opvolg-bydrae