HILLBROW- TORING / JG Strijdom Toring / Telkom Toring

HILLBROW-TORING / JG Strijdom-toring / TELKOM-toring

Hillbrow

Johannesburg

De Hillbrow-toring is ‘n kenmerkende gebou wat die gesigseinder van Johannesburg oorheers.

Die toring was oorspronklik genoem die JG Strijdom-toring , maar het gou bekend geraak as die Hillbrow-toring weens die ligging van die toring in Hillbrow Johannesburg.

Die bouwerk het meer as 3 jaar geneem, van Junie 1968 tot April 1971. Vir 6 dae ‘n week, 24 uur elke dag is daar gewerk aan hierdie toring. Die eerste 178 m het gemiddeld 18 cm per uur gevorder.

Hillbrow-toring is opgerig as ‘n Suid-Afrika Pos en Telekommunikasie projek (later Telkom) om as ‘n mikrogolftoring/ radiotoring te dien vir telefoon en kommunikasie.

Mikrogolwe was die nuutste tegnologie in 1960’s en Telkom was gretig om dit te gebruik om die gebruik van duur ondergrondse kabels te verminder.

Die toring moes hoër as die omliggende geboue wees want milrogolwe kan net in ‘n reguit lyn van een sender na ander oor maksimum 40-50 km gestuur word. Daar kan nie geboue ens in die pad wees wat die golwe belemmer nie.

Voorheen is van ‘n radiogolfstelsel gebruik gemaak, maar weerpatrone het ‘n groot invloed daar op gehad, veral elektriese donderstorms, tipies van Johannesburg in die somermaande.

Hillbrow-toring is 270 m hoog , gelykstaande aan 63 verdiepings.

Dit was vir bykans was 50 jaar lank die hoogste toring met ‘n hysbak in Afrika. 2021 is die hoogte oorskrei deur die Egiption Icinic Tower wat 393,8m hoog is.

Om die toring perfek vertikaal te kry was ‘n laser straal van die grond af gebruik as gids.

Die mure 84cm is dik op grondvlak en 38 cm dik op die top.

Die topvloer is 204m hoog en saam met die antenna bo-op is die toring 269 /270 m hoog. Die mas was met ‘n helikopter in plek geplaas, blykbaar was dit ‘n ongelooflike gesig.

Eskom Duvha Kragstasie in Witbank se 2 rookkolomme/skoorstene is 300m hoog, 30 meter hoër as Hillbrow-toring met ook ‘n hysbak en trappe binne wat gereeld gebruik word tydens skoonmaakaksies.

Op winderige dae kan Hillbrow-toring tot 41cm heen en weer swaai. Besoekers was nie eers bewus van die beweging nie. Dit is agv spesiale tegnieke wat die toring slegs paar cm laat swaai het en nie etlike meters soos gewoonlik by geboue van hierdie hoogte nie. Die fondasie van 42 m oa verklein die swaai na minder as ‘n half meter,in sowat 8 sekondes. Die swaai-beweging op die top is sowat 86cm teen ‘n wind van 190kmpu.

GROOT TOERISTE-LOKPUNT

Hillbrow-toring was vir baie jare ‘n groot toeriste-besoekpunt.

Vanaf 131m opwaarts kon 6 vloere deur die publiek besoek word.

Daar was ‘n publieke uitkykpunt vir tot 200 mense waar hulle ‘n 350grade uitsig oor Johannesburg kon kry deur 24 groot vensters. Daar kon hulle deur 7 teleskope (wat met munte gewerk het) die omliggende area van bo bekyk. Ook eetgoedjies en drinkgoed kon daar gekoop en genuttig word.

Besoekers kon met 2 hoë-spoed hysbakke teen 6m per sekonde die toring opgaan. Daar was selfs ‘n 3de hysbak slegs vir personeel.

Die vensters is storm- en wind-bestand.

Die publieke vloere was luuks ingerig, die interieur, meubels en versierings gemaak deur bekende SA kunstenaars.

Hillbrow-toring was bekend vir uiterste luuksheid en die besonderse naglewe van Johannesburg.

Die bekendste was die draairestourant, Heinrich’s Restaurant. ‘n Gesogte en baie duur eetplek. Die hoogste restaurant in Afrika op 197m. 108 persone kon aansit vir ete in absolute luuksheid met ‘n 360 grade uitkyk oor die stad terwyl die restaurant 1 tot 2 omwentelinge per uur anti-kloksgewys gedraai het. As die restaurant vol was, het sowat 64 metrieke ton glad en gebalanseerd gedraai met slegs ‘n 3-perdekrag motor as aandrywing. Daar was 1 kelner vir elke 10 kliënte.

Buiten die draairestaurant was daar ‘n Diskoteek, Cloud 9, sowel as ‘n restaurant wat nie kon draai nie, The Grill Room. In The Grill Room kon 113 mense aansit , ook gerieflik en luuks met ‘n oop braai waar gesien kon word hoe die voedsel gebraai en voorberei word.

Elke restaurant het sy eie kroeg gehad.

Daar was ook ‘n VIP-Room, spesiaal vir private partytjies, seminare, vergaderings of ‘n private eetplek wat 50 mense sittend of 100 staande kon hanteer. Die VIP-Room was versier in Louis XVI-styl.

Die restaurante en die sitkamers se mure was versier met muur-tapisserieë, Ernst Ullmann Appliek, wat SA voëllewe uitgebeeld het, asook die geskiedenis van kommunikasie en vroeëre Johannesburg tonele.

Alles is verwyder uit die toring en is tans in de Telkom geboue in Pretoria.

Hillbrow-toring is gesluit Januarie 1981 weens veiligheidsredes. Tydens onstabiele politieke tye was dit ‘n moontlike teiken vir terroriste aanvalle.

Ongelukkig nooit weer ge-open nie.

TANS

Hillbrow-toring behoort tans aan Telkom.

31 Mei 2005 is Hillbrow-toring hernoem as die Telkom Joburg Tower.

2009 is ‘n reuse sokkerbal van 35 ton op die toring aangebring as bemarking van die2010 FIFA Wêreldsokkerbeker. Laterwas ook ‘n pienk bal daar aangebring as bemarking.

Tans huisves die toring kantore vir Telkom. Die area is hartverskeurend verwaardloos.

Die groot trots van Johannesburg wat duisende besoekers gelok het, het ‘n onveilige plek geword, te midde van groot agteruitgang.

Foto’s: Internet. Gys Ströh snr April 2025.

Maak 'n opvolg-bydrae