Hennie Steyn Brug / Bethulie / Langste brug

Hennie Steyn-brug

Bethulie

Langste brug in Suid-Afrika

Naby Bethulie op die R390 in die rigting van Burgersdorp strek die Hennie Steynbrug in ‘n Noord/Suid rigting oor die Oranjerivier.

Die bou van die Hendrik Verwoerddam ( Nou die Gariepdam, Gariep was die Boesmanwoord vir die Oranjerivier wat “rooi water” beteken) het die bou van nuwe brûe genoodsaak. Daar moes voorsiening gemaak word vir toekomstige hoër watervlakke.

Die brug is ontwerp en gebou deur SA Spoorweë en Hawens.

Die berekeninge moes baie akkuraat gedoen word aangesien die brug van beide kante af gebou was.

Die spoorlyn moes met 19km herlei word vanaf die ou brug na die nuwe en ñ nuwe stasie moes gebou word aan die oostekant van Bethulie.

Daar is ñ dubbelbaanpad en ñ treinspoor oor die brug.

Maart 1972 is die brug voltooi.

Dit is die langste brug in Suidelike Afrika met ‘n lengte van 1 121 meter. Die hoogte 52,5 m. Die Hennie Steyn-brug is opgeteken in die SA Rekordboek van 1982.

Die brug het 26 boë met ñ spanwydte van 39,65mm elk.

Onder die brug was ñ koperplaat met die name van almal wat ñ groot rol gespeel het in die bou van die brug. Ongelukkig het die plaat in 2014 verdwyn.

Die brug is vernoem na Hennie Steyn. Dr DH Steyn Hennie) was die persoonlike sekretaris van die Minister van Waterwese (PK le Roux) en die eerste voorsitter van die Orange River Development Project Advisory Council.

Die naam het baie ongelukkigheid veroorsaak.

30 September 1966 het die stadsklerk ñ brief aan die OVS Reklamevereniging gerig met die versoek:

“My raad verlang dat die brug na die dorp vernoem sal word naamlik Bethulie-brug. My Raad misgun nie enige hoogaangeskrewe persoon die eer van vernoeming nie, maar voel dat wanneer ñ persoonsnaam aan die brug gekoppel word meeste mense, wanneer hulle van die brug hoor, nie weet waar dit geleë is nie. My Raad voel oortuig daarvan dat enige hoogaangeskrewe persoon graag ter wille van die reklame waarde wat dit vir die dorp sal hê, sal wil afstand doen van sy vernoeming tot voordeel van die dorp…”

ñ Jaar later het die Raad die naam “Die groote wagendrifbrug” voorgestel. Tevergeefs was die stryd, want op die einde is die brug se naam wel die Hennie Steyn-brug.

Bronne: Bethulie Onvoltooid… Trudie Venter

Foto’s: Gys Ströh snr ( Gysbertus Johannes Ströh ) 2020. Facebook.

Maak 'n opvolg-bydrae