Henley-on-Klip
Horace Kent se huis, The Estancia, 1904
Tans bekend as die Spookhuis, Off the Rails kroeg.
Henley-on-Klip
Prentjiemooi, idilliese dorpe al langs die Kliprivier.
Bekend vir sy bome, pragtige rose, pragtuine en salige rustigheid waar ontsnap kan word uit die woeligheid van die stad.
GESKIEDENIS VAN HENLEY-ON-KLIP
Henley-on-Klip is in 1904 kort na die ABO gestig deur advokaat Horace Kent.
Horace Kent is in 1855 in Henley-on-Thames aan die oewer van die Teemsrivier in Engeland, gebore.
1898 het hy na Suid-Afrika toe gekom
Advokaat Horace Kent koop in 1903 in samewerking met die Small Farms Company (SFC) die grond vanaf ene mnr. C.J. van Der Westhuizen, die plaas Slangfontein, 410 morg (346 ha) 1903 vir ‘n prys van 5000 pond.
Hulle verdeel die grond in klein plotte van 0.4 tot 30 hektaars. Small Farms Company plant 20 000 appelbome in die area.
Die gebied waar Henley-on-Klip geleë is het Kent aan sy tuisdorp, Henley-on-Thames herinner, veral die wilgebome al langs die Kliprivier op die plaas Slangfontein. Toe benoem hy die nuwe beplande dorp Henley-on-Klip.
HORACE KENT
Die Stigter van Henley-on-Klip, 1904
Sy naam was Richard Horatio Couch Kent, net bekend as Horace.
Daar is baie teenstrydighede in sy verlede. Gebore in Debtford 1855, nie Henley-on-Thames (soos nog altyd geglo). Geen bewyse kon nog gevind word dat hy daar wel daar gewoon het nie. Hy het die area wel goed geken. Dit kon moontlik ‘n bemarkingsfoefie gewees het.
Hy was die 7de van 10 kinders.
In 1875 trou Horace Kent met Elizabeth Hearn Braund
Hy bekwaam homself as ‘n suksesvolle advokaat.
Horace Kent het jeukvoete gehad en was nie lank tevrede op een plek nie, dan het hy ‘n volgende uitdaging gesoek.
In 1898 op ouderdom 43, volg hy sy drie ouer broers Francis, Joseph en Arthur na SA. Hulle het reeds tussen 1860 en 1890 na SA gekom. Die nuus van die goud in SA was ook ‘n groot trekpleister.
Toe die ABO uitbreek het hy teruggekeer na Engeland.
Daar het hy op die platteland gewoon en hy en sy vrou het ‘n ou meule omskep in ‘n pragwoning. Horace en sy vrou was lief daarvoor om eiendomme te ontwikkel terwyl hulle self daarin gewoon het.
Later het hy presies dieselfde gedoen in Henley-on-Klip. Hy beplan en ontwikkel ‘n dorp terwyl hy en sy gesin daar woon.
Na die oorlog in 1902 het hy , sy vrou Elizabeth , twee dogters Dollie en Eva, en hulle goewernante teruggekeer na SA .
Percy, hul oudste seun was in Sjina, Leo hul 2de seun was reeds 23 en gekwalifiseer as prokureur in Engeland. Douglas was nog op universiteit en die 2 jongste seuns Hughie en Norman nog op kosskool in Engeland.
Leo het later sy pa gevolg SA toe en saam met hom gepraktiseer in Johannesburg.
Horace en Elizabeth was nie gelukkig in ‘n stad nie en het gehunker na die platteland en besef dat daar sovele ander met dieselfde hunkering in Johannesburg is.
Met sy ondervinding as eiendomsontwikkelaar het hy dadelik die moontlikhede van hierdie plaas Slangfontein langs die Kliprivier, wat hom so baie herinner het aan Henley-on-Thames , raakgesien.
Dit was geleë langs ‘n rivier wat maklik opgedam kon word, net 30 km suid van Johannesburg en dit kan maklik toeganklik gemaak word per pad en per spoor.
’n Rustige plek as ontvlugting uit die stad met appelboorde, reuse eikebome, roeibootjies op die rivier, breë wandelpaaie en vervoer na die dam toe was dadelik sy droom.
Spoedig het hy genoeg geld bymekaar gehad en saam met die Small Farms Company ( waarvan hy een van die direkteure was) koop hulle die plaas Slangfontein en stig Henley-on-Klip 1904.
Hy het self die strate uitgelê en benoem na bekende name om die Teemsrivier. Hulle het die Kliprivier opgedam met ‘n keerwal om ‘n dam te vestig spesiaal vir roeibote.
Een van sy groot drome as ywerige gholfspeler was ‘n gholfbaan in Henley-on- Klip, ongelukkig nie heeltemal suksesvol gewees nie.
Horace Kent het groot drome en planne vir hierdie nuwe dorp Henley on Klip gehad. Skole, ‘n biblioteek, museum, kunsgalery, teater, stadsaal, brandweerstasie, manneklub, swembaddens, eet en drinkplek, tremstelsel, roeikompetisies en watervoorsiening aan huise was alles wat hy beplan het.
Die vrugbare grond en beskikbare water het hom laat droom van klein boerderye om vrugte, groente, blomme en pluimvee aan die mark te verskaf.
Ongelukkig het meeste van hierdie planne nie gerealiseer nie, om verskeie redes.
Horace het honderde bome op die leë erwe aangeplant, hoofsaaklik appel-, perske- en peerbome. Vandag nog is van hierdie bome in agterplase in Henley-on-Klip.
Ongelukkig was meeste van hierdie vrugtebome wat hy aangeplant het, nie ‘n baie groot sukses nie om verskeie redes: Van die variëteite was nie aanpasbaar by Henley se klimaat nie, grond was nie orals gunstig nie, diefstal, peste en plae, brande, oorstromings en gebrek aan versorging agv tekort aan fondse. Dit was ook moeilik met groot kostes om die oeste op te pas en te pluk in so ‘n wydverpreide area. Teen 1934 was Horace bankrot en die aanplant van bome gestaak.
Die keerwal is wel gebou, teen 1930 was daar wel ‘n gholfbaan met ‘n paar putjies weerskante van die Kliprivier en spelers moes met ‘n bootjie na die oorkant geroei word. ‘n Roeiklub is gestig alhoewel daar nooit ‘n groot regatta was soos hy gedroom het nie en baie van hierdie klein plasies is verkoop.
Die Henley-on-Klip Hotel is in 1904 gebou en op 24 Mei 1905 vir die publiek geopen.
Die Henley-roeiklub en die Henley-gholfbaan is ook in hierdie tyd gebou.
Small Farms Company het ‘n spesiale treindiens gehad vir gaste vanaf Johannesburg.
Empire day 1906 is spesiale gaste genooi om die Kidson Weir te inspekteer. Baie jare later is die Rebstein Brug aan die noordekant gebou na die eerste Slangfontein brug wat reeds aan die suidekant gebou was.
Die Henley-on-Klip Hotel was die groot aantrekkingskrag na Henley. Pragtige tuine, roeibootjies, uitstappies en vermaak het Johannesburgers gelok.
Horace het nuwe maatskappye soos die Henley Water & Lighting Corporation, Henley School Governors, Close Settlement Corporation Ltd en later die Henley Township met groot sukses gestig en bedryf.
Eizabeth het ‘n plaaslike winkel ingerig en bestuur wat ook as Pos – en Telegraafkantoor gedien het. Elizabeth was die eerste Posmeester van Henley-on-Klip. Sy het haar huis, The Estancia, vir kerkdienste beskikbaar gestel. Hulle het ook die grond geskenk om ‘n kerkgebou op te rig. Hulle is beide op die kerkterrein begrawe lank voor die gebou voltooi is. Ongelukkig het Horace al sy geld in Henley-on-Klip spandeer en moes later deur sy seun Percy gehelp word om te oorleef.
Small Farms Company het weens skelmstreke van sy mede-Direkteure finansiëel ondergegaan.
Dolly, Horace se dogter wat in 1907 op 22 jaar in ‘n tragiese ongeluk dood is, het hulle swaar getref. Dolly was ‘n verpleegster en in ‘n poging om ‘n swaar bedlêende pasiënt te verskuif haarself beseer (iets geskeur) en het gesterf.
Eva, sy ander dogter het in 1911 ingewandskoors opgedoen, maar gelukkig na ‘n lang stryd oorleef.
Tydens WWI het sy seun Douglas in1915 in die loopgrawe gesneuwel. Leo was twee keer gewond maar het oorleef en na Kanada toe geïmmigreer. Percy was ook ernstig gewond in 1917 , maar het oorleef.
Na die oorlog was Horace ‘n man van 60 met min moed oor. Al sy kinders nou uit die huis en weg, die oorlog het sy finansies geknou want erwe se koop het feitlik tot stilstand gekom. Die groei van Vereeniging het ook Henley se groei negatief beïnvloed.
Alhoewel dit vir Horace ‘n bitter pil was dat ander dorpe soveel vinniger gegroei het, is dit juis dit wat van Henley-on-Klip vandag so besonders maak. ‘n Mooi en rustige plek.
1945 het Horace gesterf in Henley-on-Klip op ouderdom 90. Hy en sy vrou Elizabeth en hulle dogter Dolly, ouderdom 22, is begrawe in St Paul se kerkhof.
Horace Kent se Huis / The Halt / kan nog besoek word.
HORACE KENT, STIGTER van Henley-on-Klip SE WONING
Tans bekend as The Olde Haunte of Spookhuis
Tans huisves Horace se ou woning die kroeg Off the Rails 1892 The Avenue, Henley on Klip.
Gebou naby die spoorlyn digby die Henley-on-Klip Stasie
Die Stasie is geopen April 1945.
Voorheen dit was The Halt, oorkant die huidige Poskantoor. Houtbankies was geplaas al onder die bome vir passasiers. Verkeer en passasiers het egter so vermeerder dat die spoor met ‘n boog verander is. Die Stasie is later verskuif. Die Trein het ‘n groot rol in die lewe van boere en inwoners gespeel. Die Eleven down Train het passasiers, goedere, melk, melkkanne en ‘n poswa vervoer.
The Avenue, die strrat waarin sy huis was, wou Horace as ‘n straat met lanings bome weerskante ontwikkel om besoekers van die stasie af tot by die Kidson Weir te lei. Horace het gedroom van Internasionale Roei kompetisies, dieselfde as by Henley on Thames, maar dit het nooit gerealiseer nie. Daar is wel ‘n Regatta Road.
Die Huis van Horace was oorspronklik ‘n ou voorafvervaardigde gebou wat in Engeland gebruik was as Offisierskwartiere en hospitaalvleuel
Horace het hierdie gebou goedkoop aangekoop en in 1904 per skip na SA gebring, daarna na Henley-on-Klip.
Horace noem dit The Estancia. Een van eerste wonings in Henley en ook gebruik vir kerkdienste. Later restaurant, Gay Klub. Tans kroeg. Museum. Uiters vervalle.
Die huis is gereeld verander oor die jare en verbou en aangebou.
Mure is van klip, was eers gepleister met modder, tans sement.
Die kroeggedeelte is later aangebou.
‘n Ou-wêreldse Sitkamer.
Kombuis meer modern, Belvedere styl.
Ligte, the Dimensions party days
Baie ou meubels en artikels nog in die huis , oa ‘n ou traporrel wat behoort het aan Horace Kent.
Dubbelverdieping woning met ‘n baie smal trap. Dit moes baie moeilik gewees het op en af met lang rokke , die tipiese Engelse modes van daardie tyd. Die gladde houttrappe getuig van baie voete wat oor die jare hier getrap het.
Klein kamertjies op boonste verdieping met snaakse hoeke en draaie.
Groot hemelbed ( four- Poster Bed) in een kamer. (Nie meer daar nie Sesember 2024)
Kinderkamer was vol ou antieke poppe, ongelukkig tans baie vuil. Verwaardloos met geen pope en fieterjasie nie. (Desember 2024).
Die binnemure is dun, lyk soos Plaster Board.
Horace se dogter sterf in hierdie huis op 22-jarige ouderdom.
Gerugte van spokery veroorsaak dat niemand bereid is om hier te woon nie.
Volgens die huidige eienaars het hulle daar probeer woon vir 8 maande, maar vreemde gebeure het hulle genoop om liewers elders te gaan woon.
Sy vertel en aand het hul wakker geword en ‘n vrou gesien wat in die deur gestaan het . Geklee soos ’n tipiese ou verpleegster, wye rok, voorskoot bande gekruis oor haar bors. Agter haar, mense wat heen en weer verby beweeg in die gang.
Dinge in die huis beweeg en skuif. Dikwels ruik mens pyprook of ander vreemde muwwe reuke.
2009 is die huis ondersoek deur SPITSA, ‘n paranormale ondersoekspan. Volgens hulle is daar besliste paranormale aktiwiteite.
Die kelder met sy donker stene is grillerig en laat die besoeker ongemaklik voel. Bietjie kitch met foto’s en ander vreemde voorwerpe , maar was tot onlangs nog ‘n gewilde plek vir spookdinees. (Voor Covid).
Daar is selfs ‘n tonnel. Donker. Afgeseël. Moontlik ‘n stoorplek tydens ABO.
Horace Kent se huis is geweldig vervalle en verwaardloos, maar gaan binnekort van eienaar verwissel. Ons kan net hoop dat hierdie historiese landmark gered en herstel gaan word en nie sal moet padgee vir ontwikkeling nie.
(Kobie Ströh)










