HENLEY-ON-KLIP
Meyerton
Gauteng
Kidson Weir /Kidson keerwal
‘n Prentjiemooi, idilliese dorpe al langs die Kliprivier.
Bekend vir sy bome, pragtige rose, pragtuine en salige rustigheid waar ontsnap kan word uit die woeligheid van die stad
Henley-on-Klip is in 1904 kort na die ABO gestig deur advokaat Horace Kent.
Horace Kent is in 1855 in Henley-on-Thames aan die oewer van die Teemsrivier in Engeland, gebore .
1898 het hy na Suid-Afrika toe gekom
Advokaat Horace Kent koop in 1903 in samewerking met die Small Farms Company (SFC) die plaas Slangfontein vanaf ene mnr. C.J. van Der Westhuizen en stig Henley-on-Klip. Hierdie plek het hom baie aan sy tuisdorp herinner en daarom noem hy die dorpie Henley-on-Klip.
Hulle verdeel die grond in klein plotte van 0.4 tot 30 hektaars.
DIE KIDSON WEIR BY HENLEY-ON-KLIP
In 1904 het die Small Farms Company besluit om die Kliprivier op te dam sodat regattas op die rivier gehou kan word.
Ook ‘n keerwal om die twee halwes van Henley te verbind, voltooi 1905
Die konstruksie van ‘n keerwal op die rivier het in Januarie 1904 begin, en in Maart 1905 is die wal voltooi.
Die keerwal is genoem Kidson Weir. Vernoem na Fenning Kidson, kleinseun van een van die 1820 Britse Setlaars.
Die dam het die watervlak met sowat 5 meter verhoog. Water is vir byna ‘n kilometer opgedam, die diepste punt sowat 50 m. Verskeie fonteine voed hierdie reservoir, of dam.
Henley-on-Klip word geteister deur vloede.
Ernstige vloede verander die landskap in mere en paaie, huise en tuine word oorstroom. Niks kan hierdie watermassas keer nie.
1917 het hul een een van die ergste vloede beleef. ‘n Buitengewone reënseisoen het Johannesburg en Henley in ‘n modderbad verander.
Myndamme het gebars. Kliprivier in vloed.
Ene Mev Pichard swem deur die Kliprivier om een van hulle waens te red en doen ligte sianied vergiftiging op.
Henley se kroegvloer was 30cm onder water.
Die Keerwal het gedeeltelik weggespoel.
1918 het die keerwal weer weggespoel toe damme weer in die rivier gebreek het.
So ook tydens vloede in 1978, 1984 en 2000.
1932 is ‘n beton loopbruggie oor die keerwal met staalreëlings weerskante gebou.
Later 1952 / 1953 is die bruggie heeltemal oor die rivierverleng, 80 voet lank met twee staalpype by die handreëlings ter wille van veiligheid.
1954 het dit heeltemal weggespoel, 1955 herstel. ‘n Laagwaterbruggie is gebou, maar is later verwyder.
Desember 2010 was een van die ergste vloede wat Henley getref het. Bome, takke en rommel het teen die voetbrug oor die keerwal opgedam en die vloei van die rivier blokkeer.
Januarie 2012 is begin om die skade te herstel en 2012 is planne beraam om ‘n nuwe brug oor die rivier te bou.
Die ou laagwaterbrug is verwyder.
Dit was ‘n gewilde staproete… vanaf Rebstein brug al langs die rivier se oewer, kruis die rivier by die Kidson keerwal en terug oor die brug by Saloojees, Die Slangfontein Brug. .
FENNING KIDSON
Fenning Kidson het sy onderrig in Engeland gekry, maar keer terug na SA as ‘n jong man.
Hier word hy ‘n transportryer, tydgenoot van Sir Percy Fitzpatrick.
Kort na die uitbreek van die ABO verneem hy dat ‘n Boerekommando op weg is om hom gevange te neem.
Hy ontsnap te perd deur sy groot lyf in sy vrou Edith se sysaal in te wurm en sodoende die Boere te flous. Hy vlug na Natal.
EDITH KIDSON
Fenning Kidson se vrou Edith Laura Pickering se verhaal is merkwaardig: Gaan op 7 na ‘ n skool in Frankryk, daarna na ‘n kloosterskool in Oxford om haar opleiding te voltooi.
Arriveer in SA in 1876 as ‘n jong meisie.
Sy reis aan boord van die skip Windsor Castle.
Die kaptein van die skip is geskok toe hy verneem dat hierdie 19-jarige meisie alleen SA toe gaan sonder ‘n beskermer.
Hy dring daarop aan om haar reisgeld terug Engeland toe te betaal.
Sy weier en vertel aan hom dat sy weggeloop het vanaf haar huis en dat sy ‘n werk in Pietermaritzburg gekry het. ‘n Dame wat sy in Engeland ontmoet het, het aan haar werk as ‘n huishoudster aangebied. Ongelukkig met haar aankoms in Pietermaritzburg word sy soos ‘n bediende behandel.
Sy vind gelukkig weer werk by 2 ander huishoudings. Een dag het sy flou geval van uitputting en die dokter raai haar aan om op ‘n plaas haar kragte te gaan herwin.
Mev Kelly bied aan dat sy by die KIDSON familie kom herstel.
Die 22-jarige Edith trou met Mev Kelly se seun Fred.
Edith Kelly – KIDSOLL / Fred Kelly – Fenning KIDSON. So word haar alleen stryd in die lewe voortgesit met ‘n man wat feitlik nooit by haar was nie.
Hulle trek Transvaal toe waar hulle in ‘n huis van familielede langs die Magaliesrivier intrek. Fred gaan dadelik na die troue terug Natal toe om meubels ens aan te koop. Edith is alleen toe hulle eerste baba gebore word.
Fred lig Edith in dat hulle dadelik moet terugkeer Natal toe want sy suster is baie siek en het hulp nodig. Sy suster sterf en Edith het nou 8 kinders om te versorg, 4 dogtertjies van Fred se suster, oudste is 6 jaar, die jongste ñ paar maande oud en haar eie 4 dogtertjies. Fred verlaat hulle weereens om te gaan prospekteer in die Transvaal en keer eers 3 jaar later terug.
Edith is weer alleen toe haar seun gebore word, sy het sommer self sonder hulp die baba in die lewe gebring.
Fred se Swaer trou weer en sy 4 dogters keer terug na hulle pa en sy nuwe vrou.
Fred kondig aan nou trek weer hulle weer terug Transvaal toe, eers laat hy hulle agter op ‘n plaas by Sydenham in die Transvaal terwyl hy weereens vertrek om te gaan prospekteer.
Met die uitbreek van die ABO raai hy sy vrou aan om terug te keer na Natal want hy gaan by die die Britse Mag aansluit.
Na die oorlog keer hulle terug na Sydenham, maar vind dat hulle huis afgebrand is. Fred herbou weer die huis.
Fred koop grond in 1905 aan in Henley-on-Klip.
Hulle bou ‘n groot huis daar en hy en sy vrou vestig hulle in Henley-on-Klip. Hulle huis was genoem Tilham, ‘n herehuis langs die rivier op die hoek van Regatta en Shillingford Road. Langs die Assembly of God. Die huis is verskeie kere vergroot en opgeknap.
Fenning Kidson sterf in Henley on Klip en word op sy eie versoek in Johannesburg begrawe. (Kobie Ströh)







