Henley-on-Klip / Circle of Life / Meyerton

Henley-on-Klip

Meyerton

Circle of Life

Fraserpark

HENLEY-ON-KLIP

‘n Prentjiemooi, idilliese dorpe al langs die Kliprivier.

Bekend vir sy bome, pragtige rose, pragtuine en salige rustigheid waar ontsnap kan word uit die woeligheid van die stad

Henley-on-Klip is in 1904 kort na die ABO gestig deur advokaat Horace Kent.

PARKE

Verskeie parke was beplan in Henley on Klip

Park nommer 1, sowat 16 akker :The Close, nou The Oval

The Oval was deur Horace Kent beplan as ‘n Engelse Krieketveld, ‘n kunsgalery en ‘n museum

Grond is aangery deur vragmotors vanaf Yskor om die terrein op te vul en gelyk te maak en om die klippe te verwyder.

In digte mis het 2 van die vragmotors gebots in 1975.

Een vragmotor het die waterpyp beskadig, die hooftoevoer na Henley-on-Klip.

Sowat 650 bome is in hierdie park aangeplant. Daar was planne om Alwyne en grondbedekkers orals te plant.

Daar was planne o.a. vir tennisbane en ‘n swembad.

Rondom was ook beplan om ‘n skool te bou, gebaseer op The Rugby School in Engeland.

FRASER PARK. CIRCLE OF LIFE

Circle of Life in Fraser Park (Cricket Oval at Fraser Park)

Circle of Life :

In Fraser Park vind ons die Circle of Life, ‘n kring bome wat geplant is om die eerste gesinne in hierdie area te herdenk. Inwoners wat meer as 35 jaar en meer in Henley-on- Klip gebly het.

Hulle was die pioniers wat hierdie area ontwikkel het en bygedra het tot hierdie pragtige dorp.

Ook inwoners wat persoonlik en professioneel uitstaande was in Henley.

Die park is vernoem na Mr Fraser, die destydse Magistraat van Heidelberg Transvaal. Henley het in die Heidelberg distrik geval.

Stap gerus deur die sirkel bome om die geskiedenis van Henley-on-Klip te leer ken en ontmoet vanaf die vroegste boere in die area tot meer onlangse Persone, Lions en Rotariërs, Patrolleerders en Krieketspelers, tot die Vrou met 30 katte.

ñ Besonderse stappie so deur die geskiedenis.

Foto’s: Gys Ströh snr 2024

Maak 'n opvolg-bydrae