Heidelberg / Voortrekkers / Afrikaans 100 jaar / Laer Volkskool

HEIDELBERG

Laer Volkskool Heidelberg

8 Mei 2025

AFRIKAANS 100 jaar as amptelike taal

1925 – 2025

Onthulling van ñ besonderse monument om hierdie spesiale mylpaal te vier by Laer Volkskool Heidelberg

Simboliek van die Ossewawiel: Die Wiel dui op Vooruitgang, Beweging, Groei.

Agter elke speek is datums en ñ kort beskrywing van belangrike mylpale in die erkenning en groei van AFRIKAANS aangebring:

1652 AFRIKAANS ONTWIKKEL AS SPREEKTAAL

1836 GROOT TREK BRING AFRIKAANS NA BINNELAND

1861 EERSTE AFRIKAANSE BOEK

1875 GENOOTSKAP VAN REGTE AFRIKANERS GESTIG

1903 LAER VOLKSKOOL GESTIG VIR ONDERRIG IN AFRIKAANS

1914 AFRIKAANS AS SKOOLTAAL ERKEN

1925 AFRIKAANS ERKEN AS UNIE VAN SA AMPTELIKE TAAL

1931 VOORTREKKERS AS AFRIKAANSE JEUGORGANISASIE GESTIG

1933 EERSTE AFRIKAANSE BYBEL

1961 AFRIKAANS AS 1 VAN 2 AMPTELIKE TALE IN DIE REPUBLIEK VAN SA

1975 AFRIKAANSE TAALMONUMENT TE PAARL OPGERIG

1991 AFRIKAANS AS 1 VAN 11 SA AMPTELIKE TALE

2025 AFRIKAANS- SPREKENDES

+- 20 m WÊRELDWYD

2025 AFRIKAANS 100 JAAR AMPTELIKE TAAL.

Opgewonde leerders kon almal deel wees van hierdie feestelike geleentheid om AFRIKAANS se 100ste verjaarsdag te vier.

AFRIKAANS! ONS MOEDERTAAL.

Baie geluk Heidelberg Kultuur met hierdie uitstaande monument.

Hier volg die toespraak wat Dawie de Villiers (Heidelberg Suikerbos Voortrekkers) gelewer het tydens die onthulling.

“Afrikaanse 100 jaar monument inhuldiging

8 Mei 2025

Laer Volkskool Heidelberg

More Volkies en vriende

Julle is bevoorreg om hier by 3 monumente te staan:

1. Eerstens, julle skool wat ‘n nasionale monument is. Gaan lees bietjie daardie plate daar agter teen die saal as julle tyd het

2. Tweedens , die sementblad hier voor met die spore van die osse wat die feeswaens getrek het waar hulle oppad was na die inhuldiging van die Voortrekkermonument in Pretoria op 16 Desember 1949. Hulle was hier 7 Desember 1949. Kom kyk ook hierna.

3. En dan Derdens die nuutste toevoeging. Die monument om Afrikaans se 100 jaar as amptelike Suid Afrikaanse taal te vier.

WAAR KOM AFRIKAANS VANDAAN?

So +- 800 jaar NC (1200 jaar terug) was die Germaanse tale wat Duits, Nederlands en Engels insluit, 1 taal.

Van daar het Germaanse tale van Engels apart begin ontwikkel.

Hier by 1200 NC het Nederlands en Duits ook opgebreek om aparte tale te word.

In die laat 1600s en 1700s gooi ons Nederlands, Duits, Frans, bietjie Oorsterse en Afrika-tale saam en die Boere maak ‘n plan vanwaar hulle Afrikaans ontwikkel om met mekaar te praat.

Dit het so van Nederlands verander dat CP Hoogehout dit in in 1850’s as ‘n aparte nuwe taal geklassifiseer het en dit Afrikaans genoem het.

Afrikaans was gepraat maar die Boere het daardie tyd nog in Nederlands geskryf.

So het Afrikaans die geleentheid gehad om as ‘n moderne taal te ontwikkel wat baie makliker praat as die tale waaruit dit ontstaan het.

Afrikaans het byvoorbeerd 1 woord “Die” waar Duits 12 weergawes daarvoor het.

Ons het ook al die verbuigings in die werkwoorde uitgepraat.

Die taal het veral onder die Engelse as ‘n kombuistaal bekend gestaan en was baie min, indien enigsins, neergeskryf.

Dis toe die Genootskap van Regte Afrikaners, die eerste Afrikaanse taal- organisasie, gestig is.

Vandaar het Afrikaanse koerante, boek en spelreëls die lug gesien. Afrikaans het amptelik ‘n skooltaal geword.

Digters soos AG Visser het Afrikaanse gedigte geskryf.

Die Boere was trots op hul taal en dit het uiteindelik daartoe gelei dat Afrikaans op 8 Mei 1925 in die parlement as amptelike taal van die Unie van Suid-Afrika erken is.

100 jaar terug was daar net oor ’n mijoen Afrikaans sprekendes.

Vandag is daar +-20miljoen mense wat Afrikaans praat oor die wêreld. (Dan sê sekere aktrises daar is net 44 Afrikaanssprekers oor…)

Die taal het soveel ontwikkel en is so modern dat daar vandag selfs Russe en Japanese is wat Afrikaans bestudeer.

Vandag is julle kinders baie gelukkig om in meeste van julle se moedertaal, Afrikaans, skool te gaan.

So die monument word opgerig vir elke skolier wat in Afrikaans skoolgaan en elke onderwyser wat kinders in Afrikaans onderrig en elke persoon wat trots is om Afrikaans te praat.

Dankie

AFRIKAANSE MYLPALE

Afrikaanse Mylpale op die Monument aangebring

1. Op 6 April 1652 land Jan van Riebeeck in die Kaap en vandaar ontwikkel Afrikaans onder die Boere as spreektaal terwyl Nederlands as skryftaal gebruik word.

2. In 1836 met die Groot Trek, trek die Boere uit die Kaap weg van die Engelse en die Engelse taal en bring Afrikaans na die binneland.

3. Op 6 April 1861 word ‘n afsonderlike boek met die titel “Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar over het onderwerp van afscheiding tusschen de Oostelyke en Westelyke Provincie” uitgereik deur Louis Meurant.

4. Op 14 Augustus 1875 word die eerste Afrikaanse taalorganisasie, die Genootskap Van Regte Afrikaners, gestig deur SJ du Toit, CP Hoogenhout en Arnoldus Pannevis.

5. In 1903 word LAER VOLKSKOOL GESTIG in die kelder van die Heidelberg Klipkerk, vir onderrig in Afrikaans. Waarskynlik die eerste Afrikaanse skool in Suid-Afrika buite die Kaapprovinsie.

6. In 1914 word Afrikaans as skooltaal deur die Unie van Suid-Afrika, erken

7. Op 8 Mei 1925, 100 jaar terug, word Afrikaans in die Unie van Suid-Afrika se parlement erken as amptelike taal saam met Engels

8. In 1931 word Die Voortrekkers as Afrikaanse Jeugorganisasie in Bloemfontein gestig

9. In 1933 word die EERSTE volledige AFRIKAANSE BYBEL, vertaal onder leiding van Totius, uitgereik

10. Op 31 Mei 1961 word Afrikaans 1 van die 2 amptelike tale van ons land met die Republiek wording van Suid_Afrika

11. Op 10 Oktober 1975 word die Afrikaanse Taalmonument te Paarl ingewy om Afrikaans se 50 jaar as amptelike taal te vier

12. In 1994 word Afrikaans 1 VAN die 11 amptelike tale van Suid-Afrika

13. Vandag, 8 Mei 2025, vier ons Afrikaans se 100 JAAR as amptelike taal van Suid-Afrika

14. In 2025 is daar +- 8m eerste taal Afrikaanssprekendes en +-20M sprekers van Afrikaans wêreldwyd.

BEDANKINGS

Die monument het nie sommer oornag hier gekom nie en daarom gun my ‘n paar bedankings:

1. Eerstens al die Heidelberg organisasies hier vandag verteenwoordig dankie vir hul belangstelling in Afrikaans :

• ATKV

• MOTHS

• Erfenisstigting

• Weermagveterane se Dwergvalkspan

• Vaaldriehoek Monumentjagters / GGSA Vaal

• Suikerbos Voortrekkers

• Kerke verteenwoordig vandag

• Hoër Volkskool,

• Laer Volkskool

• Suikerbos Voortrekkers

• Koerante van Heidelberg .

• En al die ander vriende en familie hier met passie vir Afrikaans.

Dankie dat julle die dag saam ons kom vier het.

2. Dan almal wat gehelp het om die monument ‘n werklikheid te maak:

• Van Marie Louise Human wat die wiele geskenk het, (Daar was meer as 1 wiel wat in een heel wiel verander het)

• Charlene de Villiers wat gehelp het met die ontwerp.

• Marius Borman wat die wiel met groot moeite aanmekaar gesit het.

• Mnr Piet Strydom en Laer Volkskool wat onmiddelik Ja gesê het toe ons plek gesoek het om die monument op te rig en vandag se funksie te hou.

• Almal wat vandag help met voordrag, en musiek maak om die dag besonders te maak

BORGE

• Ons borge hier van Heidelberg:

o Hein Minnie en span by Adventure Fab Tech wat vir ons die staal, drukwerk en plate aanmekaar gesit het

o Ruan Minnie van HHR Engineering vir die mooi staander

Dankie vir julle hardewerk, kundigheid en bereidwilligheid om te help met die Monument se bou sodat ons ook die mylpaal vandag kan vier.

3. Dan vir Riekie Bornman wat die funksie vandag vir ons gereël het. Jy het passie vir jou Geloof, Kinders, Afrikaans en Musiek. Dit het alles vanoggend hier bymekaar gekom. Dankie vir jou moeite en reelings, jy is ‘n yster.” Dawie de Villiers.

Lees ook:

https://maroelamedia.co.za/…/voortrekkers-rig…/…

Maak 'n opvolg-bydrae