Handwaterpomp
Loxton
Karoo Noord-Kaap.
Loxton
Lieflike Karoodorpie aan die voet van Uitspanberg.
Die dorp is in die hartjie van skaapboerderye.
Trekboere en nomade boere het reeds al in 1800 die area gereeld bewoon.
Loxton het ontstaan op die plaas Phizantefontein. Die NG Kerk koop die plaas in 1899 vanaf AE Loxton om ñ nuwe gemeente te vestig.
Die dorp is op 12 Julie 1899 geproklameer.
Die eerste kerk en skoolgebou word al in 1900 gebou.
Die dorp het tipies om die kerk ontwikkel.
Dieselfde jaar, 1900 word kanale vir besproeiing al langs die strate gebou. Opvallend is die pale in die middel van die pad aangesien die leivore of kanale aan die kante van die strate is. Die strate is omsoom met talle ou historiese bome.
Maart 1961 het die damwal na hewige reën gebreek en ñ kitsvloed het groot skade in Loxton aangerig. Baie van die ou historiese geboue en huise het verspoel. Groot herstelwerk en restourasie het die pragtige dorp weer in ere herstel.
1905 word Loxton ñ munisipaliteit.
Handwaterpomp
Die dam is voltooi in 1912.
ñ Waterpomp wat met die hand gepomp word is in 1912 gebou wat water uit die fontein met houtkanale/houtpypleiding herlei vir gebruik vir vee, perde en reisigers op die wapad/transportpad.
Van die kanale word steeds gebruik.
2021 is die handwaterpomp gerestoureer en is tans nog in werkende toestand.
Foto’s: Dankie Salomi Laubscher


