Krugerdorp
BLOKHUIS
FORT HARLECH BLOKHUIS
MONUMENTDORP
Bill Taylor Park / Sarel Potgieterstraat
Tydens die Anglo-Boereoorlog is verskeie blokhuise in Krugerdorp omgewing opgerig . Sewe is in die dorp self opgerig, waarvan net een, Fort Harlech Blokhuis, behoue gebly het.
1. Fort Craig
2. Fort Kilmarnoch, versterkte woonhuis met klipmure en doringdraad
3. Fort Dunoon
4. Fort Harleich
5. Was suidoos van die dorp, tans is daar ‘n gholfbaan. Die blokhuis is platgeslaan.
6 en 7 is onlangs eers ontdek en die terrein word nog ondersoek.
Die meeste blokhuise is tydens die guerilla-fase van die ABO gebou tussen 1 Des 1900 en 31 Des 1901.
Hierdie blokhuise is by strategiese punte soos spoorlyne, stasies, brûe, en langs voorraadlyne gebou.
Fort Harlech is 1900 gebou as versterking vir die Britse Magte.
Die Britte het Krugersdorp Junie 1900 beset.
Majoor Generaal Archibald Hunter het Krugersdorp sonder skoot en sonder teenstand van die inwoners oorgeneem. Die Britse troepe het Krugersdorp ongesteurd binnemasjeer en die Britse vlag gehys.
Fort Harlech word opgerig om die ingang na die dorp vanaf Johannesburg te bewaak. Daar was maar altyd die moontlikheid van ‘n aanval deur die Boere en ter verdediging is hierdie Blokhuise opgerig.
Vanaf hierdie blokhuis kon die inwoners dopgehou word en later kon ook ‘n oog op die konsentrasiekamp laer af gehou word. Krugersdorp Konsentrasiekamp waar sowat 6000 boervroue en kinders saamgehok was, was oos van Paardekraal monument geleë. In hierdie kamp het groot tragedies afgespeel.
Fort Harlech is op ‘n rif gebou met ‘n uitstekende uitsig, veral na die suidweste.
Krugersdorp was onder krygswet geplaas wat die beweging van mense beperk het. Vergaderings en samekomste was verbode. Permitte was nodig om te reis of na die stasie toe te gaan. Die inwoners kon hier vanaf de blokhuis goed dopgehou word.
Die blokhuis was beman deur 7 soldate en 4 swartes wat as bediendes en wagte aangewend is.
Die soldate was van die G Company of the 2nd Battalion Royal Dublin Fusiliers en Royal Welsh Fusiliers.
Fort Harlech is vernoem na die Walliese dorp, Harlech. Harlech is bekend vir sy indrukwekkende Middeleeuse klipkasteel.
Fort Harlech Blokhuis in Krugersdorp is in Desember 1900 gebou van gekapte klip.
Dit is ‘n dubbelverdieping-fort, reghoekig van vorm, mates 8,65m x 6,25m.
Die onderste verdieping was gebruik as leefarea en stoorarea.
Die boonste verdieping met sy skietgate hoofsaaklik vir observasie.
Die toegangsdeur was op die grondvlak.
Daar was ook twee enkelvloer bastions vir verdediging en waarneming. Hierdie bastions was groter as díe van die Vereeniging blokhuis , wat vir die wagte baie gemakliker was.
Kenmerkend van Fort Harlech is dat die buitehoeke ronder gesny is.
Fort Harlech is een van die bes-bewaarde blokhuise. Skade daar is ongelukkig ook al groot en onherstelbaar.
Die dak is al vervang, maar die vloere van beide verdiepings is reeds weg, so-ook die van die Bastions.
Bronne: Internet. Facebook. Heritage Portal. Krugersdorp 100 1887 – 1987 FAK Kultuurnetwerk Krugersdorp Geskiedenistoere 2022
Foto’s: Internet, Facebook. Gys Ströh snr Sept 2022












Paul Kruger Laan
Klein Blokhuisie wat as uitkykpunt gedien het oor die Konsentrasiekamp. Inwoners van dorp en kamp hiervandaan tydens ABO dopgehou.
Dien ook as ‘n klein Offisierskamer en ‘n sel vir kampmense.
Later as ‘n kragstasie gebruik.





