Die Voortrekkersn / Vereeniging / Vredesmonument / Tydkapsule

DIE VOORTREKKERS JEUGBEWEGING

1 Junie 2025

Vredesmonument / Vryheidsmonument

Vereeniging

Sondag 1 Junie 2025

VLAGHYSINIG, EREDIENS, KRANSLEGGING, INLYWING.

Die Voortrekkers van Gebied Oosvaal kom bymekaar vir ñ spesiale diens ter herdenking aan die ABO en die Vrede van Vereeniging 31 Mei 1902..

Verskeie Kommando’s van Oosvaal het kranse gelê om die ABO in gedagte te roep.

Die diens is gelei deur Kapelaan JP Jordaan.

Gevolg deur ñ treffende inlywing van Verkenners en Staatmakers van Distrik Oosvaal. Dit is ñ besonderse voorreg om jou belofte af te lê so aan die voet van die Vredesmonument met sy sterwende burger waaruit ñ gees/wil van staal rys.

KLEIN VOORTREKKERMONUMENTJIE

Die klein Voortrekkermonumentjie wat die Simboliese Ossewatrek en Fakkelloop met hoeksteenlegging en inwyding van die Voortrekkermonument in Pretoria (1938 en 1949) herdenk is reeds verskuif vanaf Voortrekkerstraat in Vereeniging se middedorp na ñ veilige ereplek voor die Vredesmonument.

NUWE VOORTREKKER- GEDENKSTEEN / AFRIKAANSE TAAL

2025 gedurende die Afrikaanse Taaljaar is ook ñ nuwe monumentjie of gedenksteen opgerig om hierdie besonderse mylpaal te vier… AFRIKAANS 100 jaar gelede as amptelike taal erken.

Die verskillende Kommando’s van die Oosvaal het elkeen iets (Boodskappe op papier) in ñ Tydkapsule geplaas. Dit is verseël in hierdie gedenksteen.

Daar word beplan om in 2031 met Die Voortrekkers se 100 ste verjaarsdag die kapsule weer oop te maak.

OOSVAAL

Gebied Oosvaal is Julie 2023 gevorm. Hulle het die Vredesmonument as hulle amptelike simbool aanvaar.

Oosvaal Kommando’s:

Baanbreker

Eben Donges

Hoogland

Impala

JC Calitz

Kompas

Kruinsig

Org Meyer

Springs

Suiderlig

Suikerbos

Susan Badenhorst

Tant Tibbie Visser

Vryheidsmonument

FAKKEL

ñ Fakkel is deur Oosvaal Verkenners aan Orion Kommando (Vrystaatse Voortrekkers) oorgedra wat dit weer op hul beurt verder suidwaarts sal dra en aangee van kommando na kommando. Die eindbestemming die Afrikaanse Taalmonument in Paarl.

Baie geluk met ñ suksesevolle geleentheid wat ñ diepe indruk op elkeen teenwoordig gelaat het.

Ons is trots op die jeug van ons land. Hulle is die toekoms van Suid-Afrika.

Dankie vir getroue leiers en offisiere wat altyd bereid is om die ekstra myl vir ons kinders te loop. Dankie vir ouers wat saam met hulle kinders die pad vorentoe stap.

HOU KOERS!

Maak 'n opvolg-bydrae