Concordia Namakwaland / Hier was Helde Monument /

Hier was Helde Monument

CONCORDIA

Concordia is ñ klein dorpie in die Namakwaland in die Noord-Kaap naby die dorp Springbok.

Concordia het ontstaan as ñ Rynse sendingstasie in 1852 . Sendingwerk was onder die Nama’s gedoen.

Vanaf 1853 tot 1983 was hier aktiewe en ryk kopermyne.

Tans is dit ñ gewilde area onder blommekykers.

UNIEKE MONUMENT:

HIER WAS HELDE MONUMENT.

27 April 2017 is hier op Concordia ñ unieke monument opgerig. Nie ñ monument vir dooies of groot bekendes nie, maar ñ monument vir manne wat nie wou veg nie.

Op die monument die woorde

= gel-geisens//gaumans The man who would not march.

ñ Groot graniet sonhorlosie vanaf Rustenburg met die name van 110 mans rondom geskrywe.

Manne met ñ groot liefde vir hulle families wat die moed gehad het om hulle wapens neer te lê om hulle families te red.

Die heining of reling rondom die monument is vanaf die oorspronklike spoorlyn na Concordia.

ANGLO-BOEREOORLOG

Concordia was deel van die Kaapkolonie onder krygswet en Britse bevel.

Concordia het ñ dorpswag gehad van 110 man almal inwoners van Concordia bestaande uit gewone mynwerkers en plaaslike polisie. Bevelvoerder van Concordia se dorpswag was Kaptein Francis Phillips.

Die dorpswag kry opdrag om die naderende Boeremag onder Generaal Smits se bevel aan te val. Die dorpswag weier om die wapen op te neem teen die Boeremag. Hulle weier om Concordia te verlaat en hulle gesinne sonder beskerming agter te laat.

4 April 1902 bereik die Boeremag met Generaal Smuts en Maritz Concordia.

Die dorpswag besef die groot gevaar waarin die inwoners van Concordia verkeer, die hele gemeenskap is in gevaar en ñ massamoord kan volg.

Onder ñ wapenstilstand word n boodskap gestuur dat dorpswag moet oorgee.

Die hele dorpswag lê hulle wapens neer en gee vrywillig oor.

Hiermee verseker hulle dat Concordia ongeskonde gelaat sal wordben sodoende red hulle Concordia.

Die dorpswag word beveel om na O’Kiep te gaan, maar hulle weier ten spyte van die groot risiko om die dorp te verlaat sonder hulle families.

Die Boeremag gebruik Concordia as hoofkwartier terwyl O’Kiep onder beleg is. Die ou hospitaal wat deur die Boere gebruik is, nog steeds op Concordia.

Hierdie 110 dapper manne het in uiterste gevaar sterk gestaan, bevele verontagsaam om hulle families te red en nie weerloos agter te laat nie.

Die Helde wat nie wou veg nie!

Kitchener beskryf hierdie voorval as: ” the most disgraceful affair of the war.”

Bronne: Internet. Herdenkingsritte Facebook Blad.

Samesteller: Kobie Ströh

Foto’s: Internet. Baie dankie Theunis en Fiona van Staden, Junie 2024.

Herdenkingsritte

Maak 'n opvolg-bydrae