Clarens / Slag van Naauwpoort / Basoeto Oorlog / 1865

Slag van Naauwpoort

29 September 1865

Clarens

Basoeto-oorlog

Die jare 1950’s -1960’s is hierdie gebied gekenmerk deur voortdurende botsings tussen die setlaars/trekboere en die Basoeto’s. Die boere en die Basoeto’s het in en om Lesotho en die Vrystaat geveg om besit van die grond.

Daar was 3 Basoeto Oorloë

1.1858

2.1865

3.1867-1868

1865

Vroeg in 1865 het die Batlokwa (Wildekat Mense) onder leierskap van Manthatisi die Boere op hulle plase in die distrik Harrismith aangeval.

JUNIE 1865

DIE PRETORIUS MOORD BY MOORDDRAAI

Junie 1865 trek ‘n geselskap transportryers met 4 tentwaens en ‘n bokwa vol negosieware op pad terug vanaf Durban na Pretoria. hulle het transport gery vir ‘n onderneming, Munro en Kie.

In die groep was die vader Henning Pretorius en sy 3 seuns, Jan Lodewyk, Jacobus en Albertus . Jan Lodewyk Pretorius se vrou en hulle 2 dogtertjies, Petronella en Johanna onderskeidelik 7 jaar en 4 jaar oud was deel van die geselskap. Ook ‘n Andries Smith

27 Junie 1865 word hulle omsingel deur ‘n groot groep onbekende gewapende swartes met die leier Malapo. hulle gryp na hulle wapens, maar die swartes dui aan hulle wil nie veg, hulle wil net praat.

Die manne laat sak hulle wapens en stap nader.

Die aanvallers skiet onmiddelik 4 van die mannne dood en steek die laaste een met ‘n assegaai dood. Drie swart werkers en ‘n Indiër wat by die wa gewag het word ook om die lewe gebring.

Die 2 dogtertjies en Jan se vrou wat 6 maande swanger was se lewens word gespaar en hulle word op die wa gelos. ‘n Wag bly by hulle terwyl die res te perd wegry.

Later die middag het hulle teruggekeer met’n groot aantal perde, skape en beeste.

Die waens word ingespan en al die oorblywende werkers neem hull saam.

Een van die waens het vasgeval en die disselboom het gebreek.

Die wa waarop Jan se vrou en kinders was, val kort daarna vas in ‘n watergat

Die aanvallers laai toe die goedere oor op ‘n ander wa en hulle laat die vrou en kinders net daar

Drie van die bediendes wat saam weggevoer is, slaag daarin om later te ontvlug. Hulle vlug na Harrismith waar hulle die tragiese, gebeure aangemeld het.

Die Landdros van Harrismith, Canisius, het dadelik ‘n patrollie van 6 blankes en een van die ontsnapte bediendes uitgestuur onder bevel van H O Dreyer, raadslid van Harrismith.

By die toneel aangekom het hulle die erg verminkte lyke van die Pretorius manne gevind asook díe van Andries Smith.

Hulle het dadelik begin soek na Jan Pretorius se vrou en hulle twee dogtertjies, maar kon geen spoor van hulle vind nie.

29 Junie 1865 het die erg uitgeputte vrou en haar kinders na 2 dae en 2 nagte wat hulle dwalend in die veld was saam met ‘n jong swarte in Harrismith aangekom.

Die waarnemende President van die Transvaalse Republiek het op hierdie wrede moored gereageer deur vrywillige burgers op te roep om die Oranje Vrystaat te gaan help in ‘n stryd teen Moshesh.

Die Vrystaatse boere vra hulp vanaf die Transvaal en die ZAR stuur 400 man vanaf Harrismith onder bevel van ‘n jong Paul Kruger om Witsieshoek, volgens hulle ” Die Moordenaarsnes”, te gaan “skoonmaak.”

DIE SLAG VAN NAAUWPOORT

Hierdie Boere dryf die Basoeto’s terug deur die Golden Gate.

Moeg en gedaan slaan hulle 28 September 1865 kamp op op die plaas Boshoek, naby waar Clarens vandag is. Hulle het laat die aand daar aangekom en die weer was koud, nat en mislik.

Hulle tref nie die normale voorsorg vir verdediging nie , trek nie laer nie en kniehalter nie die perde nie.

Die uitgeputte boere slaap sommer net daar waar die wa tot stilstand gekom het. Dit was ‘n bitter koue nag en hulle skuil in ‘n diep donga teen die koue. (Naaupoortsnek). Houtgerus en onder die indruk dat die area veilig is

29 September 1865, baie vroeg die oggend terwyl dit nog donker was, word hulle onverhoeds aangeval deur ‘n groep Basoetoes. 5 Burgers word met assegaaie doodgesteek en 10 gewond. Hulle perde gaan ook in die verwarring op loop.

Na die aanvanklike verrassing, kon die Burgers wel hulleself verdedig en die Basoetoes terugdryf. Paul Kruger besef dat hulle in ‘n nou poort is en kan maklik in ‘n hinderlaag gelei wprd en laat sy manne terugkeer na Harrismith vir verdere versterking.

Die 5 manne het hul daar begrawe, 3 van die grafte is steeds sigbaar. die ander twee is later op ander plekke in die Transvaal deur hulle families herbegrawe.

Twee dae later het burgers van Paul Roux, Betlehm en Senekal saam vertrek om met die Basoeto’s af te reken. Paul Kruger en MW Pretorius staan met ‘n mag van 1000 burgers die Vrystaat by en hulle dryf die Basoeto’s terug deur Naauwpoort, die Slag van Naauwpoort. Baie krygers is hier gedood en gewond (naby Titanic Rots). Hierdie was die Tweede Basoetoe Oorlog 1865 en 1866, ook genoem die Seqiti oorlog. Die Basoeto’s het daarna verwys as die Seqiti, ‘n nabootsing van die klank wat die Burgers se kanonne gemaak het as dit afgevuur is.

Hierna het die derde Vrystaat-Basoetoeoorlog gevolg . Eerste Basoetoe-oorlog 1858, tweede Basoetoe-oorlog 1865. Derde Basoetoe-oorlog 1867-1868.

Meer vrywillige burgers het by Paul Kruger se mag aangesluit en saam met Kommandant Fick en sy noordelike kommando’s het hulle die Basoetoes suksesvol teruggedryf en kon daar ‘n handelspos op wat vandag Clarens is gevestig word.

Die Burgers het die Basoeto’s oorwin, hulle oeste vernietig en hulle vee teruggevat.

die Basoeto’s se leier, Moshoeshoe se vestig was Thaba Bosiu. Die Burgers het 2 onsuksesvolle pogings aangewend om daardie bergvesting te oorwin.

Moshoeshoe het onsuksesvol hulp gevra vanaf die Britte om beskerming, maar hy was verplig om ‘n groot grondgebied af te staan wat weer tot konflik gelei het in 1867.

MONUMENT : SLAG VAN NAAUWPOORT

Om hierdie Slag van Naaupoortsnek te herdenk is ‘n Monument by Ararat opgerig vir die 5 Burgers wat daar gesterf het. Onthul deur Kommandant HJ Bruwer op 16 Desember 1895 met die name van die 5 Burgers daarop aangebring.

Michel Horn

Jan Minnaar

Edzard Roussaw

Pieter de Beer

Gert Broodryk.

” De Heere uw God zelf, is het.

Die voor U gestreden heeft.” Jezua XXVIII iii

Die monument is 16 Desember 1895 deur die Jeugverenigings en die publiek by Ararat opgerig. ‘n Groot groep mense was by die onthulling teenwoordig.

1912 kry Clarens sy naam as erkenning aan President Paul Kruger wat sy laaste dae in Clarens Switzerland in ballingskap deurgebring het.

9 November 1962 is die monument verskuif na die dorpsplein in Clarens, President Park.

Her-onthul deur Staatspresident CR Swart, tydens Clarens se goue Jubileum. Die donker gedeelte onder is die nuwer deel van die monument.

BronneClarens History, VisitClarens.com

Foto’s: Gys Ströh snr Februarie 2025

Maak 'n opvolg-bydrae