BRIXTON OORLOGSMONUMENT/ GEDENKTEKEN
Kingston Frost Park
Brixton
Die park is uitgelê in 1925.
Aanvanklik genoem Brixton Park, ‘n park in die Johannesburg voorstad met dieselfde naam, Brixton. Vernoem na die Londense voorstad of distrik, Brixton.
1939 is die park se naam verander na Kingston Frost Park, ‘n voormalige stadsraadslid.
Die park teen die rantjie met ‘n ongelooflike uitsig oor die stad.
Aan een kant van die park, op ‘n kwartsiet kliplaag , is ‘n Oorlogsmonument opgerig met die name van twaalf soldate wat gesterf het tydens WWI, ook bekend as Die Groot Oorlog.
Die monument was oorspronklik opgerig in Fulham straat, digby die park, deur die Vrymesselaars. Verskuif na die Kingston Frost Park in 1958.
Die basis van die Oorlogsmonument is van ligbruin klip, daarop ‘n blok graniete, vierkantig, met ‘n obelisk bo van dieselfde bruin graniet
Bewoording op die oostelike sy :
ERECTED TO THE HONOUR OF THIS WHO SACRIFICED THEIR LIVES IN THE GREAT WAR 1914-1919.
LEST WE FORGET.
Bokant die woorde is ‘n Springbokkop ingegrafeer, die Suid-Afrikaanse Springbok, simbool van SA.
Die Springbok was ook aangebring op die uniforms van SA soldate wat geveg het in WWI.
Die woorde omring die Springbokkop:
UNITY IS STRENGTH
EENDRACHT MAAKT MACHT
Op die noordelike en suidelike sye is 6 name op elke sy aangebring. Dit is die name van Brixton-manne wat gesneuwel het tydens die oorlog.
Interessant is die militêre eenhede wat langs die name aangebring is.
Die Unie van Suid-Afrika was onder Britse bestuur . Toe SA betrokke geraak het by die oorlog teen Duitsland moes daar vinnig ‘n nuwe SA Mag ingestel word en die SA Infanterie is gestig. Hierdie militêre eenhede wat langs die name aangedui word, wys die bande met die ou SA sowel as die nuwe SAI militêre mag. Kyk na regimente soos die South African Irish en Transvaal Scottish.
Meeste burgers het vrywillig betrokke geraak by die oorlog.
Onder ‘n groot deel van die burgers was ‘n bittere opstand daarteen om Engeland te help teen Duitsland, wat gelei het tot ‘n rebellie wat bloedig onderdruk is.
Baie Oorlogsmonumente is oral oor die land opgerig, in stede en in dorpe.
Daar is geglo dat hierdie WWI Die Groot Oorlog was wat nooit herhaal moet word nie. Min wetend dat die bloedige WWII nog sal volg.
In Johannesburg is sowat 11 sulke monumente. Sommige in kerke, parke, openbare terreine ander binne geboue.
Hierdie oorlogsmonumente is opgerig ter wille van herinnering aan die opoffering en diens aan die land. Oproep tot samewerking en saamstaan.
Tans is Kingston Frost Park erg verwaardloos. Dit is ‘n deurloopplek vir mense en ‘n lêplek vir rondlopers en sluipslapers.
Bronne: “The forgotten double” Reflections at a Johannnesburg war memorial ,Peter Vale. Historic England
Foto’s: Gys Ströh snr April 2025. Internet





