KRUGERSDORP
Paardeplaats / Paardekraal
FONTEIN
Pretoriuspark
Monumentmeer / Paardekraalmeer
Historiese Fontein by Paardekraal meer
PRETORIUSPARK
Krugersdorp het verskeie parke.
Reeds sedert 1899 het landdros Human begin om bome orals in Krugersdorp te plant .
Sedert 1905 lê Henry Sharpe, kurator van Parke in Krugersdorp, parke uit en plant duisende bome
Hy begin selfs ‘n kwekery om die gebrek aan fondse aan te vul en om self bome te kweek.
Pretoriuspark by Monumentdam is een van gewildstes wat ontspanning en selfs visvang digby die stadskern moontlik maak.
By die aanlê van die parke is probeer om soveel moontlik by die bestaande en natuurlike plantegroei en omgewing aan te pas.
Pretoriuspark is vernoem na die stigtingsvaders, Vaal Martiens Pretorius en Andries Pretorius, eienaars van die plaas Paardeplaats of Paardekraal waarop Krugersdorp uitgelê is.
Vaal Martiens Pretorius het self die dam gebou vir die perde en trekdiere waarmee hulle geboer het. Die dam is gevoed uit ‘n fontein.
Die vlei was te moerasagtig om as suiping vir sy diere te dien.
Sedert die ontstaan van Krugersdorp is hierdie area gebruik as uitspanplek vir ossewaens en die fontein is gebruik as waterplek vir mens en dier tydens geleenthede soos 16 Desember, Geloftedag.
1924 is die dam deur Krugersdorp Raad dieper gemaak
1938 is die park om die dam aangelê en die naam Pretoriuspark is aan die park gegee.
1952 tydens ‘n droogtetyd is verdere uitgrawings in die dam gedoen.
1960 is die dam gedreineer, skoongemaak en die muur verhoog. Ongelukkig was daar soos gehoop, geen Krugermiljoene gevind nie. Net 4 baie ou gewere uit die vorige eeu.
FONTEIN IN PRETORIUSPARK
Die ou historiese fontein in Pretoriuspark is waar Krugerdorp kommando in 1880 vergader het na die anneksasie van die ZAR.
Die konkawe muur is reeds voor 1930 gebou met ‘n spuitfontein wat uit die middel gespuit het.
dit was ‘n uitspanplek vir ossewaens en drinkplek vir mens en dier.
Dit is die plek/fontein waar die burgers en hulle perde kon water drink voor hulle vertrek het op kommando vir hulle stryd teen die Britte (Eerste Vryheidsoorlog en ABO)
Met byeenkomste by Paardekraal is daar ook by die fontein uitgespan en die diere versorg.
Rondom die gedenkmuur by die fontein is tans nog die oorspronklike heining.
Die fontein is ook nog daar, maar erg vewaardloos en ‘n skuilplek vir sluipslapers.
Deur die jare was daar ‘n spuitfontein, ‘n visdam en mooi blombeddings. Die visdam is vervang met blombeddings.
Ongelukkig ook nie meer daar nie en die spuitfontein spuit nie meer nie.
2011 is die Muur gerestoureer , ongelukkig is daar weer dringende aandag daar nodig.
Die Key West Inkopiesentrum het nou die landmerk daar by Pretoriuspark geword.
Bronne: Internet. Facebook. Heritage Portal.
Krugersdorp 100 1887 – 1987 FAK Kultuurnetwerk Krugersdorp Geskiedenistoere 2022, 2024
Foto’s: Internet, Facebook
Gys Ströh snr Maart 202





