KRUGERSDORP / QUEENS BATTERY/ Slagveld / Jameson Inval

QUEENS BATTERY

Krugersdorp

Slagveld

Historiese militêre terrein

Jameson Inval 1895

Queens Battery, die plek waar die Krugersdorp Kommando gehelp het om die Jameson-inval te keer

Queen’s battery (Queen’s Gold Mine Battery )– die area tussen Robert Broomstraat en die Wildreservaat.

JAMESON-INVAL : 1895

Die Jameson-inval was ‘n sameswering tussen Cecil John Rhodes en D Styarr Jameson.

Hulle beplan ‘n inval in die ZAR. Wapens en ammunisie is reeds vooraf ingesmokkel na Johannesburg.

Jameson en sy groep sal die Transvaal binneval en Johanesburg oorneem met die hulp van die Immigrante en mynwerkers .

Jameson se groep soldate het reeds op die Transvaal-grens gewag. Jameson het ongeduldig en haastig begin word en 30 Desember 1895 steek hy die grens oor.

Hulle slaag nie daarin om alle telegraaflyne na Pretoria toe te knip nie en die ZAR-regering ontvang nuus van die beplande inval.

Jameson kry opdrag om die inval uit te stel. Maar hy ignoreer die bevele en masjeer voort.

Kommandant Potgieter van Krugersdorp en Kommandant Cronje van Potchefstroom trek op die plaas Waterval saam (wes van Krugersdorp). Die Boere grawe hulle baie goed in by Queens Battery en wag Jameson in wat op pad is na Witwatersrand . Op pad na Johannesburg via Krugersdorp.

Queens Battery is ‘n uitstekende posisie om in te grawe. Aan die voet van die vallei is ‘n stroom en ‘n vlei. Vanaf die drif deur die stroom is ‘n skerp helling met die naam Remhoogte.

Nuwejaarsdag lê 450 Boere en wag by die Queen’s Gold Mine Battery (by Prinsloo’s Vlei) vir Jameson en sy troepe . Hulle wapens is gerig op die hoofpad vanaf Krugersdorp.

Jameson waarsku Kommandant van Rensburg om vroue en kinders uit Krugersdorp te verwyder aangesien hy die dorp gaan bombardeer as hulle teenstand gaan bied.

Jameson grawe hom op ‘n hoogte (Remhoogte), sowat 2500 tree vanaf die goudinstallasie Queen’s Battery in.

15h00 tot 18h00 bombardeer hy die Boere tot skemer intree. Slegs een bom het tussen die Boere geval en niemand is beseer nie.

‘n Engelse Verkenningskommando van 27 man wat onder die indruk was dat die Boere uitmekaar geskiet is, loop hul vas teen die boere waarop heftige vuur volg. Nie een van die Verkenningsgroep ontsnap nie. Hulle is dood, gewond of gevange geneem.

Jameson trek terug en probeer Johannesburg met ñ ander roete bereik . Onsuksesvol word hulle vasgekeer by Doornkop Rrif.

Jameson besef dat die verwagte hulp van Johannesburg se kant nie gaan nie opdaag nie. Hy moes die wit vlag hys en oorgee.

Jameson is gevange geneem.

Luitenant Sarel Eloff, kleinseun van Paul Kruger, die plaaslike hoof van die polisie, begelei Jameson na Pretoria.

Queens Battery is nou ‘n verlate stuk veld met erosieskade. Die myngeboue is platgeslaan en die drif is vervang met ‘n brug. Geen teken is hier van die belangrike gebeure wat jare gelede hier plaasgevind het nie of van die dapper Burgers wat hier geveg het nie.

Foto’s: Gys Ströh snr 2024

FAK Krugersdorp Kultuurnetwerk Toer.

Maak 'n opvolg-bydrae